Ouer vas wat glo onnie aanrand

ʼn 40-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo Vrydag haar seun se onderwyseres aangerand het.

Die voorval het by die Leema Primary School in Tlhatlaganyane buite Rustenburg in Noordwes plaasgevind, het kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Daar word beweer die 52-jarige onderwyseres was in die geselskap van twee kollegas en op pad om die skool se perseel binne te gaan toe sy die verdagte by die hek gesien het.”

Volgens Tselanyane het die verdagte die onderwyseres daarvan beskuldig dat sy haar kind sleg behandel het. “Sy het glo aan die onderwyseres gesê dat sy haar ʼn les sal leer. Die onderwyseres het glo nog probeer verduidelik dat sy nie kinders sleg behandel nie toe die verdagte haar met ʼn sambreel begin aanval het.”

Die onderwyseres het beserings aan haar kop en hande opgedoen. “Die verdagte het van die toneel gevlug en die slagoffer het die skoolperseel binnegegaan voor sy na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling.”

Tselanyane het gesê die polisie is na die toneel ontbied en was nog besig om verklarings af te neem toe lede van die gemeenskap die verdagte na die skool gebring het.

Die vrou is daarna in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Mogwase-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die slagoffer is Mpuseng Sepotokele, ʼn gr. 3-onderwyseres.

Tlhalefang Sepotokele, Mpuseng se seun, het gesê sy ma is in die Ferncrest-hospitaal in Tlhabane opgeneem.

ʼn Foto wat Sepotokele se beserings wys, is intussen wyd op sosiale media versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Stretch ·

Nog nie liberaal genoeg na die regering se sin. Is die sambreel ok?

Adrian ·

Ja wil mos … het seker gesukkel om sambreel oop te kry toe piets sy per ongeluk die ouer

Chris Ws ·

Ek hoop van harte daai ouer kry tronkstraf.Al is dit net 12 maande.Daai ouer moet maniere geleer word!Maar ek weet sy was al voor die naweek uit op borg al word niks hier gemeld nie!Dis ‘n jammerte.

Irene ·

Ag twak nou weer a nuwe ding. Sluit ouer toe tot saak voorkom en skors die kind

Johan H. ·

Shame. Se nou die vrou is n saaasa grant ontvanger,miskien n enkel ouer, wat word van die arme aangerande kind?,vreeslik bly ek is nie i regter nie!

Gert ·

As die ouer so op tree se dit net watse huishuoding daai kind groot gemaak word. Sluit toe. Dagvaar haar

jaco ·

Doen our people dan die goed aan our people ook? Hulle is dan vinnig om te sê alle konflik in skole is rasgedrewe en die wit mense se skuld.

LD ·

@Johan H – watse aangerande kind? Dis mos die ouer wat die onderwyser aangerand het…. Ai die ouer moet dalk maniere geleer word. En @Irene – waarom moet die kind geskors word? Dalk wou die kind nie eers gehad het die ma moes die onderwyser gaan sien het nie, die kind is dalk nou baie skaam vir sy of haar ma se optrede….

Johan H. ·

Die artiekel se die kind is sleg behandel, Daarom die wraakaanval deur die kind se ouer, dan bedoel ek ook ek wil nie die regter wees nie,want as sy moet tronk toegaan sit die kind sonder n ouer, inderdaad n moeilike situasie!!

James ·

Die ouer gaan nou weer aan n mediese toestand ly en weg kom.

Linda ·

n Kind het die volste reg om by sy ouer te kla as hy/sy deur n onderwyser geboelie of aangerand word. Die onderwyser moet volle verantwoording aanvaar as sy aangerand word deur n ouer. Ouers is baie heilig en erg oor hul kinders !

Elbiena ·

Linda.Hou op dink soos n kind.Ouer moes dit gaan aanmeld het by skool .Nie soos n skollie optree voor hele skool.wat se voorbeeld is sy vir ha kinders en ander.Arme kind is nou meer getraumatiseer.Wil dalk nou nie meer skool want hy word nou eers geterg en meer geboelie nou deur ander.

Matewis ·

Die kimd het daardie reg, dan het die ouer die reg om dit aan te meld. Die ouer het NIE die reg om ‘n onderwyser fisies te slaan oor dit nie.

