Ouers eis verskoning oor omstrede kunsprojek by skool

‘n Skermskoot uit die video waarin Andrew Anderson, pastoor en ouer, sy skok oor die kunswerke uitspreek.

Daar is Dinsdagaand gedurende ’n vergadering verskeie argumente aangehoor oor die omstrede kunsprojek van ’n matriekleerder aan die Grantleigh- private skool buite Richardsbaai in KwaZulu-Natal. Dié skool het opspraak gemaak weens ʼn omstrede kunswerk wat sommige ouers en lede van die gemeenskap as “satanisties” beskou.

Personeellede van die skool, bestuurslede van Curro en ouers het die vergadering byeengeroep nadat ’n video van die leerder se kunswerke op sosiale media versprei is en dié Christelike spogskool in die kollig geplaas het. Grantleigh is deel van die Curro-groep.

Volgens ’n ouer, wat verkies om anoniem met Maroela Media te praat, was ’n groot groep ouers by die vergadering woedend dat die skool hoegenaamd die skep van die kunswerke toegelaat het.

’n Ander groep ouers het hulle ontsteltenis uitgespreek oor die video wat op sosiale media gedeel is en aangevoer dat die aangeleentheid op ’n ander wyse hanteer kon word wat nié die skool in ’n slegte lig plaas nie.

Dan was daar ook enkele ouers wat glo dat die skool geensins ’n oordeelsfout begaan het om die leerder se kunswerke uit te stal nie, weens die leerder se reg op vryheid van uitdrukking.

Volgens die ouer het almal by die vergadering dit egter eens gehad dat dit totaal onaanvaarbaar was om die Bybel op te skeur soos in die video te sien.

Maroela Media het vroeër berig daar kan in sommige van die leerder se tekeninge gesien word hoe ’n nar vir Jesus bid. In ander word Jesus se maag oopgeskeur met sy ingewande sigbaar. Die Laaste Avondmaal word ook in die uitstalling uitgebeeld waarin Jesus se dissipels as varke en bokke uitgebeeld word. Die uitstalling sluit nie net tekeninge in nie, maar ook beelde wat van versnipperde blaaie uit die Bybel gemaak is.

“Daar is ouers wat baie kwaad is aangesien hulle reeds verlede week oor die uitstalling gekla en daarop aangedring het dat die kunswerke verwyder word,” verduidelik die ouer.

Ouers het gedurende die vergadering daarop aangedring dat die persoon wat besluit het om die kunswerke nietemin uit te stal, verantwoordelik gehou moet word. Hulle het ook daarop aangedring dat die skool om verskoning vir die uitstalling moet vra en homself geheel en al van die kunswerke distansieer.

Daar is glo selfs gevra dat die toekennings wat die leerder vir dié kunswerke by die prysuitdeling verower het, teruggetrek word.

“Die ouers is kwaad omdat die skool in ’n slegte lig geplaas word. Die hele land kryt nou die skool as demonies uit, wat nié waar is nie. Dit is ’n vrek goeie skool.”

Sinjon Moffett. Foto: Verskaf

Sinjon Moffett, ’n oudhoofseun van die skool, het in ʼn ope brief aan die skool gesê hy is diep teleurgesteld “om te sien dat dit Jesus is wat onder die vaandel van ’n skool, wat hom daarop beroep om ’n Christelik geïnspireerde etos te verpersoonlik, so afgekraak en verkleineer is”.

Die VF Plus het sedertdien óók sy skok met die kunswerke uitgespreek.

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van basiese onderwys, het in ’n verklaring gesê die party deel die ontsteltenis van Christengroepe rakende die kunswerke.

“Dié voorval plaas weereens klem op die spanning tussen gemeenskappe se gevestigde waardestelsels en die radikale individualisme van die liberale ideologie,” meen Boshoff.

“Dit is ironies dat hierdie voorval by ’n skool voorgekom het wat op ’n Christelike etos aanspraak maak.

“Dit is belangrik om daarop te let dat die skool hierdie kunswerk verduidelik as kritiek op die wyse waarop godsdiens beoefen word en nie op God of Jesus self nie. Terwyl die kunstenaar onderneem het om in besonderhede elke kunswerk te verklaar, sou dit raadsaam wees om hierdie verduideliking reeds vooraf te voorsien,” glo Boshoff.

