Oudskoolhoof hoor oor borgtog ná hy glo skolier verkrag

Argieffoto

Uitspraak is Donderdag gelewer in die borgtogaansoek van ʼn voormalige skoolhoof van ʼn private skool in Limpopo wat glo ʼn 15-jarige meisie verkrag het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die 59-jarige verdagte, ʼn voormalige skoolhoof van ʼn private skool in Nkowankowa, het in die Lenyenye-landdroshof verskyn.

“Die man is borgtog van R5 000 toegestaan en die saak is tot 23 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die beweerde verkragting het glo verlede Woensdag by die Lorraine-nedersetting in die Sekororo-gebied, suidwes van Tzaneen, plaasgevind.

“Daar word beweer die verdagte het die meisie na die skoolterrein ontbied en gesê hy het vir haar ʼn boodskap. Hy het haar daarna na sy huis geneem en glo verkrag toe hulle daar aangekom het,” het Ngoepe gesê.

Die slagoffer het ʼn saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak en die verdagte het homself daarna aan die polisie oorgegee.

Die man het Maandagmiddag vir die eerste keer in die hof verskyn. Sy naam mag nie genoem word alvorens hy gepleit het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zumie ·

Laat ons maar eers wag vir getuienis en skuldigbevindings voor ons na messe gryp……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.