Ouers, dogter ontvoer: Liggaam gekry

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

Die liggaam van ʼn vrou is gevind tydens die soektog na die Brand-gesin wat tydens ʼn hoewe-aanval ontvoer is.

Dan en Breggie Brand en hul dogter Elzabie is vermoedelik reeds Sondagmiddag ontvoer tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Vaalharts-besproeiingskema naby Hartswater in die Noord-Kaap.

Volgens Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, is vier verdagtes laat Maandagaand in hegtenis geneem waarna die liggaam met behulp van ʼn hommeltuig gevind is.

Die motor wat soek was, ʼn silwer Mazda 5-stasiewa, is ook gevind. Die verdagtes het glo erken hulle het die egpaar en hul dogter vermoor en toe aan die polisie begin uitwys waar die liggame gevind kan word. Dan en Breggie se liggame is egter nog nie gevind nie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn soektog is na die Brand-gesin van stapel gestuur nadat vriende van die familie by hul huis gaan ondersoek instel en tekens van ʼn struweling gevind het.

Wikus Taljaard, die Brands se skoonseun, het gesê hulle het Sondag omstreeks 12:00 die laaste keer met hulle gepraat. “Iemand het hulle om 18:00 weer probeer bel, maar hulle fone was af.”

Die huis was deurmekaar en daar is bloed gevind. Daar was egter geen teken van Dan, Breggie of Elzabie nie.

Volgens Taljaard is die Brands se een motor, ʼn rooi Nissan Micra, op Ganspan, sowat 30 km verder, opgespoor.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anoniem ·

Dit is NET ‘n kwessie van TYD. IEMAND gaan opstaan en sê “tot hiertoe en nie verder nie.” My oorlede pa het altyd gesê “Daardie dag sal jy ‘n ware Afrikaner sien wat jy in jou lewe nog NOOIT gesien het nie.” En weet jy wat? My pa was ‘n engelsman!

Andrea ·

Stem saam, ek is bevrees dit gaan te laat wees. Kry die gevoel almal is bang vir konfrontasie. Dankie aan die DA wat so hard poog vir geregtigheid.

Kokerboom ·

Dis tragies dat ons as Afrikaners so leierloos is. Die konstante moorde is ‘n lae intensiteit oorlog. Ons bly passief

Daniel ·

Al staan daar ‘n leier op sal dit nie help, afrikaners is te verdeeld

DieKriek ·

Rêrig Kokerboom? Sê asseblief vir ons wat om te doen. Lei en ons sal volg.

Kaal Keiser ·

Afgunstigheid moet eers uit die weg geruim word. Mense wil net beter en meer as die ander ene. Die son mag mos nie oor almal skyn nie.

Anoniem ·

Jy is reg Kokerboom. Dit is na middernag vir die blankes. Ons het nie meer ‘n keuse as om terug te veg nie en dit gaan ongelukkig ook so gebeur. Ek glo daar sal wel iemand binnekort opstaan want so kan dit nie meer aangaan nie. Mense is selfs te bang om straat af te ry om inkopies te doen!

Scalla ·

Daar is soveel verstandige afrikaanse jong mense wat tans werkloos is, kan hul nie op n manier ingespan word om te help nie.

gatgogga ·

Ons is leierloos, want geen leier sal genoeg volgelinge kry nie. Ons kan nie saamstaan nie. Elkeen weet beter. Dit lyk my ook ons is nie lus vir konfrontasie nie – makliker om net te bid en te murmureer. Ons vyande skrik lankal nie meer vir ons nie.

Genis ·

Dis waar osn is leierloos… die EFF se idioot word orals gehoor… tragies.. Die Afrikaner is die stadium ook so verdeel… Mense sien almal as n aanvaller, en sluit jou huis, en beveilig 24/7.. wees paraat.. Hond in die huis is altyd n wenner, roer aan die sy…

Sêmaarnet ·

My hart is in stukke! Hoe kan iemand so wreed wees? Wat gaan in jou binneste aan?

Marius ·

Baie jammer om te hoor en baie sterkte aan die familie .Met n regering wat meer behep is met apartheid is dit geen wonder dit gaan so nie . Kla hulle aan vir volksmoord want so kan dit nie aangaan nie .

Spyker ·

Hoe kan mens hierdie nuus aan die wêreld verkondig? Dit sal seker ook nie help nie want BLM is mos aande die orde van die dag

JANINE ·

Ek wil huil. Raas, skree, mure uitklim!!! Drie onskuldige, weerlose mense verwoes en vermoor!!! HOEKOM??? Wat is die doel? ONS gaan moet opstaan – nie wag vir IEMAND nie. Here … dit kan mos nie so aangaan nie?? :-(

JohanR ·

VOLKSMOORD – die doelbewuste doodmaak van ‘n groot groep mense, veral dié van ‘n spesifieke land of ‘n etniese groep.
GENOCIDE – the deliberate killing of a large group of people, especially those of a particular nation or ethnic group.
Soe kan dit wragtig nie meer aangaan nie! Ons weet wie sit agter hierdie moorde. ANC met geld, EFF en BLF met die beveele, en die taxis met die transport om die moordenaars te vervoer. Soe kan dit onmoontlik nie meer aangaan nie. Drie wit mense wat niemand enige kwaad aandoen nie, en net asseblief hulle lewe wil lewe tot ‘n natuurlike einde, net soe uitgewis. Soe kan dit wragtig nie meer aangaan nie!