Luidens die verklaring kom die vloed van negatiewe reaksie op die kunswerke egter nié as ’n skok nie. Die party meen dit is ooglopend dat die kunstenaar bedoel het om kykers te skok.

“Terwyl die VF Plus hom nie vir sensuur beywer nie, is verskillende aspekte rakende die gebeure problematies. Indien die vertoning van die ou Suid-Afrikaanse vlag byvoorbeeld ’n hofbevel kan uitlok, sou mens verwag dat ander groepe, soos Christene, se oortuigings ook sensitief hanteer word. Die VF Plus hou die openbare reaksie op hierdie kunsuitstalling met belangstelling dop,” lui die verklaring.

Die ACDP het ook sy kommer oor die kunswerke uitgespreek.

Past. Kenneth Meshoe van die ACDP sê die kunswerke kan nie as vryheid van kreatiwiteit geregverdig word nie, maar grens eerder aan haatspraak en godsdienstige onverdraagsaamheid.

“Dit is belangrik dat vryheid van uitdrukking, wat vryheid van artistieke kreatiwiteit insluit, gebalanseer moet word teen die reg van Christene om hul geloof te respekteer, soos vervat in die reg op vryheid van godsdiens,” sê Meshoe.

Maroela Media het verneem Grantleigh sou teen 14:00 ’n mediaverklaring uitreik, maar wag steeds op die verklaring. Woordvoerders van Curro het ook nie op navrae reageer nie.

Lees ʼn oudhoofseun van die skool se ope brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Michelle ·

Andrew Anderson – jy vra beslis nie omverskoning nie.
Dis absoluut skokkend.

EBG ·

Goeie werk pastoor
Kort meer sulke pastore wat die waarheid praat en nie sugarcoat nie
Voel jammer dat die skool Judas iskariots is, geen Christelike etos te sien nie
So word die werke van duisternis geopenbaar

Hartseer ·

Die Pastoor het net gedoen wat elke regdenkende mens moes gedoen het. For evil to prevail, is for good mens to do nothing.

Johan ·

As kinders onder die vaandel van reg van uitdrukking kan weergee nét wat hulle wil, kan die volgende jong kunstenaar mos pornografie uitdruk! Sal dit in orde vir die Skool wees?
Daar is beslis grense en sentimente wat in ag geneem moet word.

Sonja ·

Alles wat in die donker gedoen word, sal in die lig geopenbaar word. Ek is trots op die Pastoor Pa wat die video versprei het – laat die opregtes sien wat in ons skole aangaan. Reg van dit en reg van dat, mensgemaakte reels en wette. Die ouers wat saamstem en niks verkeerd hierin sien nie, julle “compromise”, julle maak dit wat verkeerd is reg klink, en wat reg is, verkeerd klink. Sit saam met die spotters om n tafel

Aaitsa ·

Ons leef in ‘n satanistiese anti christelike land.
Ons besing ons voorvader geeste in ons Volkslied.
So die Regering skole vertrap ons Christelike waarder. En wat doen ons, niks!!!
Bravo vir die pastoor.
Ek bid elke dag vir’ n wonderwerk.

Marietjie Stander ·

Ek stem volkome saam met die ouers wat ongelukkig is met die kunswerke. Dit druis in teen ons geloof. Verskoning is nie goed genog nie. Daar moet op getree word.

Sieg ·

SIES man julle moet julle skaam, gaan op julle knieë en vra vir God vergifnis, duidelik weet julle nie wat julle doen nie. Julle moet nie verskoning vra vir mense nie julle het God verneder!

K P ·

Ek het baie gedink oor die kunswerk en die bespotting wat gemaak word van Christus. Sou dieselfde kunstenaar ook waag om byvoorbeeld die bespotting met Mohammed te maak. Of is die Christene net n maklike teiken sonder gevolge

Ilze Mostert ·

Wel. Jesus Christus is die enigste ware en lewende God. tot in alle ewigheid. DAAROM word net Hy altyd aangeval.

