Ouers, dogter glo ontvoer tydens hoewe-aanval

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

ʼn Bejaarde egpaar en hul dogter word vermis nadat hulle vermoedelik tydens ʼn hoewe-aanval ontvoer is.

Dan en Breggie Brand en hul dogter Elzabie woon op ‘n kleinhoewe in die Vaalharts-besproeiingskema naby Hartswater in die Noord-Kaap.

Wikus Taljaard, die Brands se skoonseun, het gesê hulle het Sondag omstreeks 12:00 die laaste keer met hulle gepraat. “Iemand het hulle om 18:00 weer probeer bel, maar hulle fone was af.”

Vriende van die familie het gaan ondersoek instel en tekens van ʼn struweling in die huis gevind. “Die huis was deurmekaar en daar is bloed gevind.” Daar was egter geen teken van Dan, Breggie of Elzabie nie.

Volgens Taljaard is die Brands se een motor, ʼn rooi Nissan Micra, intussen in Ganspan, sowat 30 km verder, opgespoor. Hul ander motor, ʼn silwer Mazda 5-stasiewa, word steeds gesoek. Die Mazda 5 se registrasienommer is YMY664GP.

Enigiemand met inligting word versoek om die Hartswater-polisie te kontak by 053 474 2155.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die silwer Mazda 5-stasiewa wat ook steeds soek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Nee, nee NEE!

Pieter

Tyd dat ons blankes ons eie plek kry soos die mense in oranje

Blikkantien

Baie tragies. Hulle is klaarblyklik gevind, maar daar is nie goeie nuus nie.

Vanessa

Ag liewe hemel, dis oumense. Vat alles en spaar hulle lewe, waarom hulle deur die dinge sit!!!!

Kokerboom

So Tragies. Hoe lank gaan ons nog die wetteloosheid verdra?