Oudpremier VF Plus se premierskandidaat

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, en Peter Marais, die party se topkandidaat in die Wes-Kaap vir die eersdaagse verkiesing. Foto: Verskaf

ʼn Voormalige Wes-Kaapse premier en burgemeester van Kaapstad se aansluiting by die VF Plus bewys dat dié party erns het met sy uitreiking na minderhede, het dr. Pieter Groenewald, partyleier, Dinsdag in Kaapstad gesê.

Peter Marais het hom as kandidaat vir die Wes-Kaap beskikbaar gestel en die party se nasionale en provinsiale strukture het hom ingevolge die vereiste prosedure as hul premierskandidaat vir dié provinsie benoem, sê Groenewald.

“Die VF Plus is ʼn party wat hom beywer vir die beskerming van minderheidsgroepe in Suid-Afrika. Rasgegronde wetgewing soos regstellende aksie (RA) en die diskriminerende effek daarvan, veral op wit en bruin mense, is ʼn werklikheid,” meen Groenewald, “daarom is dit verblydend en noodsaaklik dat goeie samewerking tussen verskillende groepe en die VF Plus gevestig word om hierteen terug te veg.”

Erika Botha-Rossouw, Peter Marais, dr. Pieter Groenewald en en dr. Corné Mulder tydens Marais se voorstelling as Wes-Kaapse premierskandidaat. Foto: Verskaf

Die VF Plus se deur staan oop vir almal wat hulle met die beleid, beginsels en waardes van die party kan vereenselwig, het Groenewald gesê. Hy meen dié party is al party in Suid-Afrika wat in hierdie opsig “aan minderhede ʼn ware heenkome bied en terugslaan vir ʼn beter toekoms vir almal”.

Marais is ʼn deurwinterde politikus en as premierskandidaat bied hy bewese kundigheid en ervaring wat hom sonder twyfel die Wes-Kaap se voorste premierskandidaat maak, meen die VF Plus.

“Suid-Afrika se politieke landskap is besig om te verander,” het Groenewald gesê, “en die VF Plus sal deur sy samewerking met minderhede ʼn toenemend belangrike rol speel om die ANC te vervang en as deel van ʼn koalisieregering ʼn beter toekoms vir alle mense in die land te verseker.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

HC Hill ·

Die Engelse praat van ‘n “cheap shot.” Hierdie is een, VF+. Peter Marais was in onlangse verlede ook by ICOSA. Die man se oordeel is duidelik verdag.

So ·

…so wat maak Cope skielik beter as VF+ na die aanstelling. Klink na ‘n wille honde spring. Lees maar weer waarvoor albei, en moet asb tog nie kom dat Lekota ‘n beter en skoner leier is nie. Cope lei defentief nie in terme van minderheidsregte nie, hulle is altyd tweede op die wa na die VF+ om wit stemme te wen.

Daan Erasmus ·

Lekota was mos die minister van Verdediging wat die kommando’s afgeskaf het. Help my asb reg Wilde Hond.

Rhode ·

Die waardes en voorbeeld van die VF+ is bo twyfel. Ons kyk maar na al die verkleurmannetjies .

HvR ·

Ek stem saam dat minderhede moet saamstaan, maar wat van julle stel eerder die beste persoon vir die job aan, in plaas van ‘n politieke aanstelling ? Klink of Peter Marais aansluit by die VF+ nie omdat hy saamstem met die VF+ se beginsels nie, maar omdat hy hul premiers kandidaat gaan wees. Swak man, ek het meer van julle verwag.

