Ouers eis ondersoek, dokters se skorsing ná 10-jarige sterf

Zayyaan Sayed (10).

Die ouers van die 10-jarige Zayyaan Sayed eis die onmiddellike skorsing van twee dokters én ʼn ondersoek na hul gedrag, nadat hul seun tydens ʼn oënskynlik roetine-operasie gesterf het.

Zayyaan het op 11 Oktober ʼn laparoskopie by die Netcare Park Lane-kliniek ondergaan nadat hy lank met refluks gesukkel het. Prof. Peter Beale, ‘n pediatriese chirurg, het die operasie uitgevoer, terwyl dr. Abdulhay Munshi die narkotiseur was. Zayyaan se ma het gesê hulle het lank gewik en geweeg om wél die operasie te laat doen, maar het eindelik ingestem.

“Dit was die laaste keer dat ek hom [Zayyaan] [lewend] gesien het. ʼn Uur en ʼn half het verby gegaan. Toe twee ure. Ek het op en af gestap. Ná twee en ʼn half ure het ek begin wonder wat aangaan…” het Zaheera Sayed gesê.

Die operasie het eindelik nagenoeg vier ure geduur. Zayyaan het later dieselfde aand gesterf.

Mohammadh en Zaheera Sayed sê nou in ʼn prokureursbrief aan die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) “dit is duidelik dat Zayyaan se dood nie ʼn geïsoleerde voorval was nie.

“ʼn Hele aantal kinders het hul lewens verloor, gedurende of ná ʼn operasie deur prof. Beale,” lui die brief.

Sunday Times het vroeër berig Ethan Teubes (3) is in 2012 dood nadat Beale ʼn operasie op hom gedoen het, terwyl die 19 maande oue Alissa Strydom in 2016 onder soortgelyke omstandighede gesterf het.

Die Sayed-egpaar sê dit is noodsaaklik dat die RGB die twee dokters onmiddellik skors en dadelik ondersoek na Zayyaan se dood, asook die omstandighede rakende die ander kinders se sterftes, instel.

Die egpaar sê ook hulle sal regstappe oorweeg as die RGB nie binnekort optree nie.

Dr. Anchen Laubscher, Netcare se groep- mediese direkteur, het gesê Beale se opnamevoorregte is op 12 Oktober opgeskort en Munshi sʼn vyf dae later.

“Netcare het besluit om die voorregte op te skort hangende ʼn hersiening van die omstandighede rondom ʼn pasiënt se dood,” het sy gesê.

Laubscher wou nie kommentaar lewer oor moontlike regstappe teen die twee nie.

In ʼn brief aan die Sayeds het Netcare gesê hy neem kennis van hul skrywe aan die RGB en dat die hospitaalgroep reeds die RGB van sy stappe (teen Beale en Munshi) in kennis gestel het.

“Ons lewer nie kommentaar op die kundigheid en professionaliteit van mediese praktisyns nie, synde hulle onafhanklike praktisyns is wat nie vir Netcare werk nie.”

Die RGB het nie op Maroela Media se navrae gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mariaan ·

O nee dis skokkend…maak mens bang…dokters kom letterlik met moord weg….so jammer vir hierdie kind wat sy lewe aan hul toevertrou het….en al die verdriet nou vur die ouers…hoop die saak word deeglik ondersoek

Johanna ·

Sterkte aan hierdie ouers. dis baie hartseer en dit maak n mens so bang vir hospitaal toe gaan!!

Lau ·

My innige simpatie aan die ouers. Kan wil myself nie eers voorstel wat julle moet deurgaan nie. Mag daar antwoorde gevind word op julle vrae en mag die waarheid aan die lig kom.

Nettie ·

Ja, Lee? En as al die privaatdokters en -spesialiste nou – veral ná instelling van die NGV-plan – SA verlaat, waar gaan jý mediese hulp kry in geval van nood of sommer net gewoonweg siek-word?

