Oudwerker gevonnis wat houtmaatskappy van meer as miljoen besteel

(Argieffoto)

ʼn Voormalige bestuurder van ʼn houtmaatskappy in die Oos-Kaap wat sy werkgewer van meer as R1,4 miljoen besteel het, is 12 jaar tronkstraf vir diefstal opgelê.

Morné Pretorius (38), ʼn voormalige takbestuurder by Supply Five Distribution, het as bestuurder van die onderneming se tak in Port Elizabeth gewerk. Volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het Pretorius se pligte ingesluit die bestuur van verkope, bemarking, die uitreik van fakture en voorraadbeheer.

“Tussen Januarie en Desember 2018 het Pretorius voorraad ten bedrae van R1 479 521 gesteel om sy eie onderneming genaamd Ubuntu Supply op die been te bring. Hy het ook voorraad van Supply Five Distribution gesteel en aan die publiek verkoop in ʼn poging om sy eie onderneming te finansier,” sê Ngcakani.

Marlene Bradnick, algemene bestuurder van Supply Five Distribution, het in Augustus verlede jaar getuig dat die diefstal die onderneming op sy knieë gedwing het en die maatskappy gedwing was om sy tak in Port Elizabeth te sluit.

Dit het boonop tot die aflegging van plaaslike werkers gelui.

Pretorius het in die handelshof skuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Renier ·

“Dit het boonop tot die aflegging van plaaslike werkers GELEI. “ En dít in ‘n era waar werk so moeilik bekombaar is…

Jack ·

Vir die paar rand so lank. Jy kry nie eers vir moord daardie straf nie. Wat gaan aan. Ons sal almal onsself moet groen verf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.