Oudtshoorn-man steel R2 miljoen by munisipaliteit

Oudtshoorn munisipaliteit. (Foto: Wikipedia)

Frikkie van Staden, ʼn munisipale beampte van Oudtshoorn in die Wes-Kaap, is vier jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan bedrog van meer as R1,9 miljoen.

Van Staden (55) was verantwoordelik vir die onderhou van paaie in dié munisipaliteit. Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, is hy in 2017 vasgetrek nadat die Valke se ondersoek daarop gedui het dat hy tussen 2010 en 2014 sy skoonsuster aangesê het om ʼn maatskappy onder haar naam te stig, wat hy dan gebruik het om munisipale kontrakte aan toe te ken.

Dit is glo sonder sy skoonsuster se medewete gedoen, aangesien hy die bedrywighede van die maatskappy oorgeneem het.

“Van Staden is sewe jaar tronkstraf vir korrupsie opgelê, waarvan drie jaar opgeskort is, mits hy nie soortgelyke oortredings in dié tyd begaan nie. Hy is nóg vyf jaar opgelê vir bedrog, maar dié is ook opgeskort vir vyf jaar. Hy sal dus effektief vier jaar agter tralies deurbring,” het Hani gesê.   

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Madz ·

ANC het jou MOOI geleer ou Frikkie! En dan sommer net 4 jaartjies vir 1.9 Miljoen? Well DONE☺

Estelle ·

Ongelooflik hoe selektief vinnig die regstelsel werk as dit kom by bedrog in SA.

Pieter ·

Nou hoekom is daar nog nie een menister van die ANC in die tronk nie.

Blikke ·

Ek sal dit ernstig oorweeg om vier jaar te sit vir meer as 1 900 000.
Kan dalk die moeite werd wees.

Edward Donald ·

Was verkeerd wat Frikkie gedoen het en hy is gestraf daarvoor.
Wat van al die korrupte anc regerings lede wat skuldig is aan soortgelyke optrede. Dié nogal van miljaarde rande van die belasting betalers.
Come on anc. Lets level the playing fields.

jzjz05 ·

Het seker by die ANC geleer om dit te doen.hy is gou gestraf maar waar is die ANC wanneer word Ace ,JZ,en al die ander wie se naame aan ons bekend is vervolg en gevonis

Niklaas ·

Moontlik is dit ‘n nasionale verskynsel. Dis dalks die rede vir Mpumalanga en Suid Vrystaat se vrot paaie, sulke misdade , ons sal groot ondersoeke elders moet loods ook.

Jaco ·

Ek het 2 vrae:
1. Is net geld oorbetaal, of is die werk tog wel ook gedoen? Is die paaie toe wel reggemaak?
2. Wat van BEE? Dié name in die berig klink vir my baie wit. Hoe het hy by BEE vereistes verby gekom? Ek weet Oudtshoorn het ‘n DA stadsraad, maar daardie BEE wet geld oral vir almal.

Surfer ·

Frikkie was seker blank?? Gou gevang, gou gevonnis. ANC lede wag vir jare vir n verhoor of vonnis.

Jaco ·

‘n Ander nuus webwerf het ‘n foto van hom. Hy is nie wit nie. Maar nouja, kleurlinge wat, ironies, slagoffers van apartheid was, word ook maar sleg deur die swart ANC behandel. Hy is seker “not black enough” vir voorkeurbehandeling en kwytskelding. Ek suig nie dié goed uit my duim nie. Selfs Solidariteit en Afriforum was al betrokke in hofsake waar dié diskriminasie en rassisme teenoor kleurlinge en Indiërs beveg is. Met werksaansoeke hoor hulle gereeld “you are not black enough” of “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”.

Boon ·

En gekom is geld nie teruggekry nie? Alle korrupsie vonnisse moet bate beslaglegging insluit.

Pikkie ·

NOU VRA EK MET GROOT SEER IN MY HART!! HOEKOM WORD N’ BLANKE PERSOON WAT OOK BY N’ STAATS-SEKTOR WERKSAAM WAS SO VINNING GEVONNIS EN DIEN TANS TRONKSTRAF UIT VIR DIE KORRUPSIE EN DIEFSTAL!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.