Tascha ·

K.P die Here laat nie met Hom die spot dryf nie. Dit maak nie saak wat hierdie kind dink waarin hy glo of waarvan hy oortuig is nie! Wat die hart van vol is loop die mond (in die geval ‘kuns’) van oor.

Daan ·

Ek dink die skool hoof moet persoonlik hiervoor skuldig gehou word. Jy as skoolhoof moet mos weet wat angan in jou skool en wat word waar uitgestal. En as dit teen sy wense uitgestal was moes hy dan gesorg het dat dit verwyder was of dat daar met ouers vergader was voor die uitstalling. En die leerder wat dit gemaak het hoort eerder in n skool waar sy soort se geloof bevorder word, nie in n christelike skool nie

Boet ·

Ek wonder of die kunstenaar nie n beurt moet kry om iets te se nie. Hy of sy weet wat is die boodskap wat hy wil oordra. Na dit kan ons dalk kwaad raak.
Ek se nie dit is reg nie. Ek wonder net wat is die ander kant van die storie.
O ja, dit sou nogal verfrisend wees as die politieke uit die ding gehou kon word. Hulle gee nie werklik om nie, hulle soek punte/stemme.

Jollas ·

Daar is ‘n brief van die leerder op sosiale media geplaas wat sy skilderye en beelde volgens hom verduidelik

arno ·

Ek stem volkome saam met boet luister wat die die kunsternaar te se het .Is godsdiens in elk geval nie .n geldmaak besigheid .Kyk hoe spring kerke links en regs op atm in kerke.Dis nie dat ek saamstem nie,veral die bybel gedeelte maar ek sien hy wil ‘n boodskap uitbeeld

Johan ·

Hy het ʼn verklaring uitgereik om te verduidelik. Wat hy egter nie verduidelik het nie is dat geen prent in duidelike skrif ʼn verduideliking gehad het nie. Indien hy dit wel oortuigend kon doen sou dit nie soveel opspraak verwek het nie.
Dus, dit wat ek gesien het het ek gesien en geen verduideliking daarna sou of het my van standpunt laat verander nie.

Sanna ·

Jesus wat vir ons Homself prys gegee het word geminag. Sies vir die onderwyser en departementshoof wat kinders op ‘n dwaalspoor plaas.

Sarie ·

Daardie kind het heelwaarskynlik reeds in sy ouerhuis op ‘n dwaalspoor beland en ek laat my nie vertel ‘n ouer wat werklik ‘n verhouding met God het sal sy kind toelaat om sulke lasterlike goed uit te beeld nie en moenie dink die kind het dit in die geheim gedoen sonder dat iemand daarvan geweet het nie. Miskien bly my kommentaar bietjie langer as vyfminute om gelees te word want ek sien MM hou nie altyd van die waarheid nie.

Deon ·

Het iemand hier die outeur van die kunswerke se breedvoerige verduideliking wat by elke kunswerk was, gelees?
Sy werk is kommentaar op goed wat verkeerd is.

Akademi Buktu ·

Deon, ek het die kommentaar gelees. Die kunstenaar sowel as die kunsonderwyser het swak oordeel aan die dag gelê. Die oogmerk – die ‘wat’ – was dalk goed, maar die produk – die ‘hoe’ – was swak. As die verduideliking dat dit gegaan het oor misbruike in godsdiens, dan moes ‘n breë spektrum van godsdiens ter sprake gewees het en nie net die een nie. Kommentaar kan kragtig gedoen word sonder ‘n absolute beeld van vernedering.

Wonder Net ·

Wil net weet wie lees enige breedtvoerige verduideliking van kunswerke? Mense kyk na ‘n kunswerk en interpreteer dit self. Wie gaan hierdie werk waardeer? Dit gaan beslis deur die ateïs waardeer word (hy gaan juig daaroor). Christine word daardeur verafsku. So ek dink die kunswerk het klakkeloos gefaal om die bedoelde gehoor te bereik…Gooi dit in die vuur!!

