Ouers dalk gou vervolg as kinders nie skool toe gaan nie

Beamptes van die teenbende-eenheid (AGU) van die SAPD (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag gesê hy sal binnekort wetgewing voorstel waarvolgens Suid-Afrikaanse ouers vervolg kan word as hulle nie seker maak hul kinders gaan skool toe nie.

“Ek gaan binnekort voorstel dat ons ʼn wet moet hê dat ouers, wat nie daarop aandring dat hul kinders skool toe gaan nie, skuldig sal wees aan ʼn misdaad. Dit is ons verantwoordelikheid as ouers, veral in ʼn land waar gratis onderrig beskikbaar is,” het Ramaphosa aan honderde polisiebeamptes en lede van die gemeenskap gesê tydens die SAPD se amptelike bekendstelling van die teenbende-eenheid (AGU) in Hanoverpark in Kaapstad.

Die president en polisieminister Bheki Cele het formeel die AGU bekend gestel wat bendebedrywighede, insluitend onwettige dwelm- en vuurwapenhandel, sal takel.

Die eenheid is al sedert Oktober aan die gang en is in Nyanga, Bonteheuwel en Bishop Lavis in die Wes-Kaap ontplooi. Die AGU sal egter ook binnekort in Gauteng en die Oos-Kaap ontplooi word.

“Ek doen ʼn beroep op ouers om seker te maak hul kinders bly in die skool. Ouers moet daarop aandring dat hul kinders skool toe gaan. As jou kind nie meer skool toe gaan nie, moet jy navraag doen en uitvind waarom die kind nie meer in die skool is nie,” het Ramaphosa gesê. Hy maan ouers om nie die toekoms van hul kinders te benadeel nie en het bygevoeg opvoeding is ʼn wapen wat gebruik kan word om armoede en bendebedrywighede te beveg.

Hy het ook die lede van die gemeenskap versoek om saam met die polisie te werk om bendebedrywighede hok te slaan. “Selfs die bendelid in jou eie huis. Maak seker die polisie weet wat gebeur, want ons wil jou help. Ons kan slegs doeltreffend wees as die gemeenskap hul samewerking gee.”

Ongeveer 50 splinternuwe voertuie is ook aan die AGU oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Leatitia ·

“In n land waar gratis onderwys beskikbaar is” Regtig van watter land praat ons President?

Ouvrou ·

Ek het ‘n beter idee. Trek geld af van ‘n kind se kindertoelaag as hy onbeheerbaar in die klaskamer is. Laat die ouers dit aan hul sakke voel. Miskien sal dit ‘n einde bring aan onnies se hel. Ook sal daar meer geleer word in die klas

Drieks ·

Wit en swart ouers skuldig hieraan. Waar rapoteer jy. ???Weet van wit 7 jarige wat nog nie in skool of voorskool was nie. Hul het so pas Zeerus toe getrek. Ouilike seuntjie…!!!!!

Mm ja nee ·

Dis so gratis dat beide ouers moet werk om die pot aan die kook te hou en sodoende word beheer verloor deur die ouers. Maak dit makliker vir die ouers om “kinders op skool te hou” sommiges moet bedel as hy nog maar n klein enetjie is om geldjie vir n kossie in die huis in te bring.

Liana ·

Ek wonder hoe dit toegepas gaan word op ouers wat tuisskool?

porkie ·

hopelik sal hulle ruisonderroigte kinders aan toetse onderwerp want wragtig, me paenma by die werk, watse onderrig vind plaas?

