Ouers doen stappe ná kind (2) in hospitaal sterf

Zoey Beckmann. Foto: Facebook

Zoey Beckmann. Foto: Facebook

Die Noord-Kaapse egpaar wie se tweejarige dogtertjie verlede week in ʼn staatshospitaal in Kimberley gesterf het, minder as ʼn dag nadat sy opgeneem is, gaan met regsaksie teen die provinsiale departement van gesondheid begin.

Jo-Ann Beckmann het Sondag in ʼn roerende inskrywing op haar Facebook-blad vertel hoe hul dogter, Zoey, die oggend van 24 Januarie in die hospitaal opgeneem is. Sy verduidelik dat Zoey gebraak het en dat haar maag erg geloop het.

Volgens Beckmann was dokters vir meer as twee en ʼn half uur lank by die hospitaal besig met papierwerk terwyl Zoey al hoe swakker geword het. Beckmann beweer eers nadat Zoey bewusteloos geraak het, het dokters vir haar ʼn binneaarse oortapping toegedien. Beckmann beweer ook dat Zoey ʼn allergiese reaksie vir die antibiotika wat vir haar gegee is getoon het.

“Die suster het vir haar antibiotika ingespuit. Onmiddellik het Zoey se hand bloedrooi geword met groot wit blase. Die suster het ophou spuit en die dokter gaan roep om te kom kyk. Die dokter spuit sowaar [die antibiotika] weer in,” het Beckmann in haar Facebook-inskrywing geskryf.

Sy beweer nagpersoneel by die hospitaal wat Zoey se behandeling by die dagpersoneel oorgeneem het, het gesê die binneaarse oortappings wat Zoey deur die dag toegedien is, het “nie gewerk nie” en moes “vervang word”.

Beckmann het vroeër aan Maroela Media gesê dat dokters aan hulle gesê het dat algehele dehidrasie en skok die oorsaak van haar dood was. Volgens Beckmann glo sy en haar man, Edward, dat die hospitaalpersoneel nalatig opgetree het en dat dit die oorsaak van hul kind se dood was.

Die egpaar het ʼn amptelike klagte by die Noord-Kaapse departement van gesondheid ingedien en is tans besig met regstappe.

Zoey Beckmann. Foto: Facebook

Zoey Beckmann. Foto: Facebook

Lebogang Majaha, woordvoerder van die departement, het aan Maroela Media gesê dat die departement ʼn formele ondersoek na Zoey se dood van stapel gestuur het. “Die proses is reeds aan die gang en behoort binne die volgende drie tot vier weke afgehandel te wees,” het hy gesê.

“Die familie sal die uitslae van die ondersoek skriftelik ontvang. Weens die sensitiwiteit van die ondersoek sal die uitkoms van die ondersoek net aan hulle bekendgemaak word. Dit is hulle keuse of hulle dit aan die publiek beskikbaar wil stel. As hulle nie tevrede is met die bevindinge nie, kan hulle natuurlik ook besluit of hulle die saak verder wil neem.”

Majaha het gesê die departement sal na aanleiding van die bevindinge van die ondersoek besluit of daar verdere stappe teen enige van die hospitaalpersoneel gedoen sal word.

Zoey word vandag in Kimberley begrawe.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

T ·

Dis verskriklik hartseer! Baie sterkte aan die familie. Hoop die nalatige mense ry aan die pen. So jammer niks kan haar terug bring nie.

Louise ·

Met ander REGUIT woorde, gaan hierdie arme ouers n “skikkinsooreenkoms” aangebied word. Dis belaglik dat die staatsdienste altyd probeer die gemors toesmeer dit ten koste van lewens net omdat dit gaan oor POLUTIEK en nie oor die regte beslluit naming nie.
DIS BELAGLIK.
Baie sterkte aan hierdie ouers en RIV kleine mense, so jammer sy moes boet met haar lewe uit anders se ONNODIGE onkunde.

riana ·

Ek hoop die reg sal geskied en dat daar dringend iets aan hierdie Staat Hospitale gedoen moet word. Ek het n medies maar my vriend het nie en ek het sondag gesien hoe gaan dit daar en ek sal pap en water eet maar my medies sal ek hou. Mens sit 5 ure daar voor jy gehelp word en dan le daar mense by jou wat se kop oop is en so moet hulle almal sit en wat, Dit is vuil daar binne.
Ons het op die ou end geloop en klaar betaal nou om jou geld terug te kry is nog die ergste kan maar vergeet daarvan.

Dr Yusuf Dadoo hospital is gevrek en swak. Ek kan verstaan hkm die mense dood gaan in die staat hospitale. Dit is baie vuil en swak en diens is daar glad nie.

