Oudspringbok rand petroljoggie aan

Beeldmateriaal uit 'n video wat aan die Daily Sun verskaf is.

Beeldmateriaal uit ‘n video wat aan die Daily Sun verskaf is.

ʼn Voormalige Springbokrugbyspeler is in die sop nadat hy op kringtelevisiebeeldmateriaal afgeneem is waar hy ʼn petroljoggie in Johannesburg aanrand.

Die Daily Sun berig hulle is in besit van die video wat duidelik wys hoe Gcobani Bobo die petroljoggie, Frans Ledwaba (37), in die gesig slaan.

Die voorval het verlede week by ʼn Engen-vulstasie in Killarney plaasgevind.

Volgens Ledwaba het Bobo eers met ʼn privaattaxibestuurder baklei voordat hy by die vulstasie se kafee ingestorm het en onbeskof was met die werkers. Ledwaba en Bobo het toe begin stry waarna Ledwaba aangerand is.

Bobo het die voorval aan die koerant bevestig en gesê hy het emosioneel geraak en is jammer oor sy optrede. Hy het onderneem om vir die petroljoggie om verskoning te gaan vra.

Deon Rautenbach, die vulstasie se eienaar, het gesê hy hoop geregtigheid geskied en dat Bobo gestraf word. Lees meer hier.

Bron: The Daily Sun

Gcobani Bobo

Gcobani Bobo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johann loretz ·

Ja laat hy sy straf kry, maar hkm word daar nie gese wat die petrol joggie gedoen het nie? En hkm hy aangerand is?

Brenda ·

As dit nou ‘n wit rugbyspeler was was die gort behoorlik gaar en die raskaart uitgepluk!!! Nee wat, dit sal ‘n stil dood sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.