ʼn Egpaar en hul baba het Saterdagaand in Muldersdrift, wes van Johannesburg, in ʼn trompop-botsing gesterf.
“Die ouers en hul baba is vermoedelik op slag dood nadat hulle uit