Spook ·

Die ergste van alles is dat maak nie saak wat met die onkundige personeel gebeur nie, niks sal jou kind kan terugbring nie!

snoefie ·

die belaglikheid begin reeds in die parlement wat kwotas vir mediesestudies belangriker ag as die geskikdheid van die kandidate. die boekwerk is oor die algemeen n flou ekskusie van die dokters wat hulle belangrikheid bo die lewe van hulle pasiënte stel. alle simpatie aan die ouers en fam.

Jane ·

Regso, hulle moet dit verder neem om nog sterftes te verhoed. Dit is absoluut belaglik dat nalatigheid ‘n kind se lewe kan kos en almal trek net skouers op en wil geen verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Hoekom is die ondersoek SENSITIEF? As die dokters en verpleegsters NALATIG was moet dit aan ‘n groot klok gehang word en nie net in die geheim aan die ouers openbaar word nie. GEEN GELD kan haar lewe terugkoop nie, maar dit kan dalk net die nalatigheid van staatshospitale EXPOSE, so moeg vir verskonings, onkunde en nalatigheid waarmee hierdie mense daagliks wegkom EN lewens kos!!

Alet ·

Ons almal weet hoe PATETIES staatshospitale kan wees. Vir hulle gaan dit nie daarom om lewens te red nie maar wel om by die werk te wees tot hulle skof eindig…..meer pasiente beteken minder tee tyd….

afrikaans ·

Regtig…..kinders moet beskerm en vertroetel word. Ek skaam my vir swakdiens…gee vir mense werk wat graag wil.

riana ·

Ek kan sien hkm gaan die mense dood in die staat hospital. Ek het sondag n stukkie daarvan gehad. Diens swak en vuil en mense le net vol bloed voor hulle hulle help en jy sit 5 ure dan se hulle hulle is besig met die nag se mense wat in ongevalle geslaap het moet maar wag. Al eet ek pap en water sal my medies hou nee dankie gaan eerder dood dan.

Dr Yusuf dadoo hospital is erg was daar. Mense daar moet streng aandag gegee word die Staat Hospitale hulle val uit mekaar uit.

Johann Marx ·

Die personeel is swak opgelei, traag, ongeskik, onbevoeg, dom-astrant, beterweterig, en gee nie ‘n flenter om nie. Hierdie kind sterf….Nou word daar ‘n ondersoek gedoen, deur beide die staat en ‘n privaat regsfirma. Indien nalatigheid bewys word en regsdgeding begin word…..en hierdie ouers se eis slag…….dan gebruik “die staat” dieselfde ouers, en miljoene ander hardwerkende mense, se “belasting” om hulle te “kompenseer”. HOE VERBETER DIT NOU DIE HEERSENDE OMSTANDIGHEDE?

Marinda ·

Ja, ons kry baie swaar om ons mediese fonds maandeliks te betaal. Maar daarsonder kan ons nie gaan nie. Dit is nie net mediese sorg wat in die “gutters” is nie. ALLES is. You name it,…

Arizona ·

Ek weet dit wat ek nou gaan se gaan baie seer maak. Laat doen asb n private autopsie. Ons praat van Mense wat absoluut vere vir jou dogtertjie gevoel het. Hulle nalatigheid gaan onder die mat ingevee word

AL ·

Om te verpleeg en te dokter is nie meer n roeping nie, net n salaris – wat afgewag word deur lang tee en etens tye, gesels en onproduktief wag vir more is nog n dag. Dan kry jy toegewyde studente dokters wie onmenslike lang ure werk. Die sisteem vrot hoe jy ook al daarna kyk.

Hartseer ·

Ons almal weet mos nou al die staat se hospitale is ‘n doodsvonis en soos altyd gaan niks verander nie…. Hulle voel niks vir lewens nie. Dis mos nou al oor en oor bewys…

Johnna ·

Staats hospitale is beslis n doodsvonnis. maar glo my dit maak nie saak watter hospitaal dit is nie, dis die verpleegsters en dokters wat beslis nalatig is en ook nie tenvolle opgelei is nie. die ‘ou tydse’ belangstelling is nie meer om die mens te red nie, dis n pos wat beklee word en n salaris wat verdien word. Bid altyd vir die regte personeel ten tye van hospitalisasie!

Annali ·

My hart gaan uit na die ouers. Dit is vreeslik om ‘n kind af te staan as gevolg van nalatigheid. My Dad het inwendig gebloei. Hy was van Pretoria Wes oorgeplaas na Kalafong per ambulans. Hy het 6 ure gewag voordat ‘n dokter hom gesien het. Hulle 9 uur die aand begin met bloedoortapping maar hy het later dieselfde nag gesterf. Staats hospitale is ‘n nagmerrie. Mamma en pappa mag Jesus julle toevou met liefde en julle vertroos.