Albert ·

Dit is heeltemal verkeerd om geloof op die manier uit te beeld. Was dit die Koran wat so opgeskeur word en n bespotting gemaak is van die Moslem geloof was die skool al lankal afgebrand. Ek sal graag wil verneem hoekom is die Christelike hier uitgebeeld maar geen ander geloof? Lafhaards?

Maraai ·

Ek glo hier is iets dieper. Mense se dis verkeerd om n Bybel op te skeur dit is so maar dus ook verkeerd om God se Woord te verdraai. Om dinge goed te praat wat God se Woord afkeur. So word die Woord van God ook geskeur en gebruik om make believe beeldtjie te maak. Ek hoop net dat as die n Harde boodskap van God af is dat mense sal hoor

rina ·

Wat die kunstenaar en skool reg gekry het is om Christene te verenig. Dikwels is ons so besig met kerklike verskille dat ons by Christus verby kyk. In hierdie saak staan ons almal saam

Joe ·

As ek so na die uitbeeldings kyk sien ek n duidelike beeld hoe ek en jy (die ‘kerk’) daagliks omgaan met God en Sy Woord. Hierdie uitbeeldings moet ons (die Kerk) tot aandag roep om n bietjie na te dink hoe dink, praat en tree ons op teenoor God. Ons ‘verskeur’ Sy Woord deur dit af te maak tot net nog n boek. Ons maak inderdaat n bespotting daarvan. Dit kan duidelik gesien word in die verval van n land wat meestal Christine is. Duidelik net op papier! Die kunstenaar beeld dit baie goed uit.

My Stem ·

As so iets soorts gelyk aan bv die Moslem godsdiens gedoen gewees het sou daardie skool al afgebrand gewees het!!

Pitty ·

Dis baie prente en beelde. Die leerder moet weeke an sy projekt bestuur het. En al vir sy onderwyser gewys het waarme hy besig is. Hoekom het hulle dit nie gestop nie? Hoekom het sy ouers dit nie gestop nie? Die skool is moes verplig om rigting te gee vir kinders, om hulle te leer van respekt en ander waardes. Die skool wys vir my deutelik hulle gee net die naam Christelike skool as front an en versteek hulle waare karakter. So onderwys jou kinders self. Tuisskool jou kinders. Hierdie skool kan jy beslis nie vertrou nie.

Jack Klok ·

Vryheid van spraak is nie onbeperk nie. Dink maar onlangse hof uitsprake oor die K-woord. Mense word swaar boetes opgelê omdat hulle swart mense se menswaardigheid te na gekom het, verkleineer het, beledig het.
Hoeveel te meer moet ons Skepper se naam in ere gehou word deur woord en daad.
Is dit nie ironies hoe van Christene ge-eis word dat hulle respek vir ander gelowe en selfs ongelowiges se opinies moet toon, maar die Christelike geloof kan maar deur enigeen beledig en verkleineer word?
Om dit sagkens te stel dit was skandalig.
‘n Verskoning maak nie alles reg nie.

Waarheid ·

Hierdie skool gaan onthou word vir alles wat sleg is.
Is die skool en hoof trots daarop?
Dit is nou julle nalatenskap.
Dit sal nooit ooit vergeet word nie.
Julle het soveel skade aangerig dat dit nooit ooit herstel kan word nie.

Lindie Lourens ·

Ek wil graag weet wat die opdrag aan die leerders was wat tot hierdie “kunswerke” gelei het. Is dit net een leerder se werk? Dan was dit seker al wat hy/sy heeljaar gedoen het. In plaas van trots voel op so ‘n kunswerk, sou ek skaam gekry het daarvoor.

Sdl ·

Al die!….
Maak die kunstenaar se werk meer werd.
Tekens van eindtyd.
Dit maak my opgewonde!

Gemaskerde Sopbeen ·

En as hierdie “kunstenaar” NIE die christelike geloofsoortuiging aanhang nie?

Johan ·

As die kunstenaar nié ‘n Christen is nie, moet hy die Christelike (en ander godsdienste) respekteer. Sy kunswerke gee met reg baie skerp aanstoot. Ek voorspel heelwat probleme vir hierdie (kamtige) Christelike skool indien daar nie ‘n skerp ommeswaai in hulle beleid is nie.

