Oudverkeersbeampte kry lewenslank vir moord

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Voormalige verkeersbeampte is Woensdag in die hooggeregshof in Port St Johns, Oos-Kaap, tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie.

Afgesien van die moordklag is Fanele Nxuseka (38) ook ’n verdere 12 jaar gevonnis op aanklag van ontvoering.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sê volgens getuienisse wat in die hof aangebied is, was Nxuseka in ’n buite-egtelike liefdesverhouding met die oorledene.

“Die oorledene het nie vir Nxuseka vertel dat sy MIV-positief was en antiretrovirale behandeling (ARV’s) gekry het nie. Nxuseka het dit te wete gekom en geglo dat sy hom en sy vrou moontlik met die virus besmet het,” sê Tyali.

“Op 24 Mei 2020 het hy na die meisie se huis in die Ngobozana-omgewing, in Lusikisiki, gegaan en geëis dat sy saam met hom kom. Die slagoffer het haar selfoon by haar suster gelos en gesê dat sy dalk nie lewend gaan terugkeer nie.”

Toe die oorledene nie terugkeer huis toe nie, het haar familie na haar gesoek en haar lewelose liggaam met verskeie skietwonde in die naburige Mmangweni-dorpie gevind. Nxuseka is die volgende dag in hegtenis geneem.

“Ballistiese toetse wat uitgevoer is, het die patroondoppies wat op die toneel gevind is, positief verbind met die vuurwapen wat in Nxuseka se besit was.”

Nxuseka se vriend – vir wie hy (Nxuseka) gesê het dat sy meisie tot sy ontnugtering antiretrovirale behandeling kry – het in die saak getuig.

Nxuseka het verkies om nie die getuiebank tydens sy verdediging te betree nie.

Barry Madolo, die Oos-Kaapse direkteur van openbare vervolging, het die vonnis verwelkom en die werk van die aanklaer en ondersoekbeampte geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

domheks ·

Kry vir jou! ‘N buite egtelike verhouding, jy het ‘n vrou!

Philip ·

Hy het n Jacob Zuma op die MIV draer getrek en toe nou nie n voorkomende stort daarna geneem nie .

SjN ·

Stop stop, eks n spietkop, ek het n badge ok en ek gaan jou opf…oeter.

Hasie ·

Wat het daardie vrou gedink om betrokke te raak by getroude man ? And they lived happily ever after??!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.