Oudstudent weer in hof ná NSFAS-geldblaps

Sibongile Mani het destyds glo meer as R800 000 geblaas nadat daar verkeerdelik R14 miljoen in haar rekening inbetaal is. (Argieffoto)

Die saak teen ’n voormalige rekeningkundige student wat daarvan beskuldig word dat sy meer as R800 000 van die nasionale hulpskema vir studente (NSFAS) geblaas het, word vandag in die streekhof in Oos-Londen voortgesit.

Maroela Media het vroeër berig dat Sibongile Mani, ’n oudstudent an die Walter Sisulu Universiteit (WSU), op aanklag van diefstal teregstaan nadat die NSFAS in Junie 2017 verkeerdelik R14 miljoen in haar rekening inbetaal het waarvan sy glo R818 000 geblaas het. Sy moes inderwaarheid net R1 400 as maandelikse toelaag ontvang het.

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel is wat ʼn balans van meer as R13 miljoen in Sibongile Mani se rekening toon. Foto: Twitter

Die geld is verkeerdelik deur Intellimali oorbetaal, ’n kontrakteur wat die NSFAS se betalings behartig. Dié maatskappy het later self sy blaps, wat glo nooit deur Mani aangemeld is nie, agtergekom.

Mani het voorts glo luukshede soos ontwerpersklere, slimfone, drank en sigarette met haar nuwe fortuin gekoop.

Daar word beweer dat sy nagenoeg R11 000 per dag uitgegee het.

Die saak sloer sedert 2018 en sy is tans uit op borgtog.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

Hoe moeilik kan dit wees ? Lyk vir my na LAW 101.

Winnie

Amazing dat sy soveel geld in haar rekening kry en dit nie agterkom nie. Haar bank is ook skuldig want hulle moes ook dadelik gesien het en ondersoek ingestel het of dit moontlik geldwassery kon wees aldannie.meeste banke laat weet hulle kliente van beweging op hulle banķ rekenings. Iets fishy hier

Baardman

Sy moet maar die geldjies terug betaal en n kriminele rekord kry vir bedrog en diefstal. Geen integriteit.

Riaan

En to “add insult to injury” het sy seker ook haar borgtog betaal met die geld

Nozi

My jinne, shop die girl nog steeds? Ek dog die saak is al lankal afgehandel en verby. Dit moet ‘n baie ingewikkelde saak wees om so lank te kan vat. LOL!!!