Oudvoorsitter van Broederbond sterf

Prof. Pieter de Lange. (Foto: Verskaf)

Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, het in reaksie op die dood van prof. Pieter de Lange (93) gesê hy voel geërd dat hy die geleentheid gehad het om sy leiding en insig te kon ervaar en van tyd tot tyd op sy skerp intellek en wysheid kon staatmaak.

Dit kom nadat De Lange, ʼn voormalige rektor van die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) en voorheen een van die invloedrykste voorsitters van die Afrikaner‑Broederbond (AB), Dinsdagoggend in Pretoria oorlede is.

De Lange het maande voor sy dood al met swak gesondheid gesukkel en het ʼn paar weke gelede ʼn beroerte gehad. Hy het in Junie verlede jaar die Afrikanerbond se Eeufeesviering in die Paarl weens swak gesondheid misgeloop.

De Lange was van 1984 tot 1994 die hoof van die AB, en het van 1979 tot 1987 as rektor van die RAU gedien.

Luidens ʼn verklaring wat deur die Afrikanerbond uitgereik is, sal De Lange onthou word vir sy besondere deelname en betrokkenheid in die strukture van die AB en veral vir die eerste interaksie met die ANC deur ʼn gesprek met Thabo Mbeki in 1986 in New York.

Die historiese “Basiese Staatkundige Voorwaardes vir die voortbestaan van die Afrikaner” het daarna die lig gesien as besprekingsdokument van die AB en het die weg gebaan vir die hervorminge wat gevolg het. “Die belangrikste interaksie het egter in 1986 plaasgevind toe prof. Pieter de Lange onder die dekmantel van ʼn onderwyskonferensie van die Ford Foundation in New York ʼn gesprek met Thabo Mbeki gehad het.”

De Lange het destyds met Mbeki gepraat oor die Afrikaner se vrees om in ʼn demokratiese Suid-Afrika sy kulturele identiteit te verloor eerder as die groep se ekonomiese of politieke mag. Volgens Mark Gevisser, skrywer van Thabo Mbeki: The Dream deferred, het Mbeki begrip gehad vir wat De Lange aan hom verduidelik het.

Prof. Pieter de Lange. (Foto: Verskaf)

“Mbeki het self erken sy ontmoeting met Pieter de Lange het iets binne hom geaktiveer. Dit was hierdie vergadering, het hy vir my gesê, wat hom die meeste voorberei het vir sy gevolglike gesprekke met die Nasionale Party-regering – want hy het vir die eerste keer verstaan hoe bedreig Afrikaners was en hoe hulle gerusgestel moes word,” het Gevisser geskryf.

Schoeman sê die “Basiese Staatkundige Voorwaardes vir die voortbestaan van die Afrikaner” het binne die Afrikanerbond ʼn skeiding in die denke oor die staatkundige rigting verteenwoordig. “Dit het die fondament gelê vir die wegbeweeg van diskriminasie en die daarstel van ʼn demokratiese bestel waaraan alle inwoners van die land kan deelneem. Dit het gevolglik ook ʼn beduidende invloed gehad op AB‑lede wat in senior regeringsposisies was.

“Dit was nie op sigself ʼn meesterplan nie, maar het oor baie fundamentele sake die rigting aangedui en aan ʼn relatief dormante proses ʼn hupstoot gegee – die regte dokument op die regte tyd onder die voorsitterskap van prof. Pieter de Lange.”

Schoeman het namens die Afrikanerbond sy medelye met De Lange se vrou, Christine, en sy kinders betuig. “Ons eer sy nagedagtenis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

AfrikaansLiefde ·

Hannah, ‘n man is oorlede, dit is “en!” Maar Prof De Lange word ge–eer vir wat hy gedoen het ook, as Afrikaners kan ons dankbaar wees. Toon ‘n bietjie respek!

Steven ·

Jip, ook ‘n sleutel figuur in die aftakeling van boere (eie) grond vir ‘n pot lensies. De Lange was geheimsinnig konkelend besig soos ons die AB ken, besig om die fondasie van ‘n soewereine land te ondermyn.

Die AB as instansie is aandadig aan hoogverraad nes die politieke leiers van daardie tyd. Vandag sit ons met die meesterplan van De Lange en kie en dis ons wat die prys betaal.

MAAR steeds glo die Afrikaner hierdie fossiel organisasies… ons luister nog steeds na hulle kaf en dan is daar wragtag nog mense soos Schoeman wat lof wil bring vir hierdie groot flater en individu. Die AB het nie die Afrikaner gered nie, julle het julle eie posisies beskerm, en die meerderheid daarvoor geoffer soos ons nou sien met AgriSA se planne, SAAI se nuwe wending (‘n Rubicon oomblik) wat nou skielik die gevaar raaksien – aldus Theo de Jager. Julle is almal kop in een mus en speel lekker saam om die finale spyker in die Afrikaner se oorgawe in te kap. Pasop, julle is nie meer in beheer nie, al dink julle so. Wanneer al die (klein) boere en sake ondernemings vernietig is, kom julle aan die beurt.

