Ouerpaar van Springs-gruwelhuis gevonnis

Die pa nadat hy gevonnis is. Foto: Mariné Lourens/Maroela Media

ʼn Ouerpaar van Springs aan die Oos-Rand wat hul vyf kinders jare lank mishandel het, is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis.

Die kinders is deur hul pa mishandel, gemartel en selfs seksueel aangerand. Regter Eben Jordaan het die pa tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting, 10 jaar vir poging tot moord, drie jaar tronkstraf vir poging tot regsverydeling, een jaar tronkstraf vir die verhindering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer, 35 jaar tronkstraf op die vyf aanklagte van kindermishandeling, 25 jaar tronkstraf op die vyf aanklagte van kinderverwaarlosing, vyf jaar tronkstraf vir dwelmhandel en drie jaar tronkstraf vir dwelmbesit.

Van die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word wat beteken die pa is tot effektief 35 jaar tronkstraf gevonnis. Die pa het ná vonnisoplegging aan die media gesê hy gaan teen die vonnis appelleer.

Jordaan het gesê hy beskou die ma nie as ʼn geskikte kandidaat vir gevangenisstraf nie en het al die aanklagte teen haar saamgevoeg vir vonnisoplegging. Sy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat in die geheel opgeskort is op voorwaarde dat sy nie ʼn misdryf pleeg nie en dat sy sielkundige behandeling moet ondergaan vir so lank as wat ʼn sielkundige bepaal.

Die ma nadat sy gevonnis is. Foto: Mariné Lourens/Maroela Media

Die ma is vroeër skuldig bevind op vyf aanklagte van kinderverwaarlosing, regsverydeling, die verhindering van polisiebeamptes om hul pligte uit te voer en dwelmgebruik. Sy is onskuldig bevind op die res van die aanklagte waarop sy tereg gestaan het, wat poging tot moord, die vervaardiging en besit van springstof, die handeldryf van dwelms en kindermishandeling insluit.

Die pa is in 2014 in hegtenis geneem nadat hy sy vrou en vyf kinders jare lank gemartel en mishandel het en hulle sedert 2005 as “gyselaars” in die berugte gruwelhuis in Springs aangehou het. Die man se gru-dade het aan die lig gekom toe sy seun in Mei 2014, toe 11 jaar oud, daarin kon slaag om uit die huis te ontsnap. Hy het hulp by die bure gaan soek en die polisie is ontbied.

Jordaan het in sy uitspraak daarop gewys dat die ma ook jare lank onder fisieke en emosionele mishandeling en aanranding deurgeloop het en ook verkrag is. Hy meen sy ly aan mishandelde-vrou-sindroom weens die mishandeling en het dwelms gebruik om haarself beter te laat voel. Jordaan het egter beslis hy is nie oortuig dat die ma niks kon doen om haar kinders se lewens te verbeter terwyl haar man nie by die huis was nie.

Die hof het tydens die verhoor die besonderhede van die mishandeling van die vrou en kinders gehoor, onder meer hoe die ouer kinders met ʼn kierie geslaan en ook by tye met ʼn blaasvlam gebrand is. Daar is ook met ʼn gaspistool op hulle geskiet. Die seun en die meisie het getuig hulle is byna elke dag aangerand as hulle nie die huis sou skoonmaak nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Rooikop ·

Hy en sy moes lewenslank gekry het ……………….. straf hopeloos te lig …………

Petro ·

Stem 100% saam. En hulle wonder hoekom misdaad buite beheer is.

Thea ·

ag n nee sy hoort ook in die tronk, sy kry net klappie op die handjie
sy is net so skuldig as die pa. sy moes haar kinders beskerm
as die kind kon ontsnap. kon sy ook n plan maak
as sy so mishandle was hoekom het sy hom in die gevangenis gaan besoek
slim regspan
maar sy en haar kinders en man weet wat het regtig gebeur

Chanèl ·

Ek verstaan nie hoe sy dwelms kon bekom, maar nie hulp kon kry vir haar kinders nie!!!

Dis so hartseer dat daai kindertjies dit moes deurmaak!

JP ·

Die “ma” moet ook tronk toe! Sy was net so deel van dié soos die “pa”

Genieve ·

Die kinderverkrater se gesig is gewys nou hoekom hulle gesigte verberg straf is te lig wat gaan met die geregstelse aan gooi altwee in die tronk en klaar want hulle hoort daar.

treurgrond ·

Die ma is vry nadat sy haar kinders vyf jaar lank laat deurgaan het – sy kon dit al lankal gestop het lankal lankal lankal lankal – en nou is sy vry en kan dit weer aan ander kinders laat doen. nee man glad nie regverdig nie

Bets ·

Moetnie vir my sê sy kon nie sorg dat haar huis skoon is nie. Die arme kinders moes skoonmaak. Die welsyn moes n saak teen haar maak vir die vuil en ongesonde omstandighede waarin die kinders moes leef.

