Oudsokkerspeler Marc Batchelor vermoor

Die oudsokkerspeler Marc Batchelor. (Foto: Facebook)

Die voormalige sokkerspeler Marc Batchelor is Maandagaand naby sy huis in Olivedale in Johannesburg vermoor.

Hy is verskeie kere deur twee mans op motorfietse deur sy motorvenster geskiet en is op die toneel dood, het eNCA berig.

Die motief vir die aanval is in dié stadium nog onbekend.

Luidens berigte is daar heelwat bespiegeling dat Batchelor in ʼn sluipmoordaanval vermoor is.

Batchelor het vir Kaizer Chiefs en Orlando Pirates gespeel en het sy lberoepsloopbaan in 1990 in die VSA begin voordat hy twee jaar later teruggekeer het na Wits.

Hy het daarna vir Orlando Pirates gespeel. Batchelor het ook vir SuperSport United, Maroka Swallows en Mamelodi Sundowns uitgedraf.

EWN berig Batchelor was ook bekend vir sy manewales van die veld af. In 1999 het Chiefs hom geskors nadat hy glo ʼn spanmaat gewurg en gedreig het om hom dood te maak.

Ná sy spelersloopbaan was Batchelor ʼn ontleder vir SuperSport voordat hy in 2007 van die lug gehaal is oor bewerings dat hy en drie ander mans ʼn Johannesburgse sakeman by ʼn restaurant in Parkhurst aangerand het.

Die toneel in Olivedale waar Batchelor geskiet is.
(Foto: Twitter)

Hy was ʼn getuie in die Oscar Pistorius-moordverhoor, waar hy getuig het oor die voormalige paralimpiese atleet se humeur. Pistorius was glo in ʼn onderonsie met ʼn vriend van Batchelor betrokke. Pistorius het glo vermoed die persoon is in ʼn romantiese verhouding met sy vriendin, die vermoorde model Reeva Steenkamp.

Batchelor het ook noue bande met Mikey Schulz gehad. Schulz het vroeër skuld beken op die moord op die mynmagnaat Brett Kebble in 2005.

Polisielede en nooddienswekers op die toneel waar Batchelor geskiet is. (Foto: Facebook)

Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

honourable member ·

Klink of die ou uitgehaal is maar kom ons kyk wat ons slim polisiediens kan uitvind.

Andre ·

Getuig oor Pistoruis se humeur…terwyl hy self n slegte humeur het

Semels ·

Wally ek het presies dieselfde gedagte gehad. Hy moes nooit teruggekeer het van VSA.

ES ·

Dis wat gebeur is jy in sulke kringe rondbeweeg. Die polisie gaan lank soek na sy moordenaars – klink vir my of hy oral vyande gemaak het.

K ·

Ja nee as jy by dieselfde plekke en mense was waar moordenaar Oscar was…meng jou met die semels..

Jr ·

ń Sluipmoord beteken net een ding – dat jy betrokke by iets krimeneel is. Die tipe ou wat sy vyand of skuldenaar so dood maak is nie ñ ordentlike burger

Posduif ·

“false flag”!!! Hy is terug VSA toe. Dit was sy tweeling broer wat vir hom ingestaan het. Case closed. Signed Mice Wolmuis

Nicks ·

Lekker lag ek nou vir Posduif. Yip… hy was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.