Oudsoldate in Nigerië: Arresteer hulle, sê minister

Argieffoto

Argieffoto

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het gesê die Suid-Afrikaners wat die Nigeriese weermag gaan help om die terreurgroep Boko Haram te vernietig, moet met hul terugkeer in hegtenis geneem word, het Beeld berig.

Mapisa-Nqakula het op die vooraand van die Afrika-Unie (AU) se spitsberaad in Ethiopië aan verslaggewers gesê die groep is “huursoldate”.
Beeld het vroeër berig dat oudsoldate van die Suid-Afrikaanse weermag deel is van ʼn multinasionale span militêre kundiges wat op pad is na Nigerië.

“Daar is gevolge wanneer iemand die land verlaat en enige vorm van militêre bystand lewer wat nie deel van die regering se ontplooiing is nie,” het Mapisa-Nqakula gesê.

Sy het ʼn beroep gedoen op die polisie en die vervolgingsgesag om ʼn voorbeeld van die groep te maak deur hulle ingevolge die Wet op Buitelandse Militêre Hulp aan te kla.

Die leier van die groep kundiges het gesê hulle is nie huursoldate nie, maar dat hulle sal opleiding doen ingevolge ’n kontrak met die Nigeriese regering.

Mapisa-Nqakula het gesê geen lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is na Nigerië ontplooi nie en Suid-Afrika het nie ʼn amptelike versoek vir bystand of wapens gekry nie.

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdag haar teleurstelling uitgespreek oor die Suid-Afrikaners se betrokkenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ai tog ·

Ek verstaan nie die groep se gedrag nie, ons het verlede jaar die tragedie gehad van die kerk wat ineen gestort het. Ons land het hulp aangebied om die nadoodse ondersoeke te bespoedig en Suid Afrika was nie toegelaat nie. Nou wil hulle met Boka Haram gaan sukkel laat Nigerie hulle eie probleme uitsort

henk ·

geen lid is na Nigerie ontplooi nie, omrede die Zuma familie nie olie en diamantvelde daar besit nie, en derhalwe anders as in die DRK, nie sekuriteitswagte daar benodig nie.

lorayne ·

MOOI gesê henk! Nader aan die waarheid sal jy NOOIT. . . .

Gert ·

Lyk vir my ons regering steun die terroriste groep Boko Haram daarom mag hulle nie uitgewis word nie.

ladybug ·

As hierdie storie waar is, en hierdie oud soldate kry betaling vir hierdie werk, hoekom nie? Hierdie “regering” wil geen blanke meer ‘n werk gee nie, so hoekom mag oud lede van die SANW nie ‘n inkomste genereer nie, selfs al beteken dit hul moet dit in ‘n ander land gaan doen?

Suur druiwe Mapisa-Nqakula? Misgun elke blanke ‘n bestaansreg? Klink vir my na rassisme …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.