Hou die spasie dop, ou Schoeman – ons sal wil hoor wie jy oor 18 maande prys in die proses om die land oor die afgrond te stoot. AB en sy handlangers is in lyn vir ‘n Nuremberg verhoor…

Ben ·

Jy slaan die spyker op sy kop.
Ek het respek vir die heengaan van ‘n oumensie en mag hy in vrede rus en net miskien vandaar regstel wat die AB en kie aan ons gedoen het.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Vingerfoutjie,

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Gert Potgieter ·

Broederbonders het ook maar lekker vir mekaar gesorg. As jy nie destyds lid van hulle was nie het jou ook geen bevordering gekry nie, maak nie saak hoe hard jy gewerk het nie. Al die rektors van daardie era was broederbonders. Dis ook al rede hoekom sy dood die nuus haal. Ek sal nie een van hulle mis nie.

J van Rustenburg ·

Stem saam Gert Hulle het vir hulle self gesorg Die staatskapers van die 70s 80s en 90s Dit maak hom die Ace Magashule van die tyd

CG ·

Hoe naîef tog van die Broeders om te verwag het dat die nuwe heersers hulle aan ons voorwaardes sou steur sodra hulle die mag bekom het. Ons betaal die afgelope 25 jaar die prys daarvoor.

Ramkat ·

Dit is hulle wat ons in die verknorsing het. Stem saam met van die skrywes. My vraag is ook en…..???

Minora ·

Nie een val hulle verdien enige erkenning nie !Narsasistiese verraaiers!

Anoniem ·

As Broederbonder moes jy vir seker vir die Natte gestem het, by Volkskas gebank het en in die voorste 4 rye in die NG Kerk gesit het.

Kerrie Vlam-Skiet Briekstreep ·

.
.
….Brotherhood….Vrymesselaars….so bly die mineraal-regte in die regte hande..maar in ruil vir wat ?

.
.

jaco ·

Dis juis by die Broederbond en die Nasionale Party waar die ANC van “kader-ontplooiing” geleer het. Talle Broederbonders het lekker jobs in die staatsdiens, onderwys en in Afrikaner besighede soos SANLAM en Volkskas gekry terwyl ander wat beter bekwaam was dit nie gekry het nie. En AB lidmaatskap het selfs gesorg vir plekke op die moderature van die 3 Afrikaanse susterkerke.

J van Rustenburg ·

Kader ontplooing en staatskaping by die Broederbond geleer Alle vlakke van ons samelewing beheer Selfs hulle seuns se name op gestuur as hulle diensplig doen om rang te kry Bankbestuurders onderwysers dominees noem maar op Na 94 baie van hulle werkloos want hulle kon nie kompeteer nie Die man was die vader van dit alles

Danie ·

Gaan kyk maar op hulle webblad hoe lyk die logo van die Afrikanerbond dan sien mens waar hulle vandaan kom.

Deon ·

Die BB het baie goeie werk gedoen om Afrikaners op te hef en ekonomies te bemagtig. Maar die tyd het nou vir die AB aangebreek om weer terug te gaan na hul wortels en weer van vooraf te begin. Trek die moue op, kom vorendag met nuwe planne en werk vir die Afrikaners. Asseblief.

Schalk ·

Ja ja broederbond?Jammer julle het begin met regte gedagtes en suiwwr motiewe op St Helena ,maar soos alle organisies magsbehep geraak.Gevolg …julle is net so n verleentheid vir Afrikaners soos staatskapers vir ANC.vorster eerste minister Koos razor blade sy broer Moderator van NG kerk.Sondae moes al die predekante voorkriflike preke lewer om in te skakel by John Vorster en sy party.Ons was so onnosel.Kom uit die kerk praat met familie op ander dorp oor diens dan se hy maar hul dominee selfde preek.Dan raak ek opgewonde want hier is iets geestelik besig om te gebeur.GEESTELIKE TERRORISME broederbond beheerde kerk.Ons het die gemors geglo geestelike verkragters dit is wat julle is en was saam met n vals godsdiens.Bewys my verkeerd sies wat n gemors.Moenie nou verstik nie baue van ons weet.

Anneke ·

10 uit 10 vir jou stelling. Ek stem heeltemal saam. Die punchline bly dieselfde, maak nie saak van jou kleur nie. As jy eers al die mag het, neem jou menswees oor. Vra nie kleur nie, vra vir gehoorsaamheid aan in beheer wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.