Ouers, baba dood aangetref

Argieffoto

Die liggame van ʼn ouerpaar en hul baba is Vrydagaand in hul huis in Iterileng naby Laudium in die weste van Pretoria gevind.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn familievriendin het by die gesin gaan kuier toe sy op die liggame afgekom het. Die polisie is net na 19:00 na die toneel ontbied.

Volgens Moloto het die pa en ma op die vloer in die huis gelê en is die liggaam van die baba in die slaapkamer aangetref. “Daar was geen sigbare beserings aan die liggame nie,” het Moloto gesê. Hy het gesê die polisie kon ook geen tekens van ʼn inbraak of rooftog vind nie.

Die oorsaak van die oorledenes se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Poppie ·

Kon hul dalk nie vergas gewees het nie. Of een of ander giftige gas? Dit bly hartseer as n gesin (veral babatjie wat se lewe nog voorlê) so oonodig sterf…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.