Ouerbetrokkenheid is deurslaggewend in die sukses van die skoolbeheerliggaamverkiesings wat tans landswyd plaasvind.
Skoolbeheerliggame (SBL) word elke drie jaar verkies en vanjaar se verkiesingsperiode eindig op 31 Maart.
“Ouers en wettige voogde van kinders in openbare skole kan op twee maniere betrokke wees. Eerstens mag hulle hulself verkiesbaar stel deur ʼn benoemingsproses om sodoende tot ʼn beheerliggaam verkies te word. En tweedens moet ouers stem in die verkiesing,” het dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas), gesê.
Deacon het gesê talle skole het reeds nuwe beheerliggame verkies maar een van die grootste uitdagings is dat sommige skole steeds sukkel om ʼn kworum vir die verkiesing te bereik.
“Minstens 15% van stemgeregtigde ouers (10% in die Wes-Kaap) moet die benoemings- en verkiesingsvergaderings bywoon vir die verkiesing om geldig te wees.”
Deacon het benadruk dat staatsinmenging in onderwys ʼn al hoe groter bedreiging word en daarom kan ouers eenvoudig nie bekostig om nie hul stem te laat geld nie. “Ons hoor soveel klagtes van ouers wat nie kans sien om hul kinders na die skool in hul onmiddellike omgewing te stuur nie omdat gehalte-onderrig nie beskikbaar is nie. Openbare skole behoort egter aan skoolgemeenskappe en daarom moet ouers en rolspelers dus ingryp indien die skool in hul omgewing nie na wense presteer nie.”
Ouers se betrokkenheid by hul kinders se opvoeding is nie beperk tot die keuse van ʼn skool nie. Sodra ʼn kind ʼn ingeskrewe leerder van ʼn skool is, rus die onus op die ouers of wettige voogde om toe te sien dat die skool behoorlik bestuur word deur ʼn opgeleide en toegewyde beheerliggaam.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ook ʼn ernstige beroep op alle ouers gedoen om daadwerklik by dié verkiesings betrokke te raak.
“Dit is baie belangrik dat ouers aan hul kinders se skoolbeheerliggaamverkiesings deelneem. Hulle moet ook ingelig wees oor die kandidate wat hulself verkiesbaar stel. Ouers moet nie skroom om hulself vir die verkiesing beskikbaar te stel nie, aangesien die sukses van ʼn skoolbeheerliggaam afhang van die kundigheid van die persone waaruit dit saamgestel is,” het Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, gesê.
Wat die nuutverkose beheerliggame betref, Fedsas begin met ʼn landswye opleidingsprogram in die tweede kwartaal van hierdie jaar. “Die organisasie is ook die omvattendste bron van inligting, hulpbronne en regskennis wat skoolbeheer en -bestuur betref. Nuwe skoolbeheerliggaamlede word met raad en daad bygestaan om hulle toe te rus om hierdie uiters belangrike taak suksesvol uit te voer,” het Deacon gesê.
- Fedsas se omvattende inligtingsveldtog rondom die SBL-verkiesing sluit ook in die ontwikkeling van twee webtuistes waar ouers en ander rolspelers inligting oor die verkiesing en die rol van beheerliggame kan kry. Die webtuistes is in Afrikaans en Engels en is beskikbaar by www.schoolelections.co.za en www.liefvirmyskool.co.za.
So pragtig op papier….so edel in bedoeling…….so absoluut verrot in die praktyk!!
Skole kon na 1994 gladnie meer self regkom toe die wit leerkragte weg is nie.
Ag nee wat. Dis mos nou die grootste spul twak wat ek al ooit gelees het!. Wys my ‘n pa/ma wat vir die greater good van die skool staan en ek sal jou sommer dadelik sê: jy lieg soos ‘n gigaba.
Ouera staan om sussie/boetie te bevoordeel. Ouers staan want sussie wil 1ste span speel maar jis sy het net nie die skills nie. Al uitweg is dus vir mammie om haar kniee bebloed te kruip. Siedaar sussie is in. Ouers staan want boeta is hel stout maar hoofseun moet hy word. En siedaar boeta is hoofseun!
Ag nee man moet ons asseblief nie ‘n pampoen probeer rol met mooi woorde nie. Almal weet dis hoe dit werk en al vir jare gewerk het. Dis ‘n gegatkruipery van epidermiese proporsie!
Poplap
Ek Stem 100% met jou saam vandag kom niemand nerens sonder gatkruip nie.
Werk jou gaai af se hulle Leer jou gaai af se hulle doen net jou beste en jy sal bo uitkom.
NEEEE in die land moet jy knee deur kruip om iewers te kom.
Dank Vader van genade ek het nie kinders nie.