Oudstudent skuldig ná sy NSFAS-geld blaas

Sibongile Mani het destyds meer as R800 000 geblaas. (Foto: Verskaf)

ʼn Voormalige rekeningkundestudent wat daarvan beskuldig word dat sy honderde duisende rand van die nasionale hulpskema vir studente (NSFAS) geblaas het, is Maandag aan diefstal skuldig bevind.

Sibongile Mani, ʼn oudstudent aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU), is deur die streekhof in Oos-Londen skuldig bevind ná ʼn jare lange verhoor.

Mani het sowat R800 000 verduister nadat R14 miljoen in Junie 2017 verkeerdelik in haar rekening inbetaal is. Sy het ʼn gedeelte van die geld op allerlei luukshede soos slimfone en ontwerpersklere uitgegee.

Die geld is verkeerdelik deur Intellimali, ʼn kontrakteur wat NSFAS se betalings behartig, oorbetaal. Dié maatskappy het later self sy flater, wat glo nooit deur Mani aangemeld is nie, agtergekom.

Mani moes inderwaarheid net R1 400 as maandelikse toelaag ontvang het.

Elleck Nchabeleng, die voorsitter van die staande komitee oor onderwys, tegnologie, sport en kultuur, het die skuldigbevinding verwelkom en gesê dit moet as ʼn les vir Mani dien.

“Die komitee doen egter ʼn beroep op almal wat by die saak betrokke is om ondersteuning aan Mani te bied en toe te laat dat sy haar studies voltooi.

“Mani is ʼn begunstigde van NSFAS en sal sukkel om sonder die instelling se ondersteuning die geld terug te betaal en haar studies te voltooi.”

Nchabeleng hoop dat die vonnis die opsie sal insluit om ʼn skulderkenningsooreenkoms met Intellimali aan te gaan en moontlik gemeenskapsdiens te verrig.

Mani sal in Maart gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Grens ·

Perfekte ANC kandidaat vir toekomstige minister van finansies.

JohanR ·

As ek die more van 25 Febuarie na my sms kyk wat verkondig hoeveel salaris my werknemer my die maand betaal het, en ek sien 14 miljoen besef ek moes iemand het ‘n fout gemaak. Ek gaan nie dadelik af na die Ferrari handelaar en blaas 10 miljoen op ‘n kar nie. Die een is op universiteit en het presies geweet wat R14 miljoen in haar rekening beteken…..spandeer, spandeer, spandeer en spandeer nog.

Herpiet ·

Wat gebeur met die persoon wat die 14 000 000 oorbetaal het in haar rekening

SjN ·

Niks Herpiet, die keybord se nul het glo vasgehaak, vingerfout.

Piet parys ·

Presies en wat van die bank wat nie so n astronomiese bedrag nie by SARS gerapporteer het nie .

domheks ·

Sy moet maar haar pak vat! Nou wil almal haar bejammer, het sy iemand bejammer toe sy so geld spandeer het? Ek glo nie..

Elize ·

Die bank moet ook vasgevat word. Inbetalings bo ‘n sekere bedrag moet aangemeld word.

krodedil ·

Dis bedrog. Stuur haar tronk toe waar sy haar studies kan voltooi.

Deon ·

Is dit bedrog as jy geld uit jou eie rekening gebruik? Ander se geld is nie veronderstel om in jou rekening gestoor te word nie. Die een wat die foutjie gemaak het is ook aandadig hier sowel as die een wat NIE gesien het daar is n absurde bedrag uit sy begroting weg nie

Annamarie ·

Daardie geld was bedoel, om vir klasgeld, boeke en verblyf te betaal. Vandag moet ek n studielening terugbetaal, omdat ek as ouer, n paar rand meer as die afsny bedrag verdien. Laat sy alles terugbetaal !!!!! As jy nie wil hoor nie, dan moet jy maar voel en die gevolge dra. Amen!

Barney ·

Stem saam Annamarie. Verdien net-net meer as afsny en moet self vir 2 kinders se studies voorsiening maak. Terwyl my belastinggeld gaan vir sulke skelm mense. Klink nie vir my of daar regtig ernstige gevolge vir haar dade is nie – en werklik, as sy nie die fout in haar optrede kan verstaan nie hoort sy nie op universiteit nie.

Diklizzy ·

Die ironie van die saak is dat sy rekenkunde studeer………………

Smurf ·

Rekeningkunde…….en sy weet dit behoort nie aan haar nie . Seker gedink Christmas is vroeg , soos almal dink wat in die soustrein se skadu party…..

Annelize ·

En wat van die persoon wat die geld “verkeerdelik” oorbetaal het? Jy weet, ek kan nog verstaan as mens ‘n onskuldige vingerfout maak, en ‘n ekstra 0 by die bedrag voeg. Maar VIER ekstra nulle, en niemand vind fout nie?

Waar ek voorheen met betalings gewerk het, was ons 3 mense wat met die betalings gewerk het. Een wat die papierwerk voorberei en oplaai op die sisteem, ‘n 2de wat alles nagaan, verifieer en ‘n voorlopige “release” doen, en dan ‘n 3de persoon wat ALLES weereens nagaan en verifieer en dan eers finale “release” doen.
Hoe de ongeluk werk hierdie mense? R14miljoen le nie hier nie!

Theo ·

n Rekeningkunde student… sy moet definitief nie toegelaat word om met ander se geld te werk nie! Haar studies moet opgeskort word!