Hens ·

Oukies oukies kalmeer net@!!!!

Dis net n kuns projek

Al temindend wat yt gebeeld word on geag hoe sensitief dis net kuns….

Die Here here en sy genade word nie gekoppel aan n skildery nie!!!!

Manie van Worcester ·

God is uit grondwet geskryf so dis ok om met Hom te spot. Viva de klerk en roelf

Annetjie ·

Wie is d kunstenaar? En die ouers? Hulle laat dit toe… Wys bietjie jul gesigte!

Db ·

Ek het hierdie video met afgryse gekyk maar besef is dit nie ‘n uitbeelding wat in hierdie land aan die gang is nie. Die bedrog, diefstal, moord en verkragtings wat reg is vir die regering wat elke dag wil skreeu dat hulle christene is wanneer dit hulle pas. Miskien het hierdie kind probeer om uit te beeld wat werklik aangaan en daagliks gebeur in hierdie land van ons. Die duisternis word aangehang en moet almal dit aanvaar en goed praat. Ek keur nie die uitbeeldings enigsins goed nie hoor want vir my is dit nog ‘n kruisiging van ons Verlosser. Indien dit wel is wat hierdie leerder werklik voel met hierdie duiwelse babelse beelde kan ons net vra : “Vader vergewe hom want hy weet nie wat hy doen nie”.

Leon ·

Die laaitie se volgende projek moet die profeet Mohammed wees en hy moet die Koran gebruik. Ek wil dan sien wat gebeur.

madels ·

Ek is so bly dat hierdie pastoor opgestaan het teen wat hier aangegaan het. Te veel van ons Christene bly maar net mooi stil as God so gelaster word. Ek bid dat meer en meer ons sal opstaan vir wat ons glo en n STEM sal hê in hierdie goddelose land.

waarheid ·

Sopbeen, dan hoort hy nie in daardie skool nie want dit WAS ‘n Christelike skool gewees. Dit is duidelik nie meer nie.

Sarel ·

Nou verstaan ek min. Ek het nog altyd gedink die hele idee van enige kunsvorm is juis om sekere emosies te stimuleer, en die kunsstuk spreek vir homself. As ek nou reg verstaan, moet elke kunswerk (musiek, skildery, gedig, novelle, beeld) vergesel wees van ‘n uiteensetting van die kunstenaar se bedoelings? Ag nee, man, moenie twak praat nie.

Dawie ·

Deesdae lyk dit op alle vlakke of die mens wil he God moet by die wereld aanpas ipv dat ons streef om meer gehoorsaam aan God te wees.

J van Rustenburg ·

Hoekom nie die kind in privaatheid nader nie Die video en alles is net ‘n goeie advertensie vir die pastoor Ek wonder of hy ooit ‘n geestelikke gesprek met die kind gehad het

Pitty ·

Ek verstaan nie. Elke keer as ek skryf oor eie hande werk of tuisskool word die berig verwyder. Is ons al so indoktrineer en bang vir alles. Hierdie Christelike skool het dit sover ej dit verstaan versuim om Christelike waardes an die kinders oortedrae. En hierdie kind het ak so veel tyd an hierdie “kuns” bestuur dat dit blyk asof die ouers ook nie omgee nie.

Laat my dink. ·

Ai seun. Ek hou nou nie meer so baie van jou nie. Een van jou beelde het iets in my getref en ontbloot, en dis nie lekker nie. Jy sien, ek is ‘n witgepleisterde graf wat ander aanval met die woord, en die Lewende Woord verskeur elke keer wat ‘n taxi voor my inry. Dan klim daar iets leliks uit my uit bo-oor die uitgeskeurde bladsye van die bybel. Daardie gedeeltetjies oor geduld en vriendelikheid wat my op daardie oomblik nie pas nie. Ek sit ook Sondae aan die Meester se tafel, maar Maandag tot Saterdag buig ek, en laat ek mense buig voor produksie, prestasie en wins. Dan kom die varkbeeld ook in my uit. Dit was nie vir my lekker om my gedrag so grafies uitgebeeld te sien nie. My sonde lyk baie mooier en skadeloser in my kop. So dankie dat jy die katoenkelneute gehad het om dit uit te wys, maar uit die kommentare kan ek aflei dat ek maar een van min is wat se “halo” skeef hang en die genade van ‘n verlosser nodig het. Sterkte vorentoe.