Anoniem ·

Dis hoekom ‘n mens jou eie navorsing moet doen voor jy ‘n dokter kies. Daar is dokters en dokters. Het self vroeer die jaar hierdie operasie laat doen, en dit was ‘n reuse sukses. Was ook baie benoud vooraf. Het ‘n goeie dokter gekies. Moes maande en maande wag vir ‘n afspraak. Was oor en oor die moeite werd.

wilma ·

Is hierdi drs se kwalifikasies nagegaan. Wonder of hul ooit gekwalifiseerd is

Mieke ·

Wilma, ek ken hierdie dokters – ja, hulle is goed gekwalifiseerd.
Hierdie dokters werk op siek kinders, en enige operasie kan komplikasies hé.
3 kinders wat tussen 2012 en 2019 gesterf het………., en die honderde wat hy gered het?
Niemand praat daarvan nie…………
Dr Beale I’d ‘n goeie man, en ‘n goeie dokter.
Se maar net…….
Dis baie sad wat gebeur het……

Alta ·

Ek is so jammer vir daardie ouers Dit is verskriklik. Ek het verlede jaar vir 6 maande n nagmerrie ondervinding gehad omdat n Narkotiseer in n Netcare Hospitaal n lead in my vergeet het na n operasie. Die draad het gebreek en in my hart gesteek. Ek kan gelukkig getuig dat hy na 6 mde opgespoor was en verwyder is. Geen mens sal verstaan wat ek deurgemaak het nie. Maar ek lewe en kan dit oorvertel…. en die Narkotiseer se reaksie Jammer dit moes nooit gebeur het nie.!!!

ANONIEM ·

Hierdie berig het my nou geruk, my dogtertjie was December 2016 vir die operasie agv verskriklike reflux by Prof Beale, sy was 3ure in teater gewees en sy was maar net 3jaar oud! Sy het baie mooi herstel na die operasie en haar reflux was so te se iets van die verlede, maar nou van so 3maande terug af het ek weer al die tekens van reflux begin raak sien by haar, bv as sy spring dan begin haar ogies traan en ook as sy uit haar maag uit lag dan begin sy huk! Sy gaan maandag vir haar 2de keur teater toe om haar tande skoon te maak and doppies om te sit agv die reflux wat haar tande beskdig en laat af breuk! My hart gaan uit vir die ouers wat hul engel kind moes verloor na hul dink hul prober hul kind help! My hart is bitter seer en ek dank ons Hemelse vader dat my kind nog leef!
Nou moet ek n ander Dr kry om haar deeglik te ondersoek en om te kyk of die Pof Beale gedoen het wat hy moes!

Matt ·

Drs sal nooit teenoor mekaar sleg praat nie en sal die ander Dr sê bevindings meer en deels verdedig.

Daan Erasmus ·

Ons sty ‘n verlore stryd met mense wat nie omgee hoe hul spel nie. Daar is nie meer trots in ons Taal nie.

Bernardine ·

Dis so hartseer. Maar indirek is dit die standaarde van akademie wat al so gedaal het. n hele paar jaar gelede was die werk en slaagsyfers baie hoër as nou…
Ek is nie seker wat die vereistes is vir n Dokter graad nie..maar wil verseker nie deur enige iemand geopereer word wat net 50%kennis het en geslaag het nie

Bamsie ·

Ek het nie n kind verloor, maar ek het my lewenskwaliteit verloor en het heeldag pyn. Ek was nie siek, net skoliose gehad. Het vir n rhizotomie gegaan by n pyn spesialis in die Jakaranda stad by n dagkliniek en het 4 maande later uit die hospitaal gekom, gestremd. En raai die dokter se vir my dit het nog nooit gebeur – intussen het hy 3 ander vrouens ook beseer(minder as n jaar uit mekaar) . En hy gaan net voort, tot genooi as n spreker by n kongres oor etiek.

