Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê Joseph Ezekiel Selala is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Volgens Mohlala het Selala (42) sy vervreemde vrou en twee kinders op 7 Desember 2013 in Siyabuswa doodgemaak. “Hy het sy twee kinders doodgeskiet terwyl hulle geslaap het waarna hy na Siyabuswa C gery het waar sy vervreemde vrou gebly het en haar ook doodgeskiet het.”
Mohlala het gesê die polisie verwelkom die vonnis en hoop dit sal familie van die slagoffers toelaat om die hoofstuk af te sluit en vrede te vind.