Ansa ·

Porkie. Ek werk van die huis af maar dit sou gladnie saakgemaak het of ek elders gewerk het nie. My kind is “unschooled” ek noem dit freerange schooling, hy leer wat hy wil, soveel hy wil net wanneer hy wil. Sy natuurlike liefde vir leer is nie deur n skoolsisteem versmoor nie. Hy doen Web design, coding, maak Handgemaakte messe en nog n magdom vaardighede wat hy homself geleer het. Hy skryf sy laaste (Amerikaanse) matriek vak volgende maand, hulle minimum slaagsyfer is 60% nie ons 35% vlak nie. Ek het hom NIKS skoolgewys in die laaste 4jaar geleer nie. Hy het homself deur matriek gegoogle, en ook entepeneurs en besigheidsbestuur kursuse aanlyn gedoen. Hy is nou maar 16. Hy is nie begaafd nie maar doodgewoon/gemiddeld. Skool is overrated, dit is nie die enigste manier om te leer nie en dis die laaste plek om vir die regte lewe voorberei te word. As jy nie n kind van die begin af spoonfeed en dood verveel met die herhaling van inligting nie is dit nie nodig om hulle te babysit nie. Education is not the filling of a bucket, it is the lightning of a fire.

Blompot ·

My kind doen tuisonderrig en ek het n tutor in diens geneem wat vir hom en 1 ander seuntjie van dieselfde ouderdom skool gee. My kind is geregistreer by Dpt van Onderwys en hyt n studentenr en AL sy werk word gefile vir ontydige audits deur Dept van Onderwys. Ons was daarvan in kennis gestel. Geen enkele jaar se skoolwerk mag jy wegdoen mee nie. Hy is by Impaq. Ja, dit kos ons n plaas se prys maar dis wat werkende ouers doen wanneer jou kind n leeragterdtand het en albei MOET werk. My kind (soos al die ander 4 voor hom) se toekoms en geleerdheid is meer belangrik as enigiets anders.

Dit is waarvoor tuisonderrig daar is, nie om misbruik te word deur manupilerende kinders se gehoorsame ouers nie.

Juffrou ·

Volgens die South african Schools act 84 van 1996, is dit die ouers/voog se verantwoordelikheid om te sorg dat kinders in hul sorg skool bywoon.

“Subject to this Act and any applicable provincial law, every parent must cause every learner for whom he or she is responsible to attend a school from the first school day of the year in which such learner reaches the age of seven years until the last school day of the year in which such learner reaches the age of fifteen years or the ninth grade, whichever occurs first.”

So vervolg hulle, daar is hopeloos te veel kinders wat afwesig is sonder goeie rede.

Gemaskerde Sopbeen ·

Juffrou…………daar’s hopeloos teveel kinders…..punt.

Grassie ·

Ek was ook onder die indruk dat daar lankal reeds wetgewing bestaan wat ouers verplig om hul kinders te laat skoolgaan. Lank terug, toe ek nog ‘n kannetjie was, het die onderwysdept inspekteurs gehad wat skole besoek en ondersoek instel waar kinders nie gereeld skool bywoon nie. Hulle was lammervangers genoem en kinders en ouers was baie lugtig vir hulle. Die landdros van ‘n distrik was daardie tyd ampshalwe ook die kommissaris van kindersorg gewees, en as daar ‘n stokkiesdraaiery was het die lammervanger die aangeleentheid na hom verwys. Daar is dan ondersoek ingestel na die ouers se bevoegdheid en kriminele stappe kon volg. Maar, nouja, dit was in die dae toe Suid-Afrika nog ‘n beskaafde eerstewêreld land was. Ramaphosa praat in elk geval nie van ons land nie maar van een iewers waar onderwys gratis is.

poeky ·

hoeveel swart kinders het onder die np o geletterd, ongeskoold deur sie lewegegaan? kyk maar na ons voormallige prosident, zuma! nea gratis onderrig nie blanke kinders beskore is nie, sal die reel nie op wit kinders van toepassing wees nie?

Andrea ·

Hhhmmm…. Ek wonder…. SA se Gr 4’s het die laagste geletterheidsvlak ter wêreld, die Wisk slaagsyfer is 30%. Eerstejaars in n gekeurde rigting op universiteit weet nie wat die woord ‘ stallion’ beteken nie…
Waaroor ek wonder is… Maak dit sáák of kinders skoolgaan of nie? Dié wat wél skoolgaan leer duidelik nie veel nie.