Dirk Breytenbach ·

Mense verstaan asb. dat tye verander het en dat koalisie politiek nou aan die orde van die dag is. Almal hoef nie vir een party te stem nie. As al die Afrikaners wat kan stem wel gaan stem maak dit nog steeds nie ‘n beduidende aantal stemme uit nie. Ons moet een ding aanvaar die Afrikaner sal nie weer hierdie land alleen regeer nie, dis wensdenkery. Daarom kan die wat sekere beginsels aanhang stem vir ‘n party met wie se waardes hy/haar kan vereenselwig. Na die verkiesing kan partye besluit met wie hulle in koalisie kan gaan. Niemand sal in elk geval altyd ooit 100% saamstem nie so diegene wat die Afrikaner so verguis omdat hulle kwansuis nie kan saamstem nie, daar kan wel eenheid in verskeidenheid wees ons moet net prioritiseer en nie ander groepe se lede steriotipeer met wie ons iets in gemeen kan he nie. Die vyand is sosialisme en kommunisme met sy gevolglike korrupsie, toe-eiening, hebsug, verarming, agteruitgang wraak ens. terwyl die elite ryker en magtiger word en armes armer.

Peet ·

Nou hoekom sal ek VF+ stem as hul dieselfde pad as DA vat? Nah wat, mors eerder nie my tyd nie.

Hannes ·

Almal wat nou so onnodig op hol gaan, ai. Weet julle bv wie is Cope se premierskandidaat in die Wes Kaap? Ek stem saam met JWC.

Mike ·

Vir mense wat twyfel oor VF, probeer gerus FN (Front Nasionaal) wat vir Afrikanersvolk veg en wat vir selfbeskikking vra.

Jos ·

Mike, geen probleem met FN, vra maar net waar het hulle die Afrikaner gebring in die laaste verkiesing….net nog stemme vir ‘n Afrikaner party weggevat. Kom ons wees nou eerlik die VF+ staan ook vir selfvbeskikking (kyk vandag se video oor VF+ persverklaring), maar dis nie so maklik as elke jan en raap sy eie party stig of vir Cope stem of nie gaan stem nie. Kom ons wees ook eerlik die FN se hele veldtog in die laaste verkiesing is amper geskroei om die VF+ sleg te sê. Ek het later my so GESKAAM dat die Afrikaner/Boere so tekere gaan oor klein snert punte en persoonlike verskille (ek het self met die leiers van FN gekommunikeer, wat ook nie ‘n sterk rede kon geehoekom hul werklik nie vir VF+ stem). Jammer ek het nie probleem met FN nie, maar as jy nog nie op hoogte is met wat aangaan in SA nie, daar is ongelukkig nie plek vir 2 partye wat vir die Afrikaner opkom nie (die meeste stem mos vir die DA) en dan nog die ander een probeer sleg maak. Ons het nie meer die luuksheid om oor klein onbenullighede te baklei nie – ons moet liewer saamstaan, Daai tyd om jou op te ruk oor goed soos die kelkie of beker nagmaal is lankal verby!

Verbaas ·

Mike en presies hoeveel persentasie stem gaan julle kry voorspoed met die tuisland belagluk

christa ·

ek dink VF+ gaan nou baie stemme verloor. Cope is beter opsie

Rhode ·

Ek is trots op julle Vf + . Ek sien julle dink baie meer strategies. Afrikaans is vir ons baie belangrik en Sal sterf daarvoor en ook julle awarded. Geen ander party in ons geliefde land kan by julle goeie bestuur kers vashou nie. Doen so voort .

Frik Lotz ·

Cope? Ag,asseblief! Hul voel vere vir minderheidsregte. Stem beslis VF Plus!

koos ·

Was hy nie die premier van die Wes Kaap toe daar beweringe van seksuele teistering teen hom was en hy bedank het nie?
Verder weet ek hy draai sy seile volgens die politieke wind wat waai.
NNP, DP, DA, COPE en miskien nog verder terug ANC en NP, was al op sy kerfstok. Al wat kort is EFF en dit kan miskien nog met die oorloop tydperk gebeur.
Ek hoop dat die VF+ weet wat hulle doen, want baie mense was oorgehaal om vir hulle te stem. Kan jy jou lojale kiesers vervang met nuwe “minderheids” stemme?
Gelukkig weet ons die VF+ sal nie wen in die Wes Kaap nie.
Was daar werklik nie ‘n beter manier of kanidaat om na die “minderhede uit te reik nie”

lolla ·

as die ‘minderheidsgroepe’ na die bruin/colourds van die kaap verwys wil ek net se hulle is baie beslis nie meer n minderheidsgroep nie…. en n groep wat in ag geneem word … meeste van die kaap se wettige inwoners is baie dieselfde in siening en kultuur…… ok daar is baie wat die kindertoelae nou al as aanmoediging sien om te vermeerder vir n inkomste!! en sommer meer stemme te kry….soos wat die swartgroepe ook…. hulle wettig sommer immegrante ook wat hulle beloftes glo… en ja Marais is n manteldraaier na die siening wat hy glo hom erens n lekker pay job offer….

