Oudwerker val glo egpaar op plaas aan

Argieffoto

James (66) en Isabella (57) Allen is Sondagmiddag op hul plaas, Rietgat, in die Hennenman-distrik in die Vrystaat aangeval.

Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het tussen 13:00 en 13:30 plaasgevind.

“Die egpaar het na bewering in hul sitkamer gesit en besluit om middagete in die kombuis te gaan eet. Twee mans was reeds binne die kombuis, een met ʼn mes en die ander met ʼn knopkierie gewapen,” het Khosana gesê.

Volgens hom het die aanvaller met die mes die vrou in haar bo- en onderarm gesteek en die aanvaller met die kierie het die man geslaan. “Hy kon daarin slaag om die kierie by die aanvaller af te neem en hom terug te slaan. Die verdagtes het toe te voet van die toneel gevlug sonder om enigiets te steel,” het Khosana gesê.

Volgens Khosana is een van die verdagtes glo ʼn voormalige werknemer van die plaas. “Ons vermoed hy kon daarin slaag om die honde voor die aanval toe te sluit omdat die honde gewoond is aan hom.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot huisroof.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het 14:20 by die toneel aangekom. Die man was volgens haar gering beseer en wou nie na ʼn hospitaal vervoer word nie. “Die vrou is reeds voor ons aankoms by die toneel na ʼn nabygeleë dokter vervoer. Sy het matige beserings opgedoen.”

Volgens Khosana is die vrou weer terug by die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ouma ·

Rêrig? Roof as jy met ‘n mes kom en dit gebruik en ook ‘n knopkierie. Dit is minstens poging om ernstig te beseer of poging tot moord.

honourable member ·

Ja kyk hierdie goed het geen lojaliteit nie. Sterkte aan die mense en beveilig julle self hy gaan verseker terugkom met baie maatjies.

willie ·

“die polisie ondersoek ñ saak van poging tot huisroof”!
Magtag dit moet mos wees poging tot moord! Wys jou net die dubbel standaarde, was dit omgekeerd was die boer en sy vrou nou al agter tralies!

Yebo ·

Janee as die oom homself verdedig het was hy VERSEKER in die tronk vanaand .. Hulle mag jou kom aanval met enige wapen en ‘n saak van HUISROOF word oopgemaak, skiet jy terug word daar ‘n saak van MOORD teen jou geopen, maak jy hom net skrik is dit POGING tot moord, skielik is die aanvallers die untouchables!

Blits ·

Met n mes in die bo arm en voorarm gesteek, Ek sou sê daar moet n poging tot moord ook ondersoek word en aanranding met die doel om ernstig te beseer, ek glo nie hulle wou vir die tannie n tatoo van n rosie gee nie en glo ok nie hulle was tatoo kunstenaars nie, en ek glo ook nie hulle wou net n vlieg op die oom se arm dood slaan nie

Nou net poging vir huis roof? REGTIG

@Blondie ·

Alhoewel ek met jou saamstem oor honde in die huis, moet jy nie vergeet dat die werker die honde GOED Geken het nie . hy sou by hulle verbyloop en hulle nog gevryf het ook.

Piet Pompies ·

Gisteraand was daar ‘n program op Carte Blanche oor wapens wat deur ‘n lid van SAP verkoop is. Die wapens is op beslag gelê gedurend misdaad optrede en vir bewaring gehou onder die man se toesig. So is die wapens weer verkoop aan misdadigers en vir ‘n 2de keer op beslag gelê. Oor ‘n 1000 mense is dood agv die wapens en is florensies bewys dat die wapens 2 keer op beslag gelê is.

Werner ·

Kan nie glo daar is nog boere wat ongewapen rondloop nie wanneer gaan ons leer al is dit in jou huis dis hoe ek en my vrou dit doen jy nêrens meer veilig

Riana ·

Saak van poging tot huia roof word ondersoek…. wat van poging tot moord?

Hannes ·

Roof met verswarende omstandighede ( in die geval met n mes) is n baie ernstiger misdaad as poging tot moord. V ir roof met verswarende omstandighede is daar n voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar wat nie die geval is vir poging tot moorf nie. Wet op minimum vonnisse van 1997.

Oom Kalahari ·

Nou-ja toe, dan is hierdie oom nou heel verbaashoe sake deesdae saamgestel word. ‘N knapie word net skrik gemaak deur in doodskis te sit en hier word die vrou deur skerp voorwerp aangeval en doen beserings op en die man word ook met ‘n wapen aangeval om ernstige beserings te veroorsaak en is net poging tot roof. Wat van ongemagtigde betreding, aanranding met doel om erstig te beseer, poging tot moord en diefstal. Hhhhhmmm…….ja swaer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.