Oudspioen-sluipmoord: Lasbriewe vir 2 se inhegtenisneming uitgereik

Patrick Karegeya

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het lasbriewe bekom vir die inhegtenisneming van twee van die vier verdagtes wat verdink word van die moord op die voormalige intelligensiehoof van Rwanda, Patrick Karegeya.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Maandag in ʼn verklaring gesê die NVG het adv. Gerrie Nel, hoof van die organisasie se privaatvervolgingseenheid, in kennis gestel dat die lasbriewe uitgereik is en dat hulle reeds in die proses is om aansoek vir die uitlewering van twee Rwandese verdagtes, Ismael Gafaranga en Alex Sugira, te doen.

“Sodra die uitleweringsaansoeke toegestaan is, sal die NVG by Interpol aansoek doen vir die uitreik van sogenaamde ‘rooi kennisgewings’ vir die twee verdagtes,” sê Nel.

Nel en AfriForum se privaatvervolgingseenheid het eers Karegeya se familie bygestaan met ’n informele geregtelike ondersoek ná sy moord, maar die landdroshof in Randburg het in April vanjaar die saak na die NVG verwys om te besluit of hulle die verantwoordelike verdagtes, soos beslis in die hof se bevinding, gaan vervolg.

Nel het gesê die NVG se aankondiging is ʼn groot oorwinning. “Dit is egter ook ’n aanduiding dat die NVG die regstelsel misbruik het aangesien daar sonder enige verdere ondersoek lasbriewe uitgereik is. Dít nadat die NVG aangedui het dat hulle nie ’n besluit om te vervolg op grond van die beskikbare bewyse kon neem nie en ’n geregtelike doodsondersoek aanbeveel het.”

Luidens die verklaring het AfriForum dit reeds tydens die geregtelike doodsondersoekverrigtinge uitgewys en die hof het Nel se advies geweier om met die ondersoek voort te gaan.

“Die enigste haalbare afleiding is dat die NVG ’n vervolging wou vermy. Ons verwelkom die huidige stappe en hoop dat die NVG met ywer die proses verder sal voer. AfriForum se privaatvervolgingseenheid en die familie van die oorledene sal die proses noukeurig moniteer.”

Karegeya se liggaam is in 2014 op Nuwejaarsdag in sy hotelkamer in Sandton, Johannesburg, gevind. Maroela Media het destyds berig Karegeya is na bewering verwurg. ʼn Bebloede handdoek en ʼn gordynkoord is in ʼn kluis in sy hotelkamer gevind.

Hy was sedert 2007 in ballingskap in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lou ·

Die NVG doen ook net iets as Afriforum en Gerrie Nel hulle dreig met privaat vervolging.
Dankie aan Afriforum anders sou daar regtig geen (swart) misdadigers vervolg word nie
Ek sou graag meer inligting wou sien ivm die resultate van die privaat vervolgings. Is Gerrie Nel darem partykeer suksesvol met die privaat vervolging ?

Chris Ws ·

Eienaardig dat soveel mense in “ballingskap” na Suid Afrika uitwyk en HIER kom wegkruip . . . . .

Willie ·

Ek dink ons sal nie slaap as ons weet regtig hier ongesiens rondsluip nie

Alex ·

Hier moet seker baie geld wees. Hoekom sal Afriforum hulself bemoei met buitelanders?

Salamander ·

Die man se familie het Afriforum genader nadat die NGV die saak laat sloer het. Natuurlik is daar geld betrokke! Wie werk verniet?

JR ·

Nie altyd suksesvol nie want ek het gevoel Zuma se seun behoort tronkstraf te kry vir die ongeluk wat hy veroorsaak het maar die regstelsel het weereens die familie gevaal soos gewoonlik

Leon Pit ·

Die regstelsel is n GROOT MISLUKTE GRAP. Dit bevorder net die misdadiger en hou geen voordeel in vir die slagoffer nie.
Pateties sê ek. Geen wonder mense neem reg in eie hande nie.

Christine ·

Die regstelsel is vir die skelm want wie in beheer is ook korrup

Klipdrift ·

Nou wat sou ou Patrick dan gedoen het dat iemand hom 7 jaar later nog steeds kom opsoek en vermoor het? Ons ken mos almal die menseslagtingverhaal wat hom in Ruanda afgespeel het. Maar dan weer, dis Afrika, hierdie. Min dinge maak sin.

Pieter ·

Ek stem jr afriforum moet kom met n beter plan help nie hulle hardloop elke keer hof toe nie dit kos ons as lede geld wat het molefe geword hy het nou nog nie die geld terug betaal nie en hy gaan ook nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.