Dirk Breytenbach ·

…en hy in ‘n hof onskuldig bevind was van die aanklagte….???

Johan ·

Aaai die mense wat tog so kla. Dan is die VF+ te wit…en gaan hulle na Cope, DA…nou is die VF+ weer te bruin en kom op vir alle minderhede. Dan het hul ons mense verraai. Dan kla hulle daar is nie ‘n party vir die Afrikaner nie of iemand wat selfbeskikking voorstaan nie. Maak liewer jul oe oop dis die enigste een wat opkom vir Afrikaanse minderhede (insluitende Afrikaner skole), die enigste een wat opkom vir selfbeskikking (net jammer daar is sekere bekramtes wat nie wil moeite doen om maar te stem nie), veg teen BEE anders as die DA. Ek skat mense sal altyd ontevrede wees oor iets…. Gee Pieter Marais ‘n kans, die VF+ is nie die DA nie, hy gaan vinnig loop as hy nie met die Boere kan saamwerk nie of die pad byster raak. Soos die Engelse sê… there is reason in the madness…en ons het nou, meer as ooit tevore, alle wapens nodig om vir minderhede te veg.

Gert ·

Johan, baie dankie. Ek kan dit nie beter stel nie. Jy som die hele situasie perfek op. Cope, DA, ANC, EFF is almal dieselfde, VF+ is al een wat staan vir minderheidsregte en teen regstellende aksie en SEB wat absoluut rassistiese beleide is. As bruinmense VF+ wil ondersteun, hoekom nie?

Louis ·

Johan en Jos ek hoop jul nugter denke kry baie ondersteuning. Die Vf+ dink duidelik strategies en verdien baie steun. Kiesers moet die moeite doen om hul standpunte soos gestel in die parlement na te vors en sal vind met sterker steun hulle baie meer kan doen.

Lize ·

Ek dink dat dit strategies ‘n fantastiese besluit is. ‘n Man met ervaring wat bereid is om te veg vir minderheidsregte. Klink vir my goed!

Corné ·

Stem.
Die wat daaroor kla het nog nie van hul tonnelvisie ontslae geraak 20+jaar later nie. Hoe in der ewigheid gaan ons afrikaners ooit saamstaan…sug.

wollie ·

Ou Peter is wel ‘n goeie (kleurryke) spreker. Sal nogal die grap wat ons parlement noem ophelder met sy kwinkslae as hy genoeg stemme trek. So, bloot vir die “entertainment value” hoop ek hy word ‘n LP.

Party ·

Waarheid1 ek ken jou nie en weet nie wat is belangrik vir jou in die lewe nie…maar as Afrikaans belangrik is sou ek 2 keer dink voor ek VF+ afskrywe…geen stem is ook ‘n stem. Al wil mens nie hierdie ANC kommunistiese regime erken nie, moet mens hul op alle vlakke binne en buite die parlement beveg en soveel as moontlik organisasies ondersteun – dis al wat hulle ken.

Daan Erasmus ·

Lekota was mos die minister van Verdediging wat die kommando’s afgeskaf het. Help my asb reg Wilde Hond. En as vergeet van al die klein partye wat net 50 stemme kry.

HP ·

Jaaaaa Daan, hy was seker maar kom nou oor dit asseblief en beweeg aan. Dit was jare gelede. Wys my `n politikus wat nog nie `n swak of omstrede besluit geneem het nie. Mnr. Lekota is blankes en ander minderheidsgroepe goedgesind en meer onlangs het hy hom baie sterk teen grondonteiening uitgespreek en hom in die proses ongewild onder die swart bevolking gemaak. Hy is boonop `n baie aangename man. Nee wat, ek het net respek vir hom.

