Oudste tekening ooit in SA gevind

Dié kruispatrone lyk soos ʼn hutsmerk en is met oker op silkreet geskep. Foto: Wits

’n Tekening wat soos ʼn hutsmerk lyk, en 73 000 jaar oud is, is in die Blombosgrot in die Suid-Kaap gevind.

Dit is aansienlik ouer as die vorige rekord van 65 000 jaar van tekeninge wat Neandertalmense in Spanje gemaak het.

Die tekeninge by die Blombosgrot is volgens die artikel in die vaktydskrif Nature deur vroeë Homo sapiens (moderne mens) gemaak.

Die oudste tekeninge wat tot dusver gevind is, is ’n gravure op ’n varswater-mosseldop wat in 2014 op Java gevind is. Dié gravure is ’n halfmiljoen jaar oud en is deur Homo erectus gemaak.

Die skets by Blombos is egter die oudste waar ’n kwas of kryt aangewend is. Die skets is met oker op ’n kleinerige brok silkreet, waarvan die oppervlak glad gemaak is, gevind.

Die aankondiging oor die ontdekking is Woensdag deur prof Christopher Henshilwood, ʼn navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Witwatersrand, in die vaktydskrif Nature gedoen.

Henshilwood, van die Universiteit van Bergen in Noorweë, en die res van die span argeoloë het in 2011 aangekondig dat hulle ʼn antieke artistieke “gereedskapstel” ontdek het, wat ’n paar groot slakskulpe bevat het met die oorblyfsels van ’n okerverf.

ʼn Panorama-foto van Blombosgrot in die Suid-Kaap. Foto: Magnus M. Haaland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Grappietjie ·

… so hulle was dan die eerste mense in Suid Afrika en dan behoort die land eerste aan hulle…

Antonie ·

Die mense wat in evolusie glo, moet maar aangaan om die leun te glo.

Adri ·

Stem saam met Antoni. Evolusie is die grootst leuen wat in die geskiedenis van die mensdom, deur linkse radikales geskep is. EVOLUSIE IS DIE GROOTSTE LEUEN WAT DAAR AAN ONS KINDERS GELEER WORD. Dan is daar sg slim profesore wat dit as die waarheid verkondig.

Francois le Cochon ·

@Antonie. Daar is ‘n groot verskil tussen wetenskaplike feite en glo. Die een is bewyse wat nie weerle^ kan word, die ander een is gebaseer op veronderstellings. As wetenskaplikes kan bewys dat die heelal 13 biljoen jaar gelede deur God geskape is, dan is dit die fiete.

Reinhardt ·

‘n Mens “glo” nie in evolusie nie, jy begryp dit. Indien daar n beter verduideliking vorendag kom, dan sal die teorie aangepas word. Dit is die wonder van wetenskap, die antwoord is nooit finaal nie.

Cherokee ·

Nie verbaas dat die 6000 jaar mense van die eerstes is om kommentaar te lewer.
Antoni en Adri, die bal is in jul hande om te bewys dat die aarde 6000 jaar oud is (want dit is waarskynlik wat julle probeer sê). Glo my, evolusie is snert maar die aarde is nie 6000 jaar gelede geskep nie. Julle sal bietjie sukkel om die prehistoriese dinasuarusse te verduidelik. Lees die Bybel en kom tot die besef dat tussen vers 1 en vers 2 van Genesis 1, kon miljoene jare indien nie biljoene verloop het.

Eish ·

73000 jaar, werklik!
Met die eerste maanlanding in die laat 60’s het NASA beteken dat daar 19 voet ruimtestof op die maan se oppervlak moes wees indien aanvaar word dat die maan miljoene jare oud moes wees. Toe Neil Armstrong sy voet neersit op die maan, was dit slegs n paar duim dik. Met die herberekening na aanleiding van diè feit, is bepaal dat die maan op grond hiervan, n rapsie oor die 6000 jaar oud is.
Ek sal maar n skeppings aanhanger sterf, want die feite praat harder dan die mistasting van n aarde wat miljoene jare oud is.

V ·

Mmmm… En ‘n fosiel dateer die gesteente laag, en die gesteente laag dateer die fosiel… En dieselfde stukkie verf 1 mm onder die aanvanklike monster, radio dateer slegs 2000 jaar oud… Sal graag die wetenskap agter die ontdekkings wil bestudeer?