Christa ·

Dis mos wat spreekwoord sê: n dr se foute word begrawe. EK stem, laat ondersoek die dr, Dalk is Hy nie eers gekwalifiseerd nie

Chico ·

Prof Beale het in 2008 3 x op my seun geopereer, en verlede jaar weer ‘n lewensveranderende operasie op hom gedoen. Hy is uiters bekwaam en van die beste in SA. In ons maand in ICU het ons gesien hoeveel babas en kinders se lewe hy gered het wat aan ‘n draaitjie gehang het. Dankbaar vir wat hy vir ons kind gedoen het.

Verpleegster Suster ·

Dr Beale is n uitekende pediatriese sjirurg een van min in ons land hy het vele neonatale babas se lewens gered. Dr Beale kry verwysings wat baie ander spesialists weg wys en so red hy ook baie lewens ek hoop daardie ouers wie se kinders hy gered het kom ook na vore hy is n goeie dokter en elke operasie is n groot risiko. Sterkte aan die ouers glo my dis net so traumaties vir die dokters om n pasient op n operasie tafel te verloor.

Madison ·

My kind is gebore in 2011, 26 weke , 750gram.

hyt sy eerste NEC opperasie ontvang deer Prof Beale, en 2 jaar terug was n doktor nalatig by Emfuleni Mediclinic en stuur nie my kind vir hulp met sy maag wat geswel was nie.

Ek het Prof Beale geskakel hyt my seun oor geplaas Park Lane toe, 2 Nood operasies gedoen op my seun in 1 week, My kind het n dryn in sy maag gehad en n voedings drup, hy moes als van voor af leer. My Kind het by die dood om gedraai met die hulp van Prof Beale.

Die lewe is kort en ek glo as hul ondersoek in stel sal hul dalk ook sien waar die fout was,
Maar ek stel net hyt my kind se lewe gered 2 keer sover.

Sterkte aan die Ouers ek weet dis pynlik.

Madison ·

Prof Beale is gekwalifiseerd!

Hyt drie keer aan my seun geoperreer. Doen jou eie navorsing .
hyt my kind se lewe 2 keer gered.

Tanya ·

Ai, dis so hartseer wat met die kleintjie gebeur het en my hart gaan uit na die familie. Wil maar net byvoeg dat dokters ook net mense is. Dr Beale is natuurlik bekwaam en gekwalifiseerd en met enige operasie kan daar komplikasies voorkom – ek is seker dat hy alles gedoen het om die kind se lewe te probeer red. Hoeveel kinders se lewens is nie gered deur die werk wat hy al gedoen het nie? Wat as die dokters net besluit om nie meer die werk te doen nie (of landuit te gaan), aangesien eisers hulle verwoes? Wat doen mens dan? Die druk van dokters in ongelooflik – baie keer is daar kinders wat sukkel met asemhalingobstruksie ens terwyl onder narkose is…baie keer weet die ouers nie eers dat daar geveg is vir hul kind se lewe nie, en dat die dokters wel die kind kon help. Almal se kinders is mos kosbaar en die dokters is duidelik bewus daarvan en doen hul absolute bes. Dis ‘n geweldige hoë druk en ondankbare werk! Sterkte aan die familie wat hul kindjie verloor het maar sterkte ook aan Dr Beale wat ook deur ‘n verskriklike tyd moet gaan!

Roelien ·

My seuntjie was by hom februarie en hy was ongeskik met ons. As ons vrae gevra het het hy ons aangekyk en kort af geantwoord. Ons seun was vir n biopsie en nog geen antwoorde gehad van dokter af. Hy net gese ons seun sal ontgroei, hy moet maar poo in broek as dt kom. Vandag by n fantastiese dr in pretoria wel maar sy verduidelik als so mooi aan jou ens. So ja ek sal ook noe weer terug gegaan het na Prof. BEALE. Ons ervaring was nie juis goed met hom nie.. ek vat jy as ouer as mens het die reg om vrae te vra sonder dat n dr ongeskik is met nou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.