Cornelia ·

En as die minderhede VF+ sou stem het hulle natuurlik ‘n kampvegter vir hulle menswaardig heid en unieke staanplek gevind in die breë politieke spektrum. Hulle mag net nie self deelneem by wyse van ‘n kandidaat wat hulle verteenwoordig op die skip wat sy seile span om na dieselfde bestemming te vaar nie? Dan bly Patricia de Lille se Good Party hul enigste opsie. Maar baie het ook uit haar leierskap en politieke aspirasies net teleurstelling gemaai. Minderhede kan nie langer in oposisie teen mekaar tou trek nie.

Cornelia ·

Peter Marais word nie ‘n VF+ kandidaat om vir die Afrikaner se regte te veg nie, maar om volgens die VF+ se politieke visie vir minderheidsgroepe se unieke bydrae en regte in die algemeen op te tree en deurslag gewende aksies te loods wat minderhede se behoeftes en strewes vertolk en so ver moontlik in stand te hou omdat dit niemand bedreig nie!

PJC ·

Ja Cornelia ek stem 100% saam met jou maar dit is duidelik dat daar baie mense is wat nie hierdie konsep verstaan nie. Dit dink ek is die blanke se groot probleem. Hulle is of oningelug of hulle verstaan nie hoe dinge in die politiek werk nie.

Gertruida ·

Jip, soos per die missie van die FV Plus, hier is dit en ek haal aan:

“Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe, in die besonder die Afrikaner, se internasionaal erkende reg op selfbeskikking, territoriaal en andersins, die handhawing, beskerming en uitbouing van hulle regte en belange asook die bevordering van die reg op selfbeskikking vir enige gemeenskappe in Suid-Afrika gebind deur ‘n gemeenskaplike taal- en kultuurerfenis.”

John ·

… gemeenskaplike taal- en kultuurerfenis. Die VF+ word deur die Kleurlinge bearbei… al van toeka se tyd af om hul ID’s verander te kry. Die driemanskap het darem nou ‘n nuwe gesig op die map. Dis die plus in die naam. Ons vooorsien ‘n ekstra volkstaat vir die Khoi San wat nou nie meer Kleuringe genoem word nie, saam met dr Groenewald. Wie het hy geraadpleeg… o ja, ons vergeet… die tweeling.

Felix ·

As ek reg, het ek so paar maande gelede gelees dat daar in die Wes Kaap, ek dink daar in Grabouw se omgewing reeds ‘n bruin persoon is wat vir die VF Plus gaan staan, daar sal wel nog ook ander plekke in die land wees. So Pieter Marais is gewis nie die eerste bruinman nie.

marco polo ·

Goeie keuse, VF. Ek het jare terug vir Pieter Marais gewerk en ek sal enige tyd vir hom stem. Hy dra regtig Afrikaanse belange op die hart. Dalk is dit tyd dat ons uitreik na die ander groep Afrikaanssprekendes en van die Weskaap n ware tuiste maak vir Afrikaanses.

Arina ·

Tipies ons Afrikaners baklei in plaas van saam staan, een drag maak mag, staan liewers vir Christelike beginsels, Afrikaans, selfbeskikking en gelyke regte vir ons almal saam met iemand wat anders kleurig is as om vir DA, ANC of EFF te stem, of vir Front Nasionaal en die die KP wat elk een koning van sy mishoop wees sonder om iets posetief te doen vir minderhede. Die VF+ Sal my stem kry hul het oa die deeltitelskema aangeleentheid suksesvol aaangepak, die spoorwee se pensioenarisse by gestaan, verskeie aksies vir Afrikaans geloods, ens. Staan saam en staan terug posetief

Fritz ·

Ek stem VF, sal nie die wit stem verder verdeel, en hulle die grootste in die parlement wat my/ons belange eerste stel.

