Die busbestuurder wat Donderdagoggend in ʼn ongeluk betrokke was, het Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op 10 aanklagte van strafbare manslag.
“Gaurdner Govere (25) sal volgende week Woensdag weer in die hof verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog,” het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê.
Pojie sê 10 mense is in die ongeluk op die N12 oorlede, en nie 11 soos vroeër berig nie. “Daar was 11 lyksakke op die toneel, maar die forensiesepatologie-diens het later bevestig dat twee van die lyksakke liggaamsdele van een persoon bevat het.
Altesaam 18 ander persone is beseer.
Die bus, van Kaapstad, was ongeveer 15 km buite Oudtshoorn toe die busbestuurder beheer oor die voertuig verloor het nadat ʼn motor voor hom glo in ʼn draai vir iets uitgeswaai het.
Govere is in hegtenis geneem ná die uitslag van ʼn voorlopige ondersoek met ʼn senior staatsaanklaer bespreek is. -SAPA
Lees ook:
Busbestuurder vas ná 11 sterf
11 sterf in Wes-Kaapse-busongeluk
Die eienaar moet ook aangekla word, want hoe op aarde kan hy so ‘n jong man (kind) so ‘n verantwoordelike werk gee. Hy het nog feitlik geen ondervinding van motor bestuur opgedoen nie, wat staan nog so ‘n groot voertuig met mense in. ‘n Bus bestuurder moet ten minste 30 jaar oud wees met intensiewe opleiding in die bestuur van ‘n bus.
Ek het al baie agter busse gery op die langpad en jou hare staan orent as jy sien die kanse wat hulle met hulle kosbare vrag neem.
Opleiding, opleiding en nogmaals opleiding om verantwoordelik op te tree, dit is wat kort.