Frikkie van Staden, ʼn munisipale beampte van Oudtshoorn in die Wes-Kaap, is vier jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan bedrog van meer as R1,9 miljoen.
Van Staden (55) was verantwoordelik vir die onderhou van paaie in dié munisipaliteit. Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, is hy in 2017 vasgetrek nadat die Valke se ondersoek daarop gedui het dat hy tussen 2010 en 2014 sy skoonsuster aangesê het om ʼn maatskappy onder haar naam te stig, wat hy dan gebruik het om munisipale kontrakte aan toe te ken.
Dit is glo sonder sy skoonsuster se medewete gedoen, aangesien hy die bedrywighede van die maatskappy oorgeneem het.
“Van Staden is sewe jaar tronkstraf vir korrupsie opgelê, waarvan drie jaar opgeskort is, mits hy nie soortgelyke oortredings in dié tyd begaan nie. Hy is nóg vyf jaar opgelê vir bedrog, maar dié is ook opgeskort vir vyf jaar. Hy sal dus effektief vier jaar agter tralies deurbring,” het Hani gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Wat van Ace?
En wat van die geld???
ANC het jou MOOI geleer ou Frikkie! En dan sommer net 4 jaartjies vir 1.9 Miljoen? Well DONE☺
Ongelooflik hoe selektief vinnig die regstelsel werk as dit kom by bedrog in SA.
Nou hoekom is daar nog nie een menister van die ANC in die tronk nie.