Ouer klap glo onnie buite klas

Die ma was glo vies omdat die betrokke onderwyseres haar kinders huis toe gestuur het, nadat hulle laat by die skool aangekom het (Foto: Skermskoot)

Die onderwysdepartement in Noordwes het sy misnoeë uitgespreek oor ʼn voorval wat by Phera Primary School digby Mafikeng plaasgevind het, waar ʼn ouer glo ʼn onderwyseres aangerand het. ʼn Video van die voorval, wat wys hoe die ouer die onderwyseres buitekant ʼn klaskamer slaan en dan so hard stamp dat sy op die vloer val, word op sosiale media rondgestuur.

Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het bevestig die voorval het verlede Maandag buite ʼn gr. 6-klaskamer plaasgevind.

“Die 53-jarige onderwyseres, wat langer as tien jaar ervaring in die onderwys het, is glo deur ʼn ma van die skool aangerand. Die ma het twee kinders in onderskeidelik gr. 4 en gr. R,” sê Malindi.

“Die ma het na bewering die week voor die voorval gekla dat dié onderwyseres haar kinders teruggestuur het huis toe, nadat hulle laat by die skool opgedaag het.”

Malindi sê die departement het die klagtes ondersoek en bevind dat die twee leerders se name nie die genoemde dag op die register verskyn het nie en dat hulle dus nooit by die skool opgedaag het nie.

ʼn Saak van aanranding is teen die ma aanhangig gemaak.

Die departement het ook ʼn span sielkundiges gestuur om berading aan onderwysers en leerders by die skool te bied.

Mmaphefo Matsemela, LUR van onderwys in Noordwes, het die ouer se gedrag veroordeel.

“Ek is verontrus oor die voorval en die optrede van hierdie spesifieke ouer. Ons onderwysers is bakens van hoop en moet as sodanig behandel word. Hulle speel ʼn sleutelrol in die opvoeding van ons samelewing,” het Matsemela gesê.

“Die departement pleit by die ouers en die samelewing om onderwysers eerder te beskerm en hulle nie skade te berokken nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Wel ten minste is die Onderwyseres ten gunste van dissipline. 10 uit 10 vir haar. Hoop daardie ongeskikte ongedisiplineerde vrou/ouer word aangekla vir aanranding. As sy dit met ‘n onderwyseres doen, wat doen sy nie aan haar arme kinders nie!

Piet

Die ouer het geen reg vir daardie optrede nie, sommige onderwysers het egter dit nodig om die realiteit te ervaar as hulle te hoog begin vlieg met hulle magspel……

Hester Wilhelmina

En altyd staan daar iemand reg om dit op te neem…nog laaaank voor daai klap opgeline is…

deHAS

Ek het ook ‘n probleem om kinders wat laat is terug te stuur, want nou het jy kinders in die straat.

Androclus

dis blote ongeskiktheid,dit terwyl die kinders fout was,drosters