Oudweermaglid wat vrou skiet dán weer in hof

Carine van Staden en Johan Harmse. Foto: Via Facebook

Die voormalige weermagkorporaal wat Carine van Staden in Augustus 2017 ten aanskoue van haar verloofde in spitsverkeer in die noorde van Pretoria geskiet het, sal na verwagting weer Maandag in die streekhof in Pretoria-Noord verskyn.

’n Lasbrief is glo intussen vir Jacob Marakalla (35) se inhegtenisneming uitgereik nadat hy ’n vorige hofverskyning misgeloop het.

Marakalla staan tereg op aanklagte van poging tot moord, roekelose of nalatige bestuur, die versuim om op ʼn ongelukstoneel stil te hou en die rig van ʼn vuurwapen. Hy is destyds op waarskuwing vrygelaat en was nie in aanhouding nie.

Van Staden en haar verloofde dagvaar die minister van verdediging en militêre veterane vir skadevergoeding.

Johan van Staden, Van Staden se pa, sê sy dogter en haar verloofde, Johan Harmse, het siviele eise teen die weermag ingedien vir onder meer trauma, pyn en lyding. Die voormalige weermagkorporaal was destyds aan diens ten tyde van die voorval.

Jacob Marakalla (regs) en sy regsverteenwoordiger voor ‘n vorige hofverskyning. Foto: Tania Heyns

Die siviele saak sal na verwagting volgende jaar aangehoor word.

Van Staden is op 10 Augustus 2017 geskiet toe sy en Harmse van Daspoort op sy motorfiets op pad was na vriende in Montana. Marakalla was glo in ʼn amptelike weermagvoertuig en het Johan se motorfiets skrams getref en weggery.

Die paartjie het die voertuig agternagesit en by ʼn verkeerslig voorgekeer waarna die insittende in die voertuig Van Staden op ʼn kort afstand in die linkerbors geskiet het. Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geword en hy weggery het.

Van Staden is die betrokke aand na die Montana-hospitaal gehaas en moes sedertdien talle operasies ondergaan om die skade onder meer aan haar longe te herstel. Sy sukkel sedertdien met haar gesondheid.

Marakalla se verweer is dat hy destyds gedink het hy word gekaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Het nie woorde nie. As dit andersom was was die persoon toegesluit en borg geweier. Hoop hy word gedagvaar tot in ewigheid met siviele eis. Nie die staat nie, in sy privaat hoedanigheid.

Casper

Sy het agterop die motorfiets gesit en kon hom nie gekaap het nie.Hoekom het hy nie op haar verloofde geskiet nie?As jy net skiet sonder dat jou lewe bedreig word is dit poging tot moord en nie een van hulle twee was gewapen nie.Hy moet nie dink nie want dit is ‘n nuwe ervaring.

Petrus

Wie sal hom in elk geval wou kaap?

Pieter J

Ek dink nie mense moet persone in uniform konfronteer nie veral nie as hulle gewapen is nie. Hierdie mense is onopgelei en dink hulle het alle mag in pag net omdat hy in uniform is.

Louwrens

Die hemel weet dat wat ek eintlik wil se my gat in die tronk gaan laat beland. Dubbele standaarde in die land. Was hy ooit nugter en was hy aan diens ?????