Oudskoolhoof vas wat glo tiener verkrag

Argieffoto

ʼn Voormalige skoolhoof van ʼn private skool in Limpopo is in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ʼn 15-jarige meisie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die beweerde verkragting het glo Woensdag by die Lorraine-nedersetting in die Sekororo-gebied, suidwes van Tzaneen, plaasgevind.

“Daar word beweer dat die 59-jarige verdagte, ʼn voormalige skoolhoof van ʼn private skool in Nkowankowa, die meisie na die skoolterrein ontbied het en gesê het hy het vir haar ʼn boodskap. Hy het haar daarna na sy huis geneem en glo verkrag toe hulle daar aangekom het,” het Ngoepe gesê.

Die slagoffer het ʼn saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak en die verdagte het homself daarna aan die polisie oorgegee.

Die man het Maandagmiddag vlugtig in die Lenyenye-landdroshof verskyn waarna die saak uitgestel is vir sy borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veritas ·

Wat gaan aan in S.A? Verkragting is aan die orde van die dag. Dit wil voorkom asof dit mode geword het. Is dit ‘n gebrek aan opvoeding, toegang tot pornografie, lae sedes of is so baie Suid-Afrikaners maar net eenvoudig gemors? As in aanmerking geneem word dat baie gevalle nie aangemeld word nie, vir watter rede ookal, het die tyd aangebreek om strawwe uit te deel wat aspirant verkragters van hul voornemens sal laat afsien. Kastrasie klink vir my na ‘n goeie afskrikmiddel.

Alida ·

Veritas, die grootste gedeelte van die bevolking is gemors. Let maar op na al die moorde en verkragters en NIEMAND kan met my stry nie.

kitta ·

so n ou maaifoedie. gelukkig het wy hom dadelik gaan aankla. maar…. ek dink iemand het hom gewaarsku daarom dat hy homself “oorgegee” het. ek twyfel of dit die eerste keer was.

Anoniem ·

Ek is bly sy is so gou polisie toe. Die forensiese getuienis behoort die skoolhoof se doppie te klink. Absolute skande dat ‘n leiersfiguur in die gemeenskap so swak voorbeeld stel. Dis deels hoekom die land in so ‘n haglike toestand is: swak voorbeelde gestel deur leiersfigure (en hierby sluit ek Zuma in)!

Woorde wek, maar voorbeelde trek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.