Oudsoldaat gevonnis vir 3 moorde

Argieffoto

ʼn Oudsoldaat van die weermag is tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin en twee kinders.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Mandlenkosi Joseph Shezi (44) van Thandukukhanya in Piet Retief is in die hooggeregshof in Delmas, Mpumalanga, gevonnis. Hy is ook skuldig bevind aan brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging.

Die hof het gehoor dat Shezi op 20 Oktober 2017 met ʼn weermagvoertuig gery het en dat daar twee 25 l-kanne met petrol in die voertuig was. Shezi het slegs een van die kanne gebruik om brandstof in die voertuig te gooi.

Shezi het die oorblywende brandstof gebruik om petrolbomme te maak. Hy het na sy vriendin se huis in Middelburg gery en dit met die petrolbomme bestook. Twee kinders wat saam met Shezi se vriendin in die huis was, het doodgebrand. Shezi se vriendin het die volgende dag in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk.

Shezi is in hegtenis geneem nadat lede van die publiek hom aan die polisie uitgewys het. Hy het tydens sy verhoor onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom en onder meer aangevoer die oorledenes is deur weerlig getref.

Shezi se verweer is egter verwerp en afgesien van die drie lewenslange vonnisse vir die moorde is hy tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir brandstigting en ʼn bykomende drie jaar vir kwaadwillige saakbeskadiging. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Nyuswa het gesê Shezi is effektief tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Die NVG het die skuldigbevinding en vonnis verwelkom.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frik ·

Of jy een of drie of honderd vermoor die straf bly dieselfde want vonisse word gelyktydig uitgedien. Is dit werklik geregtigheid want hy gaan na 8jaar weens goeie gedrag parool kry en vry wees. Dis hoekom party gereg in eie hande neem.

Willie ·

Ja Frik, dan met sy praktiese ondervinding seker n Generaal word.

Zelda ·

Wat is die doel om hom soveel vonnise te gee as dit gelyklopend uitgedien word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.