Oudste kanker ter wêreld in SA gevind

Die gewas in die rugwerwel van ’n sediba-seun kan duidelik gesien word. Paul Tafereau (ESRF)

Die gewas in die rugwerwel van ’n sediba-seun kan duidelik gesien word. Paul Tafereau (ESRF)

Kanker is in die voetbeen van ʼn homonied, wat 1,7 miljoen jaar gelede in die Sterkfontein-grotte geleef het, gevind. Slegs ʼn gedeelte van die voetbeen is gevind, wat dit onmoontlik maak om vas te stel tot watter spesie die kankerlyer behoort. Dit is as ʼn dodelike vorm van beenkanker geïdentifiseer.

ʼn Artikel hieroor het pas in die vakjoernaal, South African Journal of Science, verskyn. Met hierdie ontdekking word die oudste fossielrekord van kanker, naamlik in die rib van ʼn Neanderthalmens wat 120 000 jaar gelede geleef het, baie ver in die verlede teruggeskuif.

In nog ʼn artikel in dieselfde tydskrif word verslag gedoen oor ʼn nie-kwaadaardige gewas wat in die rugwerwels van ʼn sediba-seun gevind is. Dié tienerseun het ongeveer 2 miljoen jaar gelede geleef en sou baie ongemak verduur het.

Die vergroeisel van die beenkanker op die gedeelte van die voetbeen kan duidelik gesien word. Foto: Patrick Randolph Quinney (UCLAN).

Die vergroeisel van die beenkanker op die gedeelte van die voetbeen kan duidelik gesien word. Foto: Patrick Randolph Quinney (UCLAN).

Die navorsing is gedoen deur Wits se Instituut vir Evolusionêre Studies en die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Uitnemendheid in Paleontologiese navorsing.

“Moderne medisyne is geneig om te aanvaar dat kanker en gewasse in die mens veroorsaak word deur moderne leefwyse en -omgewings. Ons navorsing toon hierdie siektes het miljoene jare gelede voor die moderne industriële samelewing in ons voorsate onstaan,” sê Edward Odes, ʼn doktorale kandidaat by Wits en hoofskrywer van die kanker-artikel en medeskrywer van die gewas-artikel.

Bron:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Theuns ·

Beste Herman, hier waar ek woon is Kanker ‘n groot probleem. My Skoon seun is 8 maande gelede aan n baie aggresiewe long kanker oorlede. Hy het nooit gerook of gedrink nie! Ek self het so ses weke ‘n kwaadaardige vel kanker gewas laat verwyder. Hier is talle mense oorlede aan brein kanker, kanker van die pankreas, been kanker ens. Dit hou net nie op nie! Ek het al self probeer om vastestel waar ontstaan die probleem en dit wil vir my lyk of die gemene faktor die munisipale water is! Dit is vrot. Dit wil ook vir my voorkom of mense wat gebottelde water drink nie geraak word nie maar ander probleme ontwikkel wat nie kanker verband is nie? Ek sal graag jou opinie wil hoor vir die verskriklike siekte is en wat jy dink dit veroorsaak? Ek is bewus daarvan dat jy ook stoei met die siekte! Groete. Theuns

Gemsbok ·

Waar woon jy en het jy al jou water vir toetse gestuur om te bepaal of daar swaar metale, koolwaterstof, insekdoders of ander vorme van besoedeling teenwoordig is? Is julle in ‘n omgewing waar chemiese materiale verbrand word?

Herman Toerien ·

@ Theuns. Ek self drink of rook nie, en het twee (en saam met velkanker) soorte kanker gelyk gekry. Kanker behels so ‘n groot spektrum dat ek nie dink dit kan aan ‘n enkele faktor toegeskryf word nie, maar ek aanvaar rook, swaar metale, blootstelling aan gifstowwe, lewensstyl, ens kan ‘ngroot rol speel. In ‘n statistiese ontleding wat ek oor outisme gedoen het, het dit geblyk dit het nog vinniger onder Latyns-Amerikaners in Kalifornië voorgekom as die res. Hierdie gevalle se konsepsie het saamgeval met ‘n tyd toe die Latyns-Amerikaners in Kalifornië hul werk op groot skaal verloor het, en my herindiensname grootliks in sonlig-blootgestelde beroepe soos plaaswerkers, in die bou-industrie, terreinopsigters ens was. (Ek gaaan vervolg want dit raaak lank).