Karma ·

Dis reg, dié Mamma en Pappa moet die hospitaal dagvaar en ry tot by Oom Daantjie doer anderkant die kallerhok!! Dit sal hul geliefde kleinding nie terugbring nie en die feit bly staan ook dat dit nie die hospitaal is wat enige skadevergoeding sal hoef te betaal nie, maar die belastingbetaler, omdat die belastingbetalers die staatshospitale befonds. Sy moet eintlik die personeel wat haar kind ontoereikende behandeling gegee het, in hul persoon kon dagvaar. Ek sou die saak ook na die Gesondheidsdiens Ombudsman verwys en nie via ‘n prokureur, wat R1000’e sal kos, werk nie.

Mense, as ek die verskriklike stories van staatshospitale in ander provinsies hoor, dan is ek opreg dankbaar dat ek in die Wes-Kaap bly. Ons Worcester Distrik Hospitaal is seker een van die beste in die land. Skoon, netjies, professionele personeel, vriendelikheid, aanvaarbare kos ens. ens. ens. Dankie tog vir klein genadetjies in die lewe!

Vivian ·

Baie sterkte aandie familie en veral aan die ouers. My hart gaan uit na julle. Mag jul vertroosting vind in God. Ek is bly julle vat hul aan. Mag dit hul wakker maak en die wat skuldig is aan die pen ry.

Pop ·

Ek hoop iemanf gaan hierdie ouers help om n enorme bedrag van die staat se minister van gesondheid te eis. Elke keer kom hulle weg met leuens ens. Daai ondersoek gaan niks oplewer nie. Dis deesdae beter om n kursus te gaan doen in basiese dinge soos n drup insit. Help jou mense by die huis. Daai kind sou beter daaraan toe gewees het by die huis. Tien teen een het daai inspuiting iets met haar dood te doen. My gebede is met die ouers.

Why ·

My vraag is net HOEKOM het hierdie hospitale so agteruit gegaan? Niemand wil rassisties wees nie, en niemand wil vingerwys nie, maar seersekerlik moet die vraag tog gevra word WAT is die oorsaak dat staatshospitale in die toestand is waarin hulle is en dat die behandeling wat mense daar kry oor die algemeen vrot is so ook die houding van die verpleegpersoneel. Gaan iemand ooit die verantwoordelikheid hiervoor neem en staatshospitale opskerm of gaan dit maar net agteruitgaan tot so ‘n mate dat hulle later maar toemaak ?

m ·

Dis omdat onbekwame mense aangestel word dat staatshospitale so vrot is. Ek dink daar is ma net geen beheer oor enige iets daar nie en die personeel steel seker meer medisyne as wat pasiente dit gebruik. Hierdie is een groot ramp en ongelukkig het nie almal n mediese fonds nie so is genoodsaak om van staatshospitale te gebruik en aan hierdie vrot dienste blootgestel te word. Lyk ook nie of iemand gepla is om dit reg te stel nie. Hier was groot nalatigheid betrokke en dis hoekom hierdie kind oorlede is. Dis so tragies.

Tebogo M ·

Wel kom maak net ‘n draai by die SG Lourens verpleegstershuis dan sal julle sien wat aangaan daar word gedrink en geparty op die sypaadjie geen wonder ons susters/verpleegsters is in sy “glory” in nie wonder hoeveel van hulle is werklik mediese studente en hoeveel is net daar vir die party gedeelte!!!

Stacey ·

Ek is baie bly die ouers neem stappe. Die nalatigheid van die dokters en susters is onverskoonbaar, of dit nou ‘n staats hospitaal was of ‘n privaat een. Daai ou klein dingetjie het ook ‘n reg tot die lewe gehad. Niks sal haar terugbring nie. Geen geld kan haar vervang nie.
Persoonlik wens ek dat hulle die dokters kon laat toesluit vir nalatigheid!!
Dit ook sal haar nie terug bring nie, maar as dit ek was, sou ek darem bietjie beter kon slaap as ek weet hulle sal nooit weer ander ouers deur dieselfde laat gaan nie.

My gebede gaan saam met klein Zoey se ouers wat vandag finaal totsiens moet sê aan hulle geliefste dogtertjie. My hart breek vir hulle, want ek weet ek sou nie kon nie.