Reinhardt ·

Gaan google gerus radiocarbon dating. Maar ek waarsku jou, die wiskunde is ongelooflik ingewikkeld.

Adri ·

Stem saam met Antoni. Evolusie is die grootst leuen wat in die geskiedenis van die mensdom, deur linkse radikales geskep is. EVOLUSIE IS DIE GROOTSTE LEUEN WAT DAAR AAN ONS KINDERS GELEER WORD. Dan is daar sg slim profesore wat dit as die waarheid verkondig.

Abe ·

Antonie,
Evolusie is nie iets waarin mens glo of nie glo nie. Dit is daar om waargeneem te word. Jy kan net sowel se jy glo nie in reen nie, of jy glo nie in sonsopkoms nie as om te se jy glo nie in evolusie nie. Lees n bietjie daaroor. Dit is n fantastiese realiteit van ons bestaan

Al ·

Indien lewe binne Afrika ontstaan het, moedig ek al die wêreld se lande se bevolking aan om grondbesit op te eis in Suid-Afrika en res van Afrika.
Wat sal die ANC en EFF daarvan sê?

Perspektief ·

En daar het ek gedink Afrika het net 6000 jaar gevat om by die wiel te kom. Nou hoor ek dit het hulle eintlik 73 000 gevat…..

Skerpioen ·

En nou gaan dit sekerlik minder as 6jaar neem om alles weer af te brand, uit te moor…. dan is ons weer terug; 73 000 jaar in die geskiedenis in.

Josua Keys ·

Mense, doen julself ‘n groot guns en gaan kyk die video segment op Youtube, Evolutions VS God, as julle kan kry somer die video en bestudeur die veite wat gegee dalk sal julle oë oopgaan vir die werklikheid en mag van julle vrae in die artikel beantwoord word. Geleerde mense met grade wat duisende rande in salaris verdien om jou kind te leer wat in werklikheid niks weet nie, kyk gerus die video.

Francois le Cochon ·

Ja, gaan na ‘n sangoma en kry die volgende lotto nommers. Baie mense doen dit, en betaal sowat R500.00 daarvoor.

Francois le Cochon ·

@Josua. Het jy al isotopiese toetse op lemoene gedoen om te bepaal of lemoene wel vitamien C bevat, soos wat ‘n wetenskaplike in 1937 aan die mensdom bekend gemaak het, of vat jy die wetenskaplike se woord en glo dit.

Pop ·

Francois,ek glo dat God die aarde en die heelal en alles geskape het. Ons weet nie wat God se tyd was nie. So hy kon biljoene jare geneem he om dit te doen. Ons verkies om dit dag een en dag twee ens . te noem. Adam en Eva was nie die eerste mense nie. Dit was net mense met n verstand en na God se beeld.

Frikkie ·

My oupa het dit geteken, hy was heel eerste hier! Dit beteken die hele Afrika behoort aan my!

Hau ·

O maar die land was toe ook al die EFF en ANC s’n so GEE TERUG DAAI TEKENING.

IK ·

In die boek ‘Die Verhaal van die Mensdom’ word daar beweer dat die eerste primitiewe mens sowat vyf/ses miljoen jaar gelede sy verskyning gemaak het. Hierdie mens word genoem ‘Australopithecus’ wat beteken ‘suidelike aap’ en oorblyfsels is gevind in Suid- en Oos Afrika’. Ook in 1924 by Taung in die Noord-Kaap, Sterkfontein naby Krugersdorp en Makapansgat in Noord-Tvl.
Hierdie voorouers is natuurlik onwaar want noem of vergelyk net ‘n mens met ‘n ‘aap’ dan gaan jy sien wat met jou gebeur!!

Bohica ·

Julle almal gaan aan oor geloof en evolusie. Ek wil net weet wat hulle gebruik het om die tekening mee te verf. Sal die selfde wil gebruik om my huis mee te verf. Sal dan my huis nooit weer hoof te verf nie…

E.K. die eerste ·

Hier is ‘n paar pittige kommentare – dankie tog daarvoor! En dan natuurlik die wat allerhande teorieë nie WIL begryp en sommer alle ontdekkings en dinge wat hul nie begryp summier afskryf. Hulle is seker reg want eintlik is die aarde plat…Die maanlanding was twak ens ens ens. Ai mense LEES bietjie wyer, jul sal verstom wees. Die wetenskap is wonderlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.