Oudweermaglid wat inligting uitlek kry boete, tronkstraf

(Argieffoto)

ʼn Afgetrede senior offisier van die weermag is in ʼn siviele hof skuldig bevind dat hy die Wet op die Beskerming van Inligting oortree het.

Kapt. (SAN) Bradley Langford Morris (62), ʼn voormalige senior stafoffisier by Verdedigingsintelligensie, is beboet, tot tien maande tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is en beveel om die staat se regskoste te betaal, het Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, gesê.

Morris het ʼn pleitooreenkoms aangegaan. Hierin het hy erken dat hy onwettig sensitiewe en geklassifiseerde inligting aan buitelandse intelligensiedienste, sekere joernaliste en mense in die verdedigingsbedryf uitgelap het.

“Die weermagbevelsraad verwelkom die vonnis wat opgelê is en wil dit weer eens aan alle weermaglede benadruk dat diegene wat soos oudkapt. Morris optree, sonder uitsondering en ongeag rang, posisie of posvlak in die weermag, aan die volle mag van die reg onderwerp sal word,” het Dlamini gesê.

Die weermagbevelsraad sê geen amptenaar in diens van die departement van verdediging mag enige geklassifiseerde inligting sonder toestemming aan die publiek, enige instelling of organisasie, ook die media, bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Militêr "Intelligent" ·

Die groot “geheime” wat hy o.a. verklap het was seker iet soos:

– Die weermag is nie bankrot nie
– Die weermag is nie onbevoeg nie
– Die weermag is gedissiplineerd
– Die weermag is gevorderd en gereed
– Ensovoorts……

marous ·

en hulle het splinternuwe veg vliegtuie , en denel bou wapentuig wat skrik vir niks ens ens

Deneller ·

Marous, actually bou ons wapentuig wat skrik vir niks, maar ek kan jou nie daarvan vertel nie, anders sluit hulle my ook toe… ????

B ·

Ek vermoed die straf is direk eweredig aan die waarde van die inligting wat verskaf is :)

pieter ·

Wat kan uitlek ,niks want daar is niks net korrupsie. Daar is ook nie meer n weermag nie dit is n gewone bootcamp en n besigheid met onbekwame bestuur en werksmense.

Mieke ·

Alle onwettigjeid moet aangespreek word, dis reg so, maar wanneer word finansiele korrupsie aangespreek??????
Ek is lief vir die land, leef goed, maar ek díé geldstelery kry my onder.
Dis miljarde, en hul praat daarvan of dit tiene is…………

SANW ·

Die weermag is glo deesdae so modern en gevorderd. Nuwe rekrute kan dit nou “oor die pos” doen.

Hanlie ·

Al wat by die weermag kan uitlek is watter Generaal ens. weer ‘n vet bonus losgeslaan het vir niks doen nie.

Lou ·

Ek hoop hy het darem n paar rand gekry vir die “sensitiewe” inligting wat hy uitgelek het want hy het nou regskoste om te betaal.
Alhoewel ek kan nie dink dat enige iemand bereid sal wees om te betaal vir enige inligting van die SA weermag nie.

Dereck Le Roux ·

Het die weermag nog iets soos sensitiewe inligting en geheime, in die tyd toe ons nog ‘n funksionele profesionele weermag gehad het was ons almal wat in die weermag gedien het gebind op die wet op amptelike geheime maar deesdae met meer generaals, spoeg generaals en spoeg en plak generaals amper meer as manskappe weet ek nie so mooi nie.
.

Sophia ·

In ons dae sou so ‘n persoon aangekla geword het van hoogverraad! Nou ja, ons is nou nie daar nie, so alles word maar toegelaat behalwe as dit nou ‘n wit persoon was…

Mieke ·

Die naam en van klink vir my maar wit…….
Seker iemand wat netso gatvol soos ons is…….
Wie weet, onwettige “sensitiewe “ inligting en iemand se doppie geklink, óf iemand wat gedink hey hulle kan wegkom met wat for kaders mee wegkom…….
Maar ja, ons weet nie wat díé ware storie is, nè?
Net omdat hy maybe wit is, maak dit hom nie onskuldig nie…….

JohanJ ·

Kom by ons het al van 1994 AF nie meer n weermag nie n klomp paperts ja wat teveel betaal word eindelik wil ek n andernaam noem maar ek het maniere

Pietsnoet ·

Ja wat kaptein gedink jy kom weg met dit jys seker verbind aan n sekere sekte pasop! mense vergeet die bosoorlog is verby ons lewe in die nuwe dispensasie vra al wat siel is ek was ook in SWA maar daargelaat!

Harrie ·

Ag asb tog. …die weermag beteken niks, dalk wou hulle keer dat hy die waarheid praat.

Niklaas ·

Stem saam Sophia. In my dae in diensplig was so iets in ernstig lig gesien en daar was gepraat van lang tronkstraf. Deesdae se weermag is n ligte grap en dis selfs vreemd dat inligting aangevra en ontvang word want niks is eintlik nou van belang nie

AndrewL ·

As ek reg onthou, was daar met die Guptkloof landing ook hoogs veftroulike inligting sommer per e-pos gestuur. Ek wonder watter strawwe daar weggeraak het.

Realis Thailand ·

Die man wie n Kaptein in die vloot was maw n kolonel in die “Army” kan niks uitlek nie want daar is nie meer geheime nie
nSover as wat ek weet behoort hy voor n krygsraad te verskyn het maar hulle is te dom om een te hou
Ek hoop hy word deur mede spioene gehelp om die boete te betaal
As ek kon sou ek ook n bydrae gemaak het.
Hy was n net weer n slagoffer van sy kleur
Wat van die honderde soldate wie jare gelede in Pta kastig gedros het en vandag nog nie verhoor is en nog salaris ontvang

Attie. ·

Ek wensdie weermag het wapenlisensies uitgereik, ek wag ak amper drie maande vir n geweerlisensie by die polisie en die jagseisoen is nou verby. Lekker land die een waar ons woon.

Grassie ·

Watse weermag? Haha, ons sekuriteit kan met hul bantam bakkies die onbekwame weermag aanvat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.