Misky ·

Dis vreeslik om die nuus te kry nou. My hart wil skreeu en ek die mure uitklim. Ek het so hard gebid gisteraand en gehoop hulle gaan veilig gevind word…… Here Jesus, wees asb met die gesin se naasbestaandes en almal wat die stukke moet optel na so iets

Henro ·

Jammer aan die gesin, ons harte gaan uit. Sien baie mense praat dat ons moet opstaan en oor watter leier ons moet kom lei.
Maar veiligheid begin by jouself en hierdie korrupte ANC gaan dit nie doen nie. In die meningspeiling hier langsaan wys dat MM gebruikers wat deelgeneem het, slegs 23% bereid is om vuurwapen vir selfverdedeging te gebruik. Onder die ander 76%, het 47% nie vuurwapens nie en 22% het maar is nie bereid om buite die huis te dra nie. Ek self dra een elke dag en oefen gereeld met hom. Joost van der Westhuisen se broer wat sy kerk beskerm het is goeie voorbeeld van as ons Afrikaners saamstaan, te bewapen en deur op jou hoede te wees, ons onsself en ander kan beskerm. Misdadigers moet vrees dat ons bewapen en gereed is vir hulle aanslag en dat hulle 2 keer moet dink om ons aan te val.
Ek hoor nou weer sommiges gaan sê regering probeer ons ontwapen en wette maak dit moeilik, maar tans mag jy gelisensieerde vuurwapen besit (my aansoek 6 maande goedgekeur) en lewe beskerm.

JohanR ·

Henro ek stem saam. Waar op ‘n groot plaas het jy nie al die spasie wat jy nodig het on ‘n skietbaan te bou nie. Gaan dan elke dag vir ‘n uur met jou gelinseerde wapens…..haelgeweer, pistoole en rewolwers, en oefen oefen oefen totdat jy met gemak die teikens kan tref. Daai gewere moet soos dit in Engels gese word “be an extension of yourself”. Elke persoon in die plaas huis moet gemaklik met ‘n geweer wees….pa, ma, ouma, oupa en kinders. Daar moet ALTYD binne en buite die huis ‘n pistool of rewolwer aan jou wees. Maak die plaas en die huis veilig binne en buite, en laat elke persoon in die plaas huis oefen wat om te doen, en wat hulle rol sal wees as iemand die plaas aanval. Al sit jy en kyk ‘n sepie op die tv moet nooit slap le nie. Laat daai ore soos radars wees….luister luister luister. Dit is ook vanselfsprekend dat daar ‘n paar honde moet rond hardloop in en buite die huis met groot tande!

Grassie ·

Dit is moeilik om op hierdie berig kommentaar te lewer. Wat ek werklik wil sê sal nie geplaas word nie. Die bietjie wat ek wel kan sê is te min om die die woede en haat wat in my binneste opwel te beskryf. In Amerika sterf ‘n man met ‘n lang kriminele rekord tydens polisieoptrede en die hele wêreld gaan op hol. Hier word drie onskuldige witmense gruwelik vermoor, waarskynlik net omdat hulle wit is en geen ophef sal daaroor gemaak word nie. Ons mense moet nou ook kniel – voor God – en Hom vra om in te gryp in hierdie land.

Jannie ·

Jy weet, ek weet nie meer wat om te sê nie, maar tog voel ek ek moet iets sê. Nie dat dit noodwendig iets gaan help nie, maar ek bid dat almal wat wel iets sê tog iewers aangeteken word en tog dalk iets kan doen. Maar ek weet ook dat praat nie meer help nie, en dat aksie geneem moet word. Vraag is net altyd: wat, hoe, waar, wanneer?

Pieter ·

Die oplossing is opgesluit in jou eie hande. Bid opreg en bekeer julle van jul verkeerde weë. Ongelukkig verhef ons steeds afgode en vertrap mekaar. Ek en my huis dien die Here. Ons bring nie erkenning aan die son en plekke op hoogtes nie. God is ‘n jaloerse God.

Nick ·

Waneer gaan ons begin terugdoen?Wat gaan aan ,hoekom sit ons almal net terug………Wat n nasie is ons???????

J ·

My innige simpatie aan die familie en vriende.

Bewapen en verdedig jou SELF!

Niemand anders gaan jou beskerm nie!

Dis lankal OORLOG !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.