Johann ·

VF+ het my stem verloor toe hul leier vir die ANC gaan werk het! (Adjunk-ministerskap) Verbeel jou, ANC!!!

Arina ·

Johan neem aan jy het die party vroeër gesteun wat die leuse gehad het ” kies reg bly weg” volstruis politiek help nie en so ook nie om vir partye te stem wat nie Christelike waardes, gelykheid en Afrikaans steun nie. Nou wen die liberales soos die DA en linkses wat staan vir net Engels, swartbemagtiging , vertrapping van minderheidsregte ens. Alan Einde die DA premierskandidaat in die Wes Kaap voer al jare lank oorlog teen Afrikaanse en plattelandse skole , want vir die liberales in die stad is die plattelandse mense net om op getrap te word

Hartseer ·

Eks n Bruinman en onderdrukte. Baie dankie VF PLUS julle kry my stem en die van my gesin eks bekommerd of kinders wel n regverdige kans in die arbeidsmark gaan kry als is chaoties!

Bruinman ·

Ek het altyd gehoop daar is goeie wit afrikaansprekende burgers daar buite wat nie meer dronk raak op Apartheids propaganda en idiologie nie, maar wat kan saam n pad sien na onafhanklikheid waar afrikaans die enigste amptelike taal is en almal word gelyk en regverdig behandel ens. Maar om die vermetelheid te he en se ons het JULLE verraai is, arrogant en DOM …Ek dink meeste van die mense wat hier kommentaar gelewer het, is die wat direk vir Julius malema hout gee om jul later te brand..#eksemanet

Cherokee ·

Vir iemand wat ‘n doktorale tesis wil skryf oor die heen en weer spring van die blanke Suid Afrikaner, wil verduidelik waarom hulle heen en weer van links na regs spring omdat meeste van hulle niks van politiek weet nie en slegs agter die massa aan stroom, is hier ‘n skatkis van inligting om te gebruik.

Ek is self nie beïndruk om Marais by die VF+ te sien nie maar sien ook, soos ander kommentators, (moontlike) waarde in dit. Daar is mense soos Daan Erasmus, Jos, Wilma, Terloops, Johan, Gert, Louis …. Party.. Cornelia.. Hennie Taljaard … te veel om by die naam te noem, wat hierdie forum red. Dankie vir jul netjiese teregwysings.

As Marais se aansluiting meer bruin kiesers sal oorreed om aan te sluit by die VF+, wat ‘n wins sal dit wees!

Boer ·

Cherokee ek kan net sê ditto. Ek het onlangs ‘n gesprek met bruin speurder gehad. Hy het vertel hoe hy na 17 jaar indie SAPS net nie bevordering kry nie. Hy is steeds ‘n konstabel. Dit tenspyte van verskeie toekennings wat hy al ontvang het vir sy sukses en hy baie hardwerkend is. Waarvan ek persoonlik kan getuig.

Maar swart SAPD lede val onder hom in en beweeg snel deur die range.

Ek dink ons het beslis gemeenskaplike gronde. ‘n Mens kan saamwerk aan ‘n saak sonder om jou eie identiteit of ideaale prys te gee.

Realis ·

N klompie Afrikaners, n klompie Duitser en n klompie Engelse spoel na n bootramp op n eiland uit. Die Duitser stig dadelik n maatskappy. Die Engelse stig n vakbond. Die Afrikaners… stig af. Ons grootste probleem wat ons nooit sal oorbrug nie, is die feit dat elke Afrikaner die Haan op die mishoop wil wees. Gee maar weer julle stemme vir die ANC deur vir n ander party as die VF+ te stem. Dan kan ons na die verkiesing weer heerlik voortgaan om mekaar te blameer vir die gemors waaraan ons self deel gehad het. Sela!