Nouja ·

Laat my dink. Jou naam is gepas en presies wat ek gedoen het die erste keer wat ek die materiaal gesien het. Het mense gestop en gedink aan wat hulle sien? Ek dink nie so nie. Daardie pastoor het seker nie eers met die kunstenaar gepraat nie.

Dis maklikker om iemand ‘n satanis te noem en ‘n mondskuimende massa mense by mekaar te maak om die persoon aan te val. Waar het ek die storie al gelees?

In elk geval, jou boodskap is ‘n briessie vars lug. En ek hoop dat mense kan stop en dink oor wat hulle sien. Stel vrae en maak dan jou saak.

Harry ·

Dit help nie om nou die bespottingskunswerk te verwyder of ‘n verklaring daaroor uit te reik nie, want die skade is reeds gedoen en die skool is duidelik verrot. Die Engelse woorde is hier van toepassing: “someone convinced against his will is of the same opinion still”.
Dankie vir die ekele persoon (pastoor) wat hulle ontbloot het en ‘n voorbeeld stel van hoe daar opgetree moet word vir die tye waarin ons leef.
Die wiel is aan die draai in SA en alles is besig om op te droog: water, kos, werk en geld. Die beproewings word al groter en die skape word van die bokke geskei…

gindra ·

moet nie n verskooning soek nie gan skool toe en brand die duiwels goed af
stuur dit met liefde hell toe waar dit hoort
gan dan na daai kind toe , sit jou hand op hom en bid vir hom want hy weet nie wat hy ge doen het nie .

Stephanie Roux ·

As die pastor maar net die Bybelse weg wou volg om die kunstenaar, die onderwyser en die skoolhoof persoonlike te konfronteer sou die herrie met haatspraak en verwyte nie gebeur het nie. Dis so maklik om bemagtig te voel as jy n klomp mense kan opsweep teen n saak sonder om die liefde by te voeg.Dit was nie nodig om so baie mense so bloot te stel omdat hulle n oordeels fout gemaak het nie. Sterkte aan die skoolhoof,die leerling,sy ouers en die onderwyseres.

Nouja ·

Presies, mense moet onthou dis wel nog ‘n kind wat in die proses is van leer. Ons as grootmense het ‘n verantwoordelikheid om vir kinders ‘n veilige omgewing te skep waar hulle foute kan maak en leer.

Die pastoor het dit in die geval onmoontlik gemaak en dalk daai kind se lewe in gevaar gestel.

Antoinette ·

Soos ek verstaan het ouers voor die tyd gese die “kunswerk” moet verwyder word en dit was nie! Dankie vir sie pastoor wat opstaan vir dit wat duidelik gestel word in die Bybel nie net n boek nie maar die Woord Van God! Hierdie “kunstenaar” is nie n kind nie hy/sy weet presies wat hy/sy gedoen het! En ja die reaksie wat die persoon wou he het die persoon gekry.. Die Bybel se jy mag nie spot nie so die persoon gaan verseker nie ongestraf bly nie.. dit is n twak storie van hy wou wys op die manier wat mens sondig bog man!! Deur om n Bybel op te skeur!! Die persoon moet vervolg word deur mens ook deur ons regstelsel sal ek ook se! As die koran hier gebruik was was daar oorlog vandag in die land dit kan ek julle waarborg.

F ·

Amerikaanse liberale satanistiese gedrag wat wêreldwyd net aanvaar moet word. Ek is regtig dankbaar mense staan op vir dit waarin hulle glo. Baie van ons is nie bewus wat daar aangaan nie, maar hulle is besig om die ‘swamp’ te veg. Begin by #operationmockingbird #pizzagate so kan jy link na ander #. Wees gewaarsku laasgenoemde is skokkend. En nie ‘n ‘conspiracy t’ soos hulle wil voorgee nie, dit is desclassified inligting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.