Ouer doodgeskiet wat glo kaping wou keer

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

ʼn Man is Dinsdag buite ʼn skool in Protea Glen, Soweto, doodgeskiet toe hy glo ʼn voertuigkaping probeer keer het.

Die voorval het Dinsdag omstreeks 14:00 buite die Faranani Primary School plaasgevind. ʼn Groep verdagtes het glo ʼn voertuig wat leerlinge by die skool gaan afhaal probeer kaap. ʼn Ouer van die skool het glo probeer om die kaping te keer en is hy deur een van die verdagtes doodgeskiet.

Die voorval het voor die skool se hoofhek plaasgevind, ten aanskoue van leerlinge en personeel. Die polisie ondersoek die voorval.

Matome Chiloane, nuut aangestelde LUR vir onderwys in Gauteng, sal Woensdag die skool besoek.

“Ons wil graag ons innige meegevoel betuig met die familie van die dapper ouer wat sy lewe verloor het in ʼn poging om hierdie kriminele daad te voorkom.”

Die Gautengse departement van onderwys sal beraders na die skool stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Delia ·

Hier gaan ons alweer…jammerte…..beraders ens ens.
So moeg vir daai woorde..
Dit bring nie hierdie pappa terug nie.
En die mense met die Mag en fondse om iets hieraan te doen, dink ek gee regtig om nie en verryk net hulle self en hulle egos is te groot om saam te gaan sit en met almal hande te vat om die probleem aan te spreek.
Ek weet net nie meer nie.
Soms weet mens net nie meer nie.
My woorde is nou op

PersHeks ·

Jy stel dit so mooi Delia! Soms is daar net nie woorde nie!

Cindy ·

ai, so jammer vir die man se geliefdes, en almal wat hierdie moes aanskou :(

Dries ·

Geen respek vir n lewe nie. Maar sodra die skuldigdes gevang word, verwag hulle respek van die wetstoepassers en howe.

Casper ·

“ONS INNIGE MEEGEOEL GAAN NIE KOS OP SY FAMILIE SE TAFEL SIT NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.