C.J. ·

Ai Linda, dit is hoekom dit gaan soos dit gaan in ons skole. Mense wat dink…. die arme bloeitjies word to soooo sleg behandel by die skole. Wat het van ons mensdom geword, om toe te laat dat kinders hulle ouers regeer en ouers liewer vir hulle kinders luister in pleks van vir ‘n ander ouer/volwasse persoon??? Dit is skokkend om die minste daarvan te sê. Jy is jou kind se ouer, nie andersom nie.

Hennie ·

Linda is jy n onderwyseres weet jy wat in die skole aangaan dit wil nie so voorkom nie . Onderwysers is nie daar om kinders maniere te leer nie hulle is daar om die kind te leer om te lees skryf en verstandelike rypheid aan die kind te leer . Onderwys het baie verander doen jouself n guns en gaan sit net een dag in n onderwyser se klas en kyk self wat gebeur

Gwen ·

My kind was geboelie deur ‘n onderwyser. Ek het gaan praat en niks het gebeur nie. Ek was magteloos en my kind bitter ongelukkig. Onderwysers is nie altyd onskuldig nie en ouers nie altyd verkeerd nie. Ek praat nie aanranding goed nie maar miskien het hierdie vrou net genoeg gehad van praat.

Andre ·

Nou hoekom is daar nie n selfoon uitgepluk en clip gemaak en die wereld ingestuur nie

Juffrou ·

Great! Nou kan ons die vakbonde vra om namens ons vir “danger pay” te onderhandel.

toy ·

Sien waar kom kinders se gedrag vandaan. Leer dit by die ouers.

Linda ·

Die mense hier moet net een ding besef. As n onderwyser jou kind in Graad 1 aanrand of in Laerskool, rand sy n weerlose kind aan. So n kind kry n skoolvrees en word n ‘drop-out’ in latere jare. Dis jou plig as ma om iets drasties te doen of om jou kind dadelik in n beter skool te sit. Jy hoef nie skaam te kry nie, jou kind kom eerste in jou lewe !!!

Linda ·

Hahaha ek het haar goed gemoker en n paar space cases op haar kop stukkend geslaan !! Sy slaan dan my kind met n hout leniaal met n stuk staal in oor sy ruggie !

Linda ·

Die ergste van alles was, ek ry in die hoofstraat en sien plakkate teen pale.. Ma slaan onderwyser plat. Ek dog wow nog n ma. Ek koop die Beeld toe is dit ek !!!! en daar is n spotprent van my 4voet 11 duim lank wat n 6 voet juffrou moker hahahaha

Linda ·

Die mense het die snaaksheid raak gesien. Beeld teken dan n spotprent van hierdie klein vetterige vrou (4v11duim lank) wat hierdie massiewe juffrou, seker oor 6 voet, met space cases takel !!! toe ek met haar wou gaan praat toe kom sy vir my en ek gryp space cases wat op die tafeltjies gele het !!!

Linda en haar Engeltjie ·

Ai Linda maar jy is ratse ‘n leeuwyfie! Linda het jou engellammetjie enige iets verkeerd gedoen of net stroopsoet in die klas gesit?

Linda ·

Jy moet vinnig dink as jy n dwerg is en n reuse vrou van 6 voet en meer kom vir jou. Onthou ek kyk op, dus is so n persoon in werklikheid vir my groter as normaal !!! Al wat ek kon sien was space cases op tafeltjies !

Linda ·

Hahahaha ja ek moes n R500 boete betaal het, want ek moes nie na die juffrou se klas toe gegaan het om te praat nie, min wetende sy gaan my gryp !!! Die koerante het my gejag want dit was n groot sensasie gewees !!

Linda ·

Linda en haar Engeltjie, dit was die eerste week van Graad een. Hy is skool toe met n duk bling goue ketting om sy nek, n oorbel in sy oor wat ek laat inskiet het toe hy 2 was, n Fubu kepsie, n ou groot motorolla foon aan sy sy !!! Hy was altyd voor skool n jappie !!!

Linda ·

Die juffrou moes net n briefie geskryf het en gese het hy mag nie so skool toe kom nie, toe slaan sy hom met die hout lenisal met staal in oor sy ruggie

Linda in ‘n Moles ·

Linda jou engel seuntjie moes tog te Cool gelyk het opgedress in sy duk goue ketting, kepsietjie, oorbelletjie en motorolla foontjie aan sy sy op sy eerste dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.