Annelize ·

Sy is die perfekte kandidaat vir ‘n pos in ‘n Munisipale Tesourie afdeling of selfs by SARS.

George ·

#FeesMustFall en soek hulp vir studieskuld, maar nie n enkele sent van daai R800 000 het vir jou studies gegaan nie ne?

Patch ·

‘n Rekeningkunde student wat geld verduister wat verkeerdelik aan haar oorbetaal is… hoop nie sy werk as ‘n rekeningkundige nie, hoe moet mens haar vertrou. Maar ek stem saam met @Grens, beslis kandidaat vir ANC posisie ☺

Althes ·

Ñ Rekeningkunde student wat hoop op gemeenskapsdiens? Juis agv haar studierigting moet sy weet wat is reg en verkeerd.

My siening ·

Kader wat haar dom hou dis tipies hoe die regering alles hanteer, niks gebeur!

Swerwer ·

So sneuwel nog ‘n fout wat begaan is. Die persoon wat die uitbetalings gelaai het op die sisteem moet ook geroskam word. Is reg dat Sibongile Mani gedissipliner word omdat sy dit nie aangegee het nie, maar die persoon wat die uitbetalings op die sisteem gelaai het, is ook skuldig.

Toy ·

Sy het baie goed geweet daai klomp geld is nie haar geld nie, dit is verkeerdelik in haar rekening betaal en moes dit dadelik aangemeld het. Sy is mos nou nie 5 jaar oud nie. Verkeerd is verkeerd.

Witbaard ·

OMW, en sy swot rekeningkunde. Hoe gaan sy eendag iemand anders se boeke doen?

Di ·

Hoop dit kom op haar rekord dat werkgewers dit kan sien voordat hulle haar eendag in diens neem!

Aanhouer ·

Weereens skelm met gepaardgaande, algehele onbevoegdheid van amptenare in beheer van die uitbetalings.
Met haar studierigting gaan sy dit nog vêr bring, hoor!

henndrik ·

As ek die artikel reg verstaan studeer sy in ‘n rekenigkundige (finansiele) rigting en ‘n persoon in daardie rigting kan nie vertrou word om met enige finansies te werk met so ‘n rekord nie. want sy het duidelik getoon daar is geen integriteit nie.

Vonkprop ·

So ‘n dief moet tog asseblief net die geleentheid gegun word om haar studies te voltooi. So wat is die straf nou eintlik? As jy uitgevang word of nie, maak nie ‘n verskil nie.

Alfred E Neuman ·

Lyk my n groot deel van die onwettige spandering was op pruike en lipstiffie.

minnie muis ·

sy het dan rekening kunde geleer…. so sy kan nie somme maak nie… dis 30% slaag matriek student seker, en moet nie vertel sy het nie geweet nie, het sy gedink haar atm kaart het n ‘genie” in vryf en dan gebeur wondererke , nee tronk uit , laat haar gemeeskap werk onder armes doen elke dag

SlinkseKoljander ·

Sy sal gevra word om dit nie weer te doen nie, dan sal die ANC haar bedank vir haar samewerking.
Lekker om een van ons mense te wees.

melW ·

Wat ń grap! Sy word steeds ondersteun om haar studies te voltooi?

Elméne ·

Julle moet net in gedagte hou, sy het ongelooflike goeie leermeesters in die regering. En soos hulle met hul bedrog dag na dag kan wegkom, het sy seker gedink dit is haar reg om die geld te spandeer. Die kamtige SA president doen dit, sy kaders doen dit, die munisipaliteite doen dit, so hoekom nie sy ook nie? Bravo ciryltjie, julle is pragtige voorbeeld vir toekomstige leiers!!!

Vernon ·

Wat van Zuma en ander in die regering wat by Staatskaping betrokke is….? Miljarde..hulle loop los rond.

Illa ·

Nee wat – geen simpatie nie. Sy moet maar haar pak vat.
En ek hoop nie sy werk ooit by enige oudit plek waarmee ek te doen het nie – dink net hoe lekker kan sy dan verdoesel.

Corne123 ·

dit die toemomstige minister van finansiesvir ons land onder die anc

Wondermaarnet ·

Rekeningkunde student? Sy kan nie somme maak van wat haar beurs behels nie, maar sy kan duisende mors.

Antoinette ·

“Nchabeleng hoop dat die vonnis die opsie sal insluit om ʼn skulderkenningsooreenkoms met Intellimali aan te gaan en moontlik gemeenskapsdiens te verrig.”

Wat ‘n grap……sy moet boet vir wat sy gedoen het. Wat van die ander studente wat baat moes vind uit die R800 000? Hoe gaan hul nou hul geld kry?

Lillian ·

Sy swot Rekeningkunde en vat steeds geld wat haar nie toekom nie. Wie dink sy gaan haar na hede indiens neem?

Jr ·

Nou hoor ek die dept van Kunste en so voorts wil hê sy moet haar studies klaar maak. My hel hoe dink hierdie mense. Dit is wat die probleem is in SA, geen verantwoordlikheid. Hierdie tipe denke sal seker sy way vind as n paragraaf in Sissie Sisulu se nuwe AFRICANASITY CONSTITUTION FOR AFRICA.

lodewyk ·

N rek student en pleeg klaar bedrog??,maar nou moet die mense haar help om haar studies te voltooi,sy is nou op n swart lys,dus leer maar eerder n ander beroep…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.