Joos Hefer (82), ʼn afgetrede appèlhofregter, is oor die naweek deur twee rowers by sy huis in Waverley in Bloemfontein aangeval, het Die Volksblad Dinsdag berig.
Een van die rowers het Heffer op sy mond geslaan en hom met ʼn mes gedreig. Heffer het voor die aanval vir ʼn voormalige kollega gewag, wat hom Saterdag om 11:00 vir ʼn geleentheid sou kom oplaai.
Die rowers het Hefer in die badkamer vasgebind terwyl hulle sy huis geplunder het. Die rowers het geld, televisies en die regter se nuwe bakkie gesteel. Hefer kon daarin slaag om homself ná twee ure te bevry.
Sy seun, Seef, het aan die koerant gesê sy pa het vir die Vrystaat geboks en het een van die rowers ʼn goeie opstopper gegee. “Sy hand is steeds geswel, maar hy is baie trots op die hou,” het Seef gesê.
Volgens Seef doen sy pa goed en het hy net ʼn geswelde hand en ʼn stukkende lip.
Die polisie het die rooftog bevestig. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – SAPA
“Bells” vir die oud-regter ! Nou moet mens nog sê “dankbaar hy is nie vermoor nie”.
Dit was seker n goeie “regter” haakhou.
Skerp ;)
Ali magtig, beslis n 82jarige met waagmoed. Mooiso regter.