Faf ·

Kon nie beter stel nie, die ander partye is direk of indirek ‘n stem vir die ANC. Lekota gee nie regtig om nie maar nou ja wit mense is goeie steun, die DA gee lankal nie meer om nie, maar weet baie gaan vir hom stem want hul het 4 jaar laas politieke nuus gelees of hul maak weer kiesers bang. Al die front nasionaal ens is ‘n droom, alhoewel ‘n goeie. Kom mense maak die VF + sterk, die DA kan koalisies vorm so dis nie ‘n stem verlore nie. Dis die enigste party wat groot genoeg is om vir ons regte op te kom en wat dit gedoen het laasjaar. Die Afrikaners in die DA word ongelukkig so gemuilband dat hul nie baie kan doen. So wat as bruin mense ook hul eie belange wil beskerm – ek het respek vir dit. Uit ‘n internasionale oogpunt is dit ook beter om die ANC se vuil agenda vir ander kleur groepe te ontbloot.

Trotse Oraniër ·

Jong ja, kyk ek en my gesin het met ons adres gestem en Orania toe getrek. (Dis ‘n paradys so terloops). Nie omdat ek rasisties is nie maar pro Afrikaner selfbeskikking. Ek stem ook al vir 22 jaar VF omdat ek hulle stemme in die parlement wil hê aangesien dit my darem verteenwoordig. My beskeie mening is dat die DA dieselfde pad as die kastige Nuwe NP gaan loop en reeds uitgebrand het so die VF gaan weereens hulle steun vergroot soos met al die verkiesings die afgelope paar jaar. Daar is ook ‘n redelike ernstige beweging vir Kaapse onafhantlikheid wat nie weggegooi kan word nie. Daarby saam dink ek die EFF gaan beter doen as verwag, hopelik doen COPE ook beter die keer. Hoe dit ookal sy, die demografie van die RSA, die onoplosbare ekonomiese krsis, die onredbaarheid van SOEs, werkloosheidsyfer, institusionele korrupsie, Zim krisis, staatsgesondheids krisis, onderwyskrisis en HIV krisis gaan nie deur enige politieke party of koalisie opgelos kan word nie. Veral nie in ‘n disfunksionele parlement wat met meer EFF lede asook BLF lede gevul gaan word nie. Die polarisasie gaan verdiep. Rassisme gaan toeneem. Ek is jammer maar die politieke speletjie het sy potensiaal uitgeput. Die land is in vir ‘n ding en die 2019 verkiesing gaan dit nie beredder nie, dalk selfs vererger. Moenie té geheg wees aan die RSA nie geliefdes, ding het reeds misluk.

Rhode ·

Wonderlik om te sien dat nugterheid en strategie n kenmerk is van n gebalanseerde party (VF+) wat minderhede en ons kultuur bevorder op n inteligente vlak .

KaapWeerHollands ·

Ek hoop net VF+ en Jack Miller van die Kaap Party sal hande vat om die Kaap onafhandlik te kry. Boer loop deur my are en enige persoon wat my taal en kultuur deel se hand sal ek vat, ongeag sy kleur.

Eddy ·

Ou Pieter Marais is wel n grappige figuur maar die groter prentjie is dat die VF Plus verbind is tot die erkenning van minderheidsgroepe.Die kleurling(bruin) mense is ook n minderheid.Ek het met die 2014 vekiesing n VFPlus plakkaat in n bruin buurt sien hang en kon nie verstaan nie.Ek glo Pieter Groenewald weet wat hy doen en verdien n kans .

Dirk Breytenbach ·

Pieter Marais is na al die jare steeds konsekwent in sy uitsprake en visie. Hy is dalk juis die tipe politikus wat vertrou kan word om sy volgelinge dr visie uit te leef en nie persoonlike kort termyn belange na te jaag nie .

Joubert ·

Die Afrikaner se toekoms gaan nie deur ‘n stembus bepaal word nie. Julle mors julle tyd.

Cherokee ·

So wat stel jy voor Joubert? Selfs in die Bybel se tyd het die volke leiers gekies. Aardse leiers wat die pad aangedui het en besluite geneem het. God het ons geskep met diskresie en jy is veronderstel om dit te gebruik. Waarom werk jy? Waarom wag jy nie net vir die Voorsienigheid om te voorsien nie? Omdat jy veronderstel is om dit te doen.

