Oudpresident van SA gaan Zim-ondersoek lei

Kgalema Motlanthe.

Kgalema Motlanthe, voormalige president van Suid-Afrika, sal die kommissie van ondersoek lei wat aangestel is om die dodelike geweld ná afloop van die Zimbabwiese verkiesing van 1 Augustus te ondersoek.

Dié kommissie, wat uit sewe lede bestaan, is deur die Zimbabwiese president, Emmerson Mnangagwa, aangestel.

Die optrede van die weermag kort ná die verkiesing tydens optogte deur die ondersteuners van die opposisieparty oor vertraagde verkiesingsresultate in Harare het sewe burgers dood gelaat en talle ander is beseer.

Mnangagwa het die verkiesing met 50,8% gewen teenoor Nelson Chamisa, van die MDC Alliansie, se 44,3%.

Weens die vertraging in die bekendmaking van die uitslae het gerugte dat daar met die uitslae gepeuter is die ronde gedoen en ondersteuners van Chamisa het die strate van Harare ingevaar in protes teen die beweerde verkiesingsbedrog.

Mnangagwa se administrasie het reageer deur die polisie en later die weermag te ontplooi. Hulle het later met skerp ammunisie op betogers en burgers losgebrand terwyl hulle gevlug het.

Mnangagwa het gesê hy het die kommissie aangestel omdat hy onderneem het om dit te doen om die kwessie op ʼn deursigtige manier te ondersoek. Hy het gesê die kommissie bestaan uit plaaslike, streeks- en internasionale lede.

Die lede sluit in Motlanthe, Rodney Dixon, prokureur van die Verenigde Koninkryk (VK), Emeka Anyaoku, Nigeriese stamhoof, Charity Manyeruke, dekaan van sosiale wetenskappe by die Universiteit van Zimbabwe (UZ), Lovemore Madhuku, regsdosent by die UZ, Vimbai Nyemba, voormalige president van die prokureursorde en Davis Mwamunyange, voormalige hoof van Tanzanië se weermag.

Hulle sal almal vir drie maande in Zimbabwe bly tydens die ondersoek.

“Hul werk is om die motief en die leiers vas te stel agter dié aanval en om die omstandighede rakende die ontplooiing van die weermag te ondersoek. Hulle moet ook vasstel of die mag wat gebruik is, strook met die situasie wat ervaar is,” het Mnangagwa gesê.

Die kommissie sal ook die protesgangers se leiers, hul motiewe en strategieë wat tydens die betogings gebruik is, ondersoek.

Dit is nie duidelik gestel of die kommissie sal ondersoek wie die skietery gemagtig het nie. Die enigste verwysing daarna was dat die graad van geweld wat gebruik is, ondersoek moet word.

Die kommissie sal ingesweer word wanneer Mnangagwa terugkeer van die Forum oor Afrika-China-samewerking op 3 en 4 September in China.

Hulle sal na verwagting ook aanbevelings aan Mnangagwa maak oor die versoeningswerk wat gedoen kan word aan ʼn diep verdeelde en gepolariseerde land.

Chamisa het Mnangagwa se oorwinning van 30 Julie betwis, maar die konstitusionele hof het sy aansoek met koste van die hand gewys. Maroela Media het vroeër berig Chamisa sal glo moet pa staan vir ʼn rekening van sowat R42 miljoen ($3 miljoen) se regskoste vir dié hofaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johanna Botha ·

Gaan niks regkry nie …zim se mense wil sukkel …O en vat vir zuma saam ..

Katerina ·

Wanneer was hy president? Nie om snaaks te wees nie maar ek het nog nooit van Mnr. Motlanthe gehoor nie.

Voor Zumpta ·

Hy was president na hul Mbeki by Polokwane afgedank/ weggeskop het en voor Zupta. Was maar iets soos 6maande of n jaar (as dit soveel is).

C ·

@Katerina. Moet nie sleg voel nie. Ek het ook hierdie president erens in die verlede gemis. Het ook nie geweet van sy bestaan nie. LOL!!!!

Anoniem! ·

Snaaks! Snaaks! Snaaks! Trump mag nie by RSA se sake betrokke raak nie, maar SA raak by Zimbabwe se sake betrokke!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.