Herman Toerien ·

@ Theuns (ervolg). ‘n Leke-afleiding sou wees dat mutasies tydens konsepsie vorm, en dalk nog vererger word weens die vermindering van die aarde se magneetveld. Toe gaan ek die syfers vir kankeren die Latyns-Amerikaners vergelyk. Hoewel outisme op twee jaar begin manifesteer, en kanker selde onder 35 (hoewel ek die afgelope jaar met besonder baie gevalle van peuters en kinders met leukemie te doene gekry het), het dieselfde soort partroon as met outisme onder die Latyns-Amerikaners begin manifesteer.
Maar ek is GEEN kenner nie. Die ideaal bly vordering met geneesmiddels. Sommige soorte kanker word nou as byna 100 persent geneesbaar beskou, met ander is daar belowende vordering, ander se behandeling is te duur (miljoen rand vir een toediening, maar minstens drie is nodig). Ek kon nog geen literatuur raakloop wat aandui dat daar eens ‘n vooruitsig is dat daar eendag ‘n geneesmiddel vir my een soort kanker sal wees nie – die hele stryd gaan om dit vir periodes in remissie te kry.

Theuns ·

Gemsbok, ongelukkig kan ek jou nie se presies waar dit is nie maar dit is in die opvanggebied van die Olfants Rivier wat die Loskopdam voed. Tot die krokodille vrek asgv van die besoedeling. Ja verskeie toetse is al gedoen en ja daar is definitief swaarmetale maar ook chemikalie. Sommige mense blameer weer oesbespuiting! Ek kry ook die idee dat die waarheid word wegesteek omdat as jy die waarheid ontbloot dit mense se finansiele oorlewing kan benadeel?

Veritas ·

‘n Tienerseun wat 2 miljoen jaar terug gelewe het? In watter wêreld leef hierdie mense? Daar is geen manier dat die aarde so oud is nie. Paleontoloë en argeoloë leef in hul eie klein wêreldjie waar die een ‘n ouer geraamte as die ander wil opgrawe. Koolstofdatering is net so betroubaar as Jacob Zuma maar dié span glo dit is die alfa en omega.

Flippie ·

In water wêreld lewe jy. Hoe oud is die aarde volgens jou en waarop baseer jy jou berekening.

Francois le Cochon ·

@Veritas. – Neem 7 jaar af en gaan studeer Isotopiese Geochemie, dan lewer jy weer kommentaar oor hierdie berig.

Herman Toerien ·

@Veritas. Koolstofdatering word net gebruik vir relatiewe jong materiaal wat ook koolstof moet bevat. Met moderne tegnologie meen ek dit kan sowat 40 000 jaar oue materiaal se ouderom bepaal. Daar is ‘n hele spektrum metodes wat ouer materiaal kan bestudeer en daaroor is baie goeie artikels op die internet. Gewoonlik gebruik wetenskaplikes minstens drie metodes en aanvaar net ‘n ouderdom as die lesings ooreenkom. Met sediba is bv baie sterk op die paleomagnetisme geleun omdat daar destyds ‘n oorgangsfase tussen die ruiling van die aarde se magnetiese pole was, en die ouderdom van hierdie omruiling (wat taamlik gereeld gebeur) reeds baie goed bepaal was.

MissDemeanor ·

“Carbon dating” sal inderdaad onakuraat wees as mens iets wil dateer wat miljoene jare oud is, daarvoor gebruik hul “uranium dating”. Die elemente se “rate of decay” verskil. Daar is ook biologiese maniere om ouderdom af te lei. Die “molecular clock” metode behels die gebruik van proetin encoding gene wat onder druk is om nie te verander nie (dit kodeer vir iets wat fundamenteel is vir die sel, soos bv hemoglobien), as die tempo van mutasies bekend is, dan kan die hoeveelheid mutasies gebruik word as n aanduiding vir min of meer hoeveel tyd/ generasies verloop het. Verskillende metodes word gebruik om die ouderdom te voorspel en daar waar hul oorvleul word dan beskou as min of meer akuraat. Maar niemand gee voor dat dit perfek is nie.

Jef ·

Baie dankie Mnr.Toerien vir hierdie interesante en leersame artikel.
Die wetenskap en tegnologie is al ver gevorder vir die behandeling van hierdie vreeslike siekte en ek glo dat daar eendag n deurbraak sal plaasvind dat mense vergoed behandel kan word met die wete dat dit geen terugkerende siekte meer sal wees nie.

Theuns ·

Herman baie dankie vir jou antwoord. Dit wat jy se oor die magnetiese veld maak baie sin en is iets wat ek nooit aan gedink het nie. Ook praat jy van omgewings oorsake en dit is iets wat definief ‘n bydrae moes gelewer het met my seun se kanker! Nogmaals baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.