Meisiemens ·

Om die identiteit van die kinders te beskerm, dis hoekom…

Bets ·

Daar was geld vir hom vir netjiese klere, mooi armhorlosie, armkettingkie, maar sy gesin het in fodde geleef. Daar was nie eers na hul tandjies omgesien nie

Borrie ·

Sy is net so skuldig soos hy. Enige ma wat toelaat dat ‘n man dit aan haar kinders doen is nie die naam “Ma” werd nie!

vra net ·

Kan Maroela media asb die redes wat aangevoer is deur die regter waarom die ma slegs ‘n opgeskorte vonnis ontvang het van die hof oorkonde af verkry en dit berig?

Elvira ·

Hierdie regstelsel ?????? Maak nie saak aan watse sindroom daai ma ly nie sy het baie kanse gehad om die polisie te bel. Sys net so skuldig soos haar man.

regtig ·

35 jaar vir die pa? Okay nie sleg nie en hy is boe 40. Maar die ma kry net mooi niks. slap on the wrist. belagtig. Sy was geen voorbeeld nie en kan nie alles op die man blameer nie. ‘n slegte ma is erger as n’ slegte pa, want die ma sielkundig het ‘n sterker band met haar kinders van voor geboorte. Sy het niks gedoen om haar kinders te beskerem nie en sy loop vry. gee sommer die kinders terug vir haar en maak wolf skaapwagter. Belaglik

Landi ·

Sjoe ons regsstelsel is nie vars nie, 10JAAR VIR VERKRAGTING VAN JOU EIE DOGTER!!!!! Komaan man, goeie genade dis sy kind en hy kry 10 jaar. Regtig waar ek dink ipv dat mense staat ek goed afbrand oor twak is dit tyd dat iets aan die srafwet gedoen moet word. Die ma hoort ook in die tronk, ek voel net al was sy hoe ongeletterd en mishandel, kon sy lankal n plan gemaak het om haar en haar kinders te beskerm. Ek is bitter teleurgesteld in die uitspraak

Solas ·

@Landi, ek was net so omgekrap soos jy daaroor. Dit is absoluut onaanvaarbaar.

Stuiwer ·

Ek hoop die “pa” se apél is onsuksesvol. Ek hoop hy kry nooit borgtog nie.
Die “ma” het te lig daarvan afgekom. Sy het die simpatie kaart gespeel. Ek hoop sy word nie toegelaat om ooit weer haar kinders te sien nie.

AW ·

Yes, you have the Right to Appeal your conviction and or sentance, However I Pray that the Appeal Judge will increase your sentence!!!

Avra ·

Lewens lank is 25 jaar en die pa het 35 jaar gekry. Waarom al die tonkstraf vir elke oortreding as dit gesamentlik uitgedien word….

Johanna ·

Ai ne! Die ma kom lig af. Hoop nie die kinders word weer terug aan haar besorg nie. Sy is nie bevoegd nie. !

Theresa B ·

As jy alles bymekaar tel is dit 92 jaar. Aangesien die doodstraf nie werk nie, moes hulle altwee daardie 92 jaar net so uitgedien het. Die ma het te lig daarvan afgekom. Heerlik kan sy met haar lewe aangaan. Hy dien 35 jaar uit waarvan hy nog afslag gaan kry “vir goeie gedrag” soos KD dit noem. DIT IS N BELAGLIKE VONNIS!!!

Olga ·

@Gert ,om die kinders se identiteit te beskerm word hul gesigte nie gewys.

Bets ·

Volgens die hele storie, het die kinders nooit die buitekant van die huis gesien nie,
So al wys hulle pa en ma se gesigte, sal niemand eers weet wie is hul kinders nie.

Frans C ·

Vir die ma moes die beginsel ‘die deler is netso skuldig soos die steler’ gegeld het.
Sy was bewus van alles en het klaarblyklik nie eers familie ingelig en om hulp gevra nie.

Het die seun nie ‘ontsnap’ nie sou die aaklige gebeure nooit aan die lig gekom het nir.

George ·

Vinkel en Koljander, die een is nes die ander. As sy weet om verkeerde dinge te doen, behoort sy automaties te weet om die regte ook te doen!

Elize ·

Wie/wat dink hy, is hy??? Hoe kan hy so arrogant wees, deur te dink, hy verdien dit om te appelleer teen sy straf? Vir wat hy aan sy kinders gedoen het, moes hy lewenslank gekry het… nb: Die ma moes ten minste 35 jaar gekry het, want hoe bly jy stil daaroor, as jou man jou kinders, vir jare lank so mishandel?!

Jacomiena ·

Die “MA” hoort net so diep in die tronk!!! Kan nie glo wat ek lees nie!

Anoniem ·

Kan nie glo die ma kom so ligtelik daarvan af nie!!!! Dis soos ‘n klap in die kinders se gesigte. Ek hoop die mense wat nou met die kinders werk en hulle leer waaroor die lewe werklik gaan, leer hulle ook dat ‘n opregte omgee ma nooit sou toelaat wat hulle ma toegelaat het nie en sy is nie die naam “ma” werd nie!!!

Hannalene Greyling ·

Wat word hulle gesigte nou so verbloem. Hulle verdien geen beskerming van geen aard nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.