Twee voormalige werkers van Fidelity Security Services is die afgelope naweek in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in verskeie transitorooftogte, waaronder ’n rooftog wat in Oktober verlede jaar in Soshanguve, noord van Pretoria, plaasgevind het.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het na bewering gedurende hul tyd by Fidelity belangrike inligting oor geldwaens se bewegings uitgelap wat tot aansienlik meer transitorooftogte in Gauteng gelei het.
Die verdagtes is onlangs met die betrokke transitorooftog in Soshanguve verbind en is Vrydag in hegtenis geneem is.
Die verdagtes, onderskeidelik 30 en 39 jaar oud, sal na verwagting vandag in die Soshanguve-streekhof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Hulle is honger vir geld voor Krismis!
Daar was so ‘n tyd gelede ‘n program op Carte Blanche waar dieselfde maatskappy se werknemers pin kodes van alarm stelsels aan inbrekers verskaf sodra die huis eienaar op vakansie vertrek. Ons het kameras in die huis installeer wat begin opnames maak indien hy bewegings optel. Die opnames word by ‘n eksterne stelsel gestoor. Beeld is duidelik en in kleur, ons het toegang tot die kameras op ening plek waar daar data toeganklik is.
Daar is lankal bespiegel dat daar van hulle eie mense betrokke is nou is dit bevestig.Hoeveel is daar nog wat inligting”verkoop”.Dink hulle nie aan die moontlike lewensverliese nie.
Hoe dan nou anders..
Arme Wahl Bartmann…