Ouer voor laerskool geskiet

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

ʼn Man is Dinsdagmiddag voor ʼn laerskool in Rivonia in die noorde van Johannesburg geskiet.

Volgens Emer-G-Med is hulle omstreeks 13:52 na Rivonia Primary School in 11de Laan ontbied ná berigte van ʼn skietery. ʼn Pa wat buite die skool vir sy kinders gewag het, is geskiet tydens ʼn gewapende rooftog en ʼn poging om sy motor te kaap.

Volgens paramedici is die man in sy been geskiet nadat hy glo in ʼn struweling met die vermeende kapers betrokke geraak het. Die verdagtes het met sy horlosie gevlug.

Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer voordat hy in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Raymond Bastone ·

Blikkies dit gaan leke in die nuwe SA. Nee Nee kyk die strawwe is te lig

Esmay ·

Elke dag vra mens jouself af: wanneer is dit my beurt!! My huisraad al gepak. My motor gediens. Ons as gesin is reg om Oos kaap toe te verhuis. Maar die eden projek nou doodstil!!!!

Asjas ·

Volgens EWN is hy in die op geskiet? Selfde berig of net baie dieselfde, behalwe die been en kop skoot??

Gerda ·

Vervlaks hoeveelmoet ons nog VAT…!!!!Suid Afrika het nie hierdie regering nodig nie Ons nodig JESUS CHRISTUS ONS LEIER VAN LIEFDE EN GENADE…

Stapskoen ·

My innige meegevoel aan die naasbestaandes. Nou natuurlik ken ek nie die hele storie nie maar ‘n skietwond in die been wat tot so vinnige dood lei beteken gewoonlik dat die hoof slagaar (femoral artery) in die been getref is, met gevolg dat die slagoffer baie vinnig baie bloed verloor. Die bloed verlies veroorsaak dat die persoon in skok gaan en daarna is dit afdraande.

Die Amerikaanse weermag het studies gedoen en gevind dat bloedverlies die nommer een voorkombare rede van sterftes op die slagveld is, en gevolglik is daar toe nuwe produkte/tegnieke ontwikkel wat baie soldate se lewens gered het – onder andere moderne tourniquets (Rotation Compression tourniquets / Combat application tourniquets ) wat bloeding stop wanneer drukking of ‘n verband nie genoeg is.

Nou my punt met die storie is dit: jy kan vir R250 so tourniquet koop, maar mense weet dit nie. Ek wens tog net so dat iemand ‘n bewusmakings veldtog kan doen dat ons mense sulke basiese noodhulp goed kan kry en dit in hulle huise en karre kan begin hou. Skiet en steek wonde is ‘n nare realiteit in ons land, maar vir ‘n klein bedrag kan jy ‘n handvol items koop wat ‘n massiewe verskil kan maak.

Ekke ·

Stapskoen baie interressante en belangerike inligting.
‘n Gewone “tampon” kan ook die bloeding baie effektief stop, of ten minste beheer, indien dit net ‘n ronde patroon wond is. “Plug” net die wond met die “tampon”.

Noodhulp ·

Daar is verskillende drukpunte om bloeding te stop vir verskillende wonde waar iemand kan doodbloei.
Leer watter drukpunte dit is en red ‘n lewe.

Vra Net ·

Ek sien nie waar hulle se dat die man gesterf het nie?
“Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer voordat hy in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling”

Vra Net ·

Tot so vinnige dood lei? Ek sien nie waar hulle se dat die man gesterf het nie?
“Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer voordat hy in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling”

Jean ·

BAIE interessant maar NERENS STAAN DIE MAN IS DOOD NIE, tensy jy nuwer nuus as ons het?

Asjas ·

Baie goeie raad in inligting. Ek het sopas besef dat ek my Noodhulp Tassie in die kar en Noodhulp Opleiding heeltemal moet heroorweeg. Ek sou iemand tydens ‘n motor ongeluk kon bystaan en selfs help met geringe beserings maar dis nie ons probleem in die land nie. Ek kan nie glo waarheen ons oppad is nie.

Chris ·

“‘n Gewone “tampon” kan ook die bloeding baie effektief stop”
Neeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee
Moet asseblief nie n tampon gebruik nie, vrae jouself, waarvoor is n tampon gemaak?
Om bloed op te suig, hoe moet bloeding stop as dit die heeltyd van die wond weg geneem word?

Jan ·

Wat my pla : as die media kon uit”figure” dat skole ‘n sagte teiken is – waarom doen die polisie nie iets daaromtrent nie? Soos die borde langs die pad wat sê ” hijacking hotspot” – hoekom weet almal daarvan behalwe die staat?

Uvonka ·

Baie eenvouding Jan, want die staat sien, glo en hoor net wat hulle wil!

Boertjie ·

Joe, ek stem saam met Pastoor. Selfs as ek gaan petrol ingooi, klim ek uit my kar, en staan so ‘n tree of wat weg. Dit na aanleiding van die hoeveelheid rooftogte die afgelope ruk wanneer motoriste hulle karre laat volmaak. Wanneer jy sit, is jy ‘n sagte teiken. Minimum beweegruimte en totaal weerloos. Staan eerder daai minuut of twee buite jou kar, en wees waaksaam, en maak seker jy weet wat reg rondom jou aangaan.

charlene ·

Goeie genade! Dank die Vader hy het nog net gewag en die kinder/s was nie al reeds in die kar nie, dis vreeslik. Hopenlik het die skool AL die kinders eers binne gehou tot die man na die hospitaal geneem is! Ek lees so baie mense se kommentaar oor dat hy dood is maar nerens in die berig word genoem dat hy gesterf het nie. Ek hoop nie so nie. Ek hoop hy is ok en herstel ten-volle en ek hoop werklikwaar dat geen kiddies dit moes aanskou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.