Ouerpaar bly hoop ná seuntjie byna verdrink

Liam Fraser-Bothma. Foto: Facebook

Liam Fraser-Bothma. Foto: Facebook

ʼn Eenjarige seuntjie se ouers hoop steeds op ʼn wonderwerk, meer as twee maande nadat hy byna verdrink het.

Liam Fraser-Bothma van Fourways, Johannesburg, het op 9 Junie amper in die bad van sy ouerhuis verdrink. Hy is na die Garden City-hospitaal in Johannesburg gehaas waar hy sedertdien aansterk. Hy is egter tans weer in ʼn kritieke toestand en sukkel met sy asemhaling.

Liam se ouers, Sean en Natalie, hou lede van die gemeenskap op hoogte van hul seuntjie se toestand op ʼn Facebook-blad. Liam het goeie vordering gemaak sedert hy in die hospitaal opgeneem is, maar is sedert Woensdagaand weer in ʼn kritieke toestand.

“Hy sukkel om genoeg suurstof te kry,” het die familie op Facebook gesê. Liam se suurstofsaturasievlakke was baie laag en is hy onder meer aan ʼn ossillator gekoppel en stikstofoksied toegedien om sy bloedvate oop te maak.

“Nege weke vandag – hoe groter die geveg hoe groter die oorwinning. Die familie is baie broos en moeg, maar terselfdertyd sterk en voel moed in die Here. Vertrou, glo, hoop, veg en prys,” het familie Donderdag gesê.

Die dreineringspyp uit Liam se longe is reeds vroeër verwyder en X-strale het gewys dat sy longe reeds baie herstel het. Liam het ook al sy kop beweeg, maar was nog nie wakker nie. Hy het ook al in ʼn stadium vir kort rukke self asemgehaal.

Liam se ouer broer, Jean, is op 1 Januarie 2014 dood toe hy deur ’n vullisvragmotor raakgery is by ʼn vakansieoord in Limpopo terwyl hy fietsgery het, het Die Pos berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Marianne ·

?Here hierdie prag baba le op U skoot. U is almagtig ons kniel voor U en in betraande smeek gebede car ons BRING HOM TERUG NA SY OUER HUIS.
U wil is nie ons wil nie. God ons Vader wees genadig. Amen.

charlene ·

Aan die Mamma: Hoe doen jy dit? Ek sal mal word en sal letterlik mal word, eers jou een kind so aan die dood afstaan en nou nog jou baba wat so in die hospitaal is. Julle verdien dit nie, glad nie. Van een mamma na `n ander mamma bid ek my hart uit dat God jou seun sal gesond maak en dat jy hom binne kort kan huis toe neem. en ons glo daar sal geen breinskade wees. Sterkte aan die ouers.

Francie ·

Mag julle in hierdie tyd die Here se liefde, vrede en almag in totale volheid leer ken.

mienkie ·

Ek ken die ouers, ek wil graag sê ek het nog nooit ñ pa en ma met soveel moed en geloof ontmoed nie, sterkte Nat en Sean, mag die Here julle vashou en staande laat bly…..

Wilmien ·

Liewe Heer, wees asseblief met klein Liam en ook sy ouers. Ons weet dat by U niks onmoontlik is nie.
Sterkte aan die ouers

Inge ·

Hoe tragies dat een familie soveel moet deurgaan! Ek wens hulle alle voorspoed toe en hoop uit my hart uit dat alles sal reg verloop.

ina ·

Ek wil net se sterkte vir di ouers By God is niks onmoontlik ni Ek. Bid vir jul en glo met my hele hart klein Liam sal gou sy ouself wees weer

M ·

By Hom is als moontlik. Heer, help asb hierdie pragtige seuntjie en as dit U wil is dat hy gesond sal word. Wees so ook met sy mamma en pappa deur hierdie tyd. Ek bid dit in Jesus naam. Amen

Verward ·

Dis hartseer. Wst doenn 1 jarige kind alleen in n bad met water.

Wat-ek-lees ·

Verward, daar is alreeds kommentaar verwyder waarop ek geantwoord het van enetjie met dieselfde houding as jou kommentaar.

Poplap ·

Ek rapporteer jou kommentaar omdat dit ongevoelig is. Dis jammer dat jy jou menslikheid inboet met onvevraagde kommentaar.

Sandra ·

Verward, mense soos jy is uiters ongevoelig.Ongelukke gebeur, baie sterkte aan die familie.

Poplap ·

Julle is werklik despicable mense met die vinger wysery. ‘n Ongeluk gebeur in ‘n oogwink. Hoe durf julle so voorbarig wees om hierdie mense wat reeds huil te treiter. Sies skaam julle.

Wat-ek-lees ·

Uitstekende goeie vrae Anna. Jy moet sommer ook vra waar was hulle toe die vulliswa hulle ander kind doodgery het. Nee-wat Anna, dit lyk vir my asof omstandighede buite die ouers se beheer hier ‘n deurslaggewende rol gespeel het. Dalk net dalk was daar iets anders wat hul aandag moes geniet en is die kind net vir ‘n oomblik alleen gelos, die kind het gegly in die bad en die kop gestamp op die bad se kant en stil onder die water gegaan. Min mense besef dat ‘n baba in ‘n emmer met bietjie water kan verdrink en het dit dan ook so gebeur.
Indien die kind in ‘n swembad geval het dan was dit blatante nalatigheid.
Jou kommentaar is werklik nie nodig. Mag ons ander wat jou Anna insluit, ‘n les hieruit leer.

Amanda ·

Verward. Nee! Glashuise! Klippe! Ek het regs langs my dogter in die swembad gestaan toe sy vooroor geval het in haar ringetjie en haar kop onder die water en bene bo was. Ek het gou my kop gedraai om te kyk wat my seun doen.

angelene ·

Baie sterkte vi Julle ek bid vi Julle hou net an glo di Here sal saam Julle wees,eks self n mamma en wil ni eers da an dink as da it’s mt my kids mut gebeur ni,en onthou God gives the hardest battles to His strongest soldiers dink aan Julle xoxo

Deona Everitt ·

Ek voel baie hartseer en voel vir julle want dit kan nie maklik wees nie. Ek kan net nie verstaan hoe dit gebeur het nie

Windsong ·

Deon, n ongeluk gebeur so vinnig, mens verstaan nie ongelukke nie, daar is niks om te verstaan, dit gebeur in 1 oogwink, en niemand is gevry waar nie. Ek bid vir julle en seuntjie,,ons Liewe Vader by U is alle dinge moontlik, U se in die woord laat die kindertjie nie verhinder word nie, bring hul na My toe, ek sit Leam in U arms, want U is n Waaragtige Vader, n Vader van U WOORD, U kry seer, en U sien die seer in hierdie ouers, bring hul seuntjie, ongedeerd terug na hulle toe, Amen!

Vince ·

…klink my die kind het brein skade…nes Michael Schumacher wat al hoe lank “slaap”. Soms is dit beter om maar die lewens- stelsel maar af te skakel en laat die natuur sy gang gaan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.