Oudrugbyspeler sterf ná epileptiese aanval

(Foto: JJ Breet/Facebook)

ʼn Oudrugbyspeler van Tzaneen in Limpopo is verlede week dood in sy slaapkamer aangetref nadat hy vermoedelik ʼn epileptiese aanval gehad het.

Die voormalige Lions-, Bulls- en Pumas-slot en ‑flank JJ Breet is na bewering die afgelope naweek in sy kamer aangetref. Volgens Marius van Rensburg, uitvoerende hoof van die Mpumalanga Rugby-unie, het hy ʼn boodskap van een van die Pumas se oudspelers ontvang wat Breet se afsterwe bevestig het.

Die 30-jarige rugbyster het in 2009 vir die Suid-Afrikaanse Skolespan uitgedraf en drie jaar vir die Bulls gespeel. Hy het vir die Bulls se o. 19’s, o. 20’s en Vodacom-bekerspan gespeel.

In 2013 het Breet vir die Lions uitgedraf en in die Curriebeker gespeel. Hy het twee jaar later by die Pumas aangesluit en vir twee jaar vir dié span gespeel. In 2017 is hy Italië toe, maar het later daardie jaar uitgetree.

Van Rensburg het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat die talentvolle flank met lof onthou sal word.

“Hy was ʼn lang, lenige flank (1,98 m) met baie potensiaal en dryf. Hy was altyd vriendelik en behulpsaam en het baie vinnig by die Pumas se kultuur ingepas.”

SupaRugby het in ʼn huldeblyk op Facebook gesê dat Breet uitsonderlike veerkrag en spoed op die rugbyveld gehad het vir iemand van sy lengte.

“Ons sal JJ nie vergeet nie.”

Intussen het die rugbylegende Kobus Wiese ook sy meegevoel aan Breet se familie en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erika ·

Baie sterkte aan die familie. Dit is so hartseer. So ‘n jong man. Ons het Januarie 2021 ons laatlam seun op 25 ook so verloor. Mens het so baie waaroms en hoekoms maar die Vader gee die daaglikse krag om aan te gaan. So moeilik soos dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.