Sarel Strydom ·

Knap eesrs jou onderwysstelsel op. Tans is skole in haaglike toestande en niks word daaraan gedoen nie terwyl amptenare – nie onderwysers nie- lekker lewe ly.

Ben ·

Dit sal ‘n sotlike wet wees!!! want skoolonderig is nie verniet nie, Daar is ander kostes soos Vervoer, Klere, Skryfbehoeftes, Kos, Tas, Skoene ens. Hoe moet ‘n werklose ouer hierdie kostes dra? Daar is ‘n tekort aan skole. Daar is te veel ouers met meer as twee kinders in Suid Afrika, Daar is groot hoeveelhede buitelanders met hulle kinders. Ek weet bv van een man van Mosambiek met 10 kinders. Kom ons se 1000 Mosambiekers met 10 kinder elk gee vir jou 10000 kinders. Ons het nie die skole infrastruktuur om Afrika te skool nie. Het julle geweet ons skole is op die Koloniale stelsel gebaseer is. ‘n Beter wet sou gewees dat ouers beperk word tot twee kinders. Miskien moet skool onderig soos in Arabia deur die kerke en die gemeenskap gedoen word. Dit sal werk. Daar is soveel “Crime” in Suid Afrika dat ons nou nog die SAP will opsaal met sulke snert.

Disselboom ·

Eerstens moet die regering dan natuurlik genoeg en voldoende skole voorsien.

Lerato ·

Andrea.

‘n Sekere goed geklede minister sal weet wat die woord stallion beteken.

Blafrika ·

In Afrika word daar sommer wette opgekook om elke stukkie domgeit te beskerm

zoom zoom ·

Los die probleem vir dir gsutengse lur Sy edele mr lefusi. Hy Sal vir almal plek kry in afrikaanse skole. Hy weet nog nie van kom ons bou nog skole nie.

Realis ·

Wonder of dit ook van toepassing sal wees op opvoederlede van die vakbond SADTU wat eintlik die hele onderwysstelsel in SA beheer , manipuleer en op n glybaan na 0-opleiding rangeer . Hulle onderwysers kom laat , loop vroeg , is dronk by die werk , neem aan alle vakbondaktiwiteite deel , ten koste van hul primere taak as opvoeder . Mnr. die President wie dink jy lei jy om die bos ……..siestog .

WDD ·

Daar is erger misdaad in die land waaraan daar aandag gegee MOET word.

My kinders kry tuisonderrig wat beter is as staats.

Mnr die President, kry jou prioriteite agter mekaar.

Tuisondderig Bo ·

Ek tuisskool ook my kinders die laaste 2 jaar al. My 6 jarige kan beter lees as sommige 10 jariges in die skool.

Haar wiskunde is al op Gr 2 vlak. Hoekom? Want sy kry een-op-een aandag en hoef nie te wag tot al die kinders bedaar en ophou gesels het voor die juffrou met klas kan begin nie.

My 16 jarige doen Amerikaanse Matriek en daar leer hulle “life skills” ipv al die nonsens wat ons kinders nooit gaan gebruik nie.

Mense moet begin bykom en ophou op dinge te sê wat hulle nie eintlik iets van weet nie. Elkeen het sy of haar eie opinie omtrent skool en tuisskool. Beste is om te probeer om met mekaar saam te lewe eerder as om te sê die of daai is verkeerd. Ek kan nie sê skool is verkeerd nie want my oudste was haar hele Laerskool Loopbaan in ʼn baie goeie skool maar ons het die keuse gemaak.

As die skoolsisteem nie so korrup was nie sou baie minder ouers die tuisondderig paadjie gekies het.

