Oudverkeersbeampte lank tronk toe oor moord op vrou, kinders

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige verkeersbeampte in Mpumalanga is gevonnis vir die moord op onderskeidelik sy vrou en twee kinders.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê Joseph Ezekiel Selala is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Volgens Mohlala het Selala (42) sy vervreemde vrou en twee kinders op 7 Desember 2013 in Siyabuswa doodgemaak. “Hy het sy twee kinders doodgeskiet terwyl hulle geslaap het waarna hy na Siyabuswa C gery het waar sy vervreemde vrou gebly het en haar ook doodgeskiet het.”

Mohlala het gesê die polisie verwelkom die vonnis en hoop dit sal familie van die slagoffers toelaat om die hoofstuk af te sluit en vrede te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.