Oudspeurder skuldig aan korrupspie

Tshifhiwa Muvhango (41) is Dinsdag in die Sibasa-landdroshof tot ses jaar tronkstraf gevonnis waarvan ʼn tydperk vir drie jaar opgeskort is. (Foto: Limpopo Valke)

ʼn Polisiespeurder van Limpopo, wat ʼn dossier gesteel en toe omkoopgeld geëis het om dit te laat verdwyn, is tot direkte tronkstraf gevonnis.

Tshifhiwa Muvhango (41) is Dinsdag in die Sibasa-landdroshof tot ses jaar tronkstraf gevonnis waarvan ʼn tydperk vir drie jaar opgeskort is.

Muvhango, wat in 2019 ʼn speurkonstabel verbonde aan die Thohoyandou-polisiekantoor was, het die dossier by ʼn kollega gesteel.

Hy het volgens ao. Lethunya Mmuroa, polisiewoordvoerder, die beskuldigde gekontak en omkoopgeld van R1 500 gevra.

Aanklagte van bestuur onder die invloed van alkohol het die beskuldige in die gesig gestaar.

Ná Muvhango die omkoopgeld geëis het, is die saak onmiddellik onder die aandag van die Valke in Polokwane gebring. Muvhango is tydens ʼn geheime operasie in hegtenis geneem nadat hy die omkoopgeld aanvaar het.

Genl.maj. Gopz Govender, provinsiale hoof van die Valke, het die ondersoekspan geloof vir hul goeie werk om Muvhango aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Di ·

Hy hoort agter tralies! Hoop nie hy word ooit weer aangestel in ‘n pos in die Polisiediens nie. Daar is mos deedae mos baie in die Polisie wat kriminele rekords teen hulle het.

JohanR ·

Kan nie lekker wees vir ‘n ou polisiespreuder in die tronk nie. Tensy iemand jou herken moet jy maar vir die 26’s, 27’s en 28’s se jy is ‘n minibus taxi bestuurder!

Pierre ·

Alta Alleman, dit is seker as jy deel van die korrupsie pie eet.

Prinses Bella ·

Wat ‘n verskriklike tragedie. Vir R1500 sy lewe verwoes. Dis die ANC nalatenskap, hulle stel so ‘n voorbeeld, en hierdie arme mense wat voorheen niks mag gewoond was nie val almal in die sloot. Ramaposa en sy hele vrot spul kaders behoort saam met die man toegesluit te word.

Rooi rissie ·

ALLE speurders moet ondersoek word vir korrupsie in hierdie land want ek is seker daarvan dat die meeste van hulle betrokke is wat omkoopgeld behels veral as hulle sake vir jare uit rek en laat sloer dan moet jy maar weet daars korrupsie en omkoopgeld betrokke. Veral sake wat veronderstel is om binne 8 weke af gehandel te word word uit gerek nou al na 5 jaar toe. Geen terug voering word gegee en geen opvolg word gedoen nie.. die valke moet daardie speurders begin ondersoek. Net my ondervinding.

Blikke ·

Opgeskorte vonnis….belaglik verby…..die ou moes sit in my opinie

trotsNAMSA ·

Dit is so maklik om die Regering en SAPD die skuld te gee vir korrupsie.
Korrupsie se sinoniem is ook : oneerlik, bedrog, misleiding, dubbelsinnig en ander. Wie is nie skuldig daaraan in SA en in die wêreld nie ? Daardie persoon wat ‘n kwotasie gee wat misleiding is, persoon wat dubbelsinnig is in sy/haar daaglikse lewe ?
R1 500-00 is nie baie geld nie, maar vir swak betaalde lede van die SAPD is dit baie geld. Ek praat nie die gewese Polisiebeampte se optrede goed nie, geensins. Korrupsie begin met een klein simpel optrede vir ‘n lid wat nie sy gesin kan onderhandel nie terwyl die hoë “manne” spog met groot huise en karre. Ons is MOREEL KORRUP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.