Ouman ·

Ek het skool gegaan my ouers moes my klere koop en my tas skryfbehoeftes boeke en soaan het ons van die skool ontvang ons skoolfons was maar R10 per jaar daar was baie byeenkomste gereel vir geld insameling maar ons was gevoeter as ons nie geluister het nie so al wat ek kan se is stel weer lyfstraf in dan sal die kinders weer hoor maar stel ook n beperking in op die hoeveelheid kinders wat jy mag he want een man het verskeie vroue met tot ses en agt kinders ons oorbevolk die land en wat nog te se van die uitlanders stuur hulle terug waar hulle vandaan kom tiwanees chinees pakistaners sumaliers zimbabweiers en nog soveel meer

Chantelle ·

Ja weet ek sal saam stem as my kinders ook nie nodig het om skoolfons te betaal nie .Ek het n kind in die hoèr skool en nog n seun op laerskool en dit is bitter duur en boon op sit ek sonder werk so ons lewe net met my man se pay ek het al probeur vir n beurs maar nu ja

Marelize ·

Hoekom?
Hoekom moet kinders skool toe gaan, mnr die president?
Die akademiese standaard van jul geknoeide kurrikulums, van OBE tot CAPS word jaar na jaar in internasionale toetse bewys. Matriekuitslae moet jaarliks gekook word.
En met of sonder die NSS – daar is geen werk nie!

Hoekom moet hulle skool toe?
Net om nie in bendes te wees nie?
Net om van die strate af te kom?

Sou graag wou weet hoe die ouers moet toesien dat die kinders in die skool is terwyl beide ouers elders werk.

In hierdie week op hierdie webblad gelees van kinders, nog in skoolklere, nie ‘n blok vd skool af nie, wat agv dwelms mediese behandeling moes kry.

Komaan, mnr d prez…. hoe gaan teenwoordigheid by ‘n skool, hierdie aanspreek?

Net soos jou regering se belaglike wapenwette gaan wetsgehoorsames ly en julle niks met die oortreders bereik nie.

Karolis ·

As enkelouer het ek my seun vanaf std 6 op Breinlyn gehad en het ek vir hom vertel dat hy net moet deurkom maak nie saak hoe nie. Ek het hom self die belangrikste ding geleer in die lewe nl. vat R10 en maak hom ‘n R20 dan het jy ‘n toekoms. Hy staan vandag baie sterk. Geen skool of onderwyser sou hom dit geleer het nie.

Dries du Toit ·

Genade ek kan nie glo wat ek hier lees nie. Elke 2e persoon se kinders gaan nie skool toe nie. Is dit regtig waar ????

Katrien ·

Ja somige kinders gaan skool elke dag van hul lewe en as dit kom vir werk Dan is da net vir sekere kids werk al was dai kind se hele skool loop baan 100% sal da voorkeur wees vir di ander al was dai kind nooit by die skool nie

Linda van Mosselbaai ·

Ek lees GRASSIE skryf ook oor die lammervanger-vir ons jonges wil ek net se , dit was die ou wat die kinders aangekeer het skool toe.
Eintlik is dit elkeen se plig -as jy sienjou bure se kinddrs gaan nie skool toe nie – om dit te gaan aanmeld sommer by jou naaste skool.
Kom ons kyk almal na die belange van die kinders daar om jou – vra vir sus of boet om vir jou te lees en help met die woorde. Lees ook vir hulle van kleinsaf -so word die liefde vir lees gekweek

Protea ·

Daar word jaarliks miljoene rande by skole af geskryf agv skoolfonds kwytskelding, dus die gratis skoolfonds waarna die president verwys. Dis by alle etniese staatskole beskikbaar! Die ouers doen aansoek en lewer bewyse hulle kan nie die skoolfonds by bring nie. Ek is n betrokke by ‘n Afrikaanse laerskool en ons het hierdie jaar meer as 2milj randse skoolfonds moes kwytskeld.

Dit sal wonderlik wees as daar meer gevolge kan wees vir ouers wat hulle kleintjies vir weke aan een uit skool hou sonder n goeie rede of doktersbrief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.