Oudrugbyspeler Barend Britz in Frankryk vermoor

Barend Britz en sy seun, Barend jnr. (Foto: Facebook)

Die voormalige slot vir Transvaal en Noord-Transvaal Barend Britz is dood ná hy Donderdagaand by sy kroeg in Perpignan, Frankryk, aangeval is.

Volgens France Bleu het die 63-jarige Britz met sy aankoms by ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die aanvaller het na bewering omstreeks 21:00 die Bar and Britz-kroeg betree, ʼn paar stoele rondgeslinger en ruite gebreek voor hy Britz aangeval en verskeie kere oor die kop geslaan het. Britz wou by die situasie ingryp toe hy aangeval is, aldus lindependant.fr.

ʼn 30-jarige verdagte is later deur die polisie in hegtenis geneem. Die man se twee vriende was ook in aanhouding, maar hulle was nie betrokke by die gewelddadige aanval nie. Die verdagte is vantevore op verskeie aanklagte, waaronder dwelmgebruik, aangekla. Volgens ‘n staatsaanklaer is hy ‘n gewoontemisdadiger, berig France Bleu.

Britz het in die 1980’s vir Transvaal (Goue Leeus) en die Noord-Transvaal (Blou Bulle) gespeel voor hy na Frankryk verhuis en ʼn hele paar jaar vir Perpignan gespeel het, berig SA Rugby.

Hy het in 1996 as rugbyspeler uitgetree.

Hy sou op 14 Desember sy 64ste verjaarsdag gevier het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

B ·

Net jammer hy was nie nog steeds opgesluit agv vorige oortredings :(

Antoinette ·

Lyk vir my in ander lande gaan dit maar net so sleg. Mens hoor net nie altyd daarvan nie!

Tobie Klarens ·

Verskriklik ja. Meeste beskaafde land, het letterlik soveel moorde in n jaar as wat SA in EEN DAG het

Waarheid ·

Wel op die oomblik is die yellow west ouens die gevaarlikste in Frankryk
Die land is in n groot gemors met Macron as leier en ons weet nie naastenby van al die geweld en moorde wat in Frankryk gebeur nie.

John ·

Dis nie die yellow vests wat gevaarlik is nie, dis ander kriminele elemente wat elke geleentheid gebruik om brande te stig en te moor…. en dis in elke land. Die yellow vests protes teen die hoe lewenskoste in Frankryk en salarisse wat nie daarmee tred hou nie. Macron se uitlatings is onverantwoordelik en vlam net meer protes aan.

Vra Net ·

Wat van die Yellow Vest ouens Francois?
Parys lyk nie goed nie en hulle beplan nou om in Belgie en ander lande ook na vore te kom. Alles in Europa. Frankryk het die voortou geneem nie waar nie?

Cav. Andre Martinaglia ·

Hulle dink aan die ”Storming van die Bastille” en plaas hulle koppe en inteligensie te gebruik. Al wat hulle eintlik moes gedoen het is om hulle motors by die huis gelos, en geweier om petrol aan te vul. Hoekom al hierdie geweld?

John ·

Die meeste mense in Parys besit nie eers motors nie en gebruik in elk geval publieke vervoer. Dit maak geen verskil nie, want as brandstof se pryse styg, dan styg die pryse van alles. Die belasting en lewenskoste in Frankryk is skreiend hoog. Besighede is gekonsentreer in Parys, so die res van die land raak spookdorpe en Parys is oorvol, en die verblyf skaars en onbekostigbaar

PTJ ·

Ek bly nou al vir 11jaar in Frankryk, sal dit nogsteeds nie verruil vir daai “land” SA nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.