Joubert ·

Ja sien ek het geweet ek moes nie hier betrokke geraak het nie, want ek het nie rerig die tyd hiervoor nie. Ek stem saam ‘n volk het leiers nodig, maar ek sien weining of geen ware leiers in die politiek nie, dis meestal ‘n klomp puppets wat daar is vir eie gewin. Die politieke stelsel het ons lankal gefaal, so vir ‘n EERSTE stap, kom ons hou op om die puppets van die stelsel te ondersteun! Ek het nie al die antwoorde nie. Al wat ek weet is politiek is nie die antwoord nie.

Thinus Erasmus ·

Soos jy self se HP; “dit was jare terug, kom daaroor” – ja daar was beweringe (is hy skuldig bevind?) maar ten minste het Pieter bedank en nie soos vandag se politici aan die mag geklou nie.
Die vraag is, was daar ‘n beter kandidaat wat nie net beskikbaar was nie, maar wie se visie ook met die VF+ saamstem?
En ja, as daar ‘n moontlikheid is van selfbeskikking, dan is dit juis in die Wes-Kaap soos Marais vanoggend genoem het, maar nie soos in ‘n “wit tuisland” in die WK nie.
Joubert en Pierre, daar is plekke waar die plaaslike beheer wel deur Afrikaners oorgeneem kan word as ALMAL gaan stem, en nie net die 30 – 40% wat hul burgerlike reg en plig nakom nie. Die res le mos net by die huis en moan en graon oor die “klug”
By die laaste munisipale verkiesing waar ek deelgeneem het, kon die VF die wyk by DA oorneem as daar net so ekstra 180 mense gaan stem het en nie soos JULLE geredeneer het nie! Onthou ‘n wen is ‘n wen, en al is die VF die 5de of 6de grootste party, dis beter as die 30ste!
Kom ons almal maak vir ‘n slag ons STEMME DIK, WERK SAAM met alle Afrikanersprekende minderhede, en stem in die volgende verkiesing nasionaal almal VF+ en op plaaslike vlak vir die beste kandidaat. (verkieslik vir- as daar VF kandidaat is)
A “cheap shot” kan ook tref!

Andrew ·

Geen party gaan êrens kom deur net blankes of net Afrikaans te wil verteenwoordig nie, daar is bloot net te min. En die wat daar is wil gedurig afstig en ‘n nuwe iets begin. Ons moet saamwerk, ook met ander minderheidsgroepe.

Suretha ·

Ek vertrou die leierskap van VF Plus met hierdie besluit.

My stem sal bly by die VF Plus.

Dries du Toit ·

Ek raak so opgewonde oor al die positiewe kommentaar. Ek gaan sommer nou n dop drink. MY VOLK IS BESIG OM WAKKER TE WORD. DANKIE DANKIE

Hein ·

Die Vryheidsfront toon nou sy ware kleure.Was nog altyd n opportunistiese party wat slegs bestaan het uiut die Mulder broers.Hulle het nou genoeg jare versamel om op die sous trein af te tree.Nou moet hulle vir hul ander vriende sorg soos Groenewald en kie.Afrikaners moet eendragtig begin strewe en werk vir n eie grondgebied waar ons soewerein onafhanklik kan wees.En ondersteun ons burger organisasies wat meer bereik het in n korter tyd as wat die Vryheidsfront ooit sal reg kry!

Dirk Breytenbach ·

Realiteite vereis drastiese optrede en die VF+ het daardie punt bereik. Ten minste ly die party nie aan verstarde denke soos die ANC wat dink hulle is steeds in ‘n rewolusie gewikkel nie.
Die VF+ sal nou tot sy reg kom deur insluiting van ander minderhede.

bgj van der westhuizen ·

as die man vir kaap staan is ek bevrees dan het ek n probleem wand ek vertrou hom nie VF+ was die laaste party wat ek as n wit man voor kan stem en dit begin lyk of dit n mors van tyd gaan wees om te stem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.