Johan Likkewaan ·

Klink vir my na Rota virus, wat baie algemeen is. hospitaal moes dit dadelik opgetel het en die nodige stappe teen dit geneem het. Onaanvaarbaar!

wes kaap ·

My seun was 3jr terug in ‘n baie ernstige motorfiets ongeluk en is Tygerberg toe geneem. Op die toneel al het hy vir my gevra toe hy in die pad lê, mamma ek kan my been sien, maar hom nie voel nie, ek het dit vir die ambulans manne genoem, hulle het sy pyp van sy broek oop geknip en is so met hom hospitaal toe. Toe ek vir die dr vra wat is fout met my kind se been, toe sê sy vir my, niks, sy sleutelbeen is gebreek, met al die skok en drama, het ek dit toe maar aanvaar. Vandag 3jr later is my seun se voet nog steeds dood, agv sy been wat vasgesit het aan die motorfiets. Toe ek die groot “baas” by Tygerberg Hospitaal aanvat, toe sê hy vir my, daar is niks meer wat hulle vir my seun kan doen nie, die betrokke dr is oorsee.

Hannelie ·

Jul gaan nooit jul pragtige dogtertjie terugkry nie, want weens nalatigheid van personeel is sy weg maar MOET DIT ASSEBLIEF NIE DAAR LOS NIE. Neem verdere stappe.!!!!!

Reynete ·

As jy ń klag wil lê teen ń nalatige dokter of hospitaal, dien dit in by die Mediese Raad. Hulle moet dan ondersoek en terugkom na parsoon wat klag gelê het.

Dereck Le Roux ·

Ons gesondheids dienste het verval met mense wat GEEN roeping het om hul medemense te help nie maar alles draai om geld, ons het al gehoor dat dit die persepsies is in die staatsdiens of hulle nou een pasient help of tien hul salarisse bly dieselfde, ek was persoonlik ook by geleenthede ‘n slagoffer wat moes wag vir die dokter en suster aan diens om hul adminwerk op datum te kry of hul etenstyd en teetye klaar te neem, hulle werk regtig op ‘n “easy come easy go” rigting.

Nicole ·

3 jaar gelede het my sister haar premature baba verloor 2 weke na sy geboorte, weens nalatigheid by die Dr Harry Surtie Hospitaal. Hule het n baba met n mag virus op geneem en in die selfde ward opgeneem, en die ander babas aan gesteek. Ongelukig het hierdie premature baba die slegste darrvan af gekom. Daar is n klag in gedien, en niks het daarvan gekom nie.

Sanna ·

Dit is onaanvaarbaar wat in staatshospitale aangaan, en 90 % van ons suid afrikaners kan nie medies bekostig nie omrede dit belaglik hoog is. Die staat WEET dit en dit is hkm al wat n staats pasient soos honde behandel word. Ek kry daai ouers onsaglik jammer en dra hul in my gebede op. Ek is gelukkig om n ou “cheap” medies te he wat net di nodige aanbied asook bybetalings met elke geval. Ek het self in 2014 ni medies gehad nie was swanger 20 weke. Was staat hosp toe, my maag is deur 4 verskillende susters GEDRUK omdat die een ni saam di ander stem hoe ver ek swanger is nie. Ek is opgeneem v protiene in my urine. Heelnag kom kyk n suster jo bloedruk en is so vol bloed haar uniform. Ek het heelnag gele en huil met n bloupers maag soos hulle my gedruk het. Ek is volgende dag huistoe met medikasie. Ek was verniel en is net daar na my huis dokter. Blyk toe die medikasie vd kamtige infeksie is toe al die tyd bloedruk medikasie . My bloekdruk het niks makeer nie. So ja ek glo staat hosp maak HULLE jou dood klaar. Sasolburg hospitaal die ergste.

minki ·

Sasolburg hospitaal…11mense dood in saal 2 op een dag?????????my ma 2jaar terug da oorlede ek ha elke dag gaan bad en skoon aantrek…mense met steek wonde le en bloei hulle se net jy mors hulle tyd…en dis wit en swart wat jou soos vuilgoed behandel…sterkte aan die ouers..RIP klein engel

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense moet hul nie blindstaar teen swak diens van Staatshospitale nie. Ekself het een van die beste mediese fondse en beland toe in ‘n baie vooraanstaande private hospitaal waaroor ek blaaie vol kan skryf van swak diens. Soos bv. dat toe ons middernag my aarvoeding soek is ‘n gedeelte daarvan onder my matras ingedruk. Verpleegsters wat in hul hare krap waar dit jeuk en dan in hul neuse en jou dan sonder handskoene hanteer !!!!!! Moenie dat hul jou are moet soek vir aarvoeding of om bloed te trek nie. Hul druk die naald in die vel in en dan soek hul die aar!!!!!! Hiedie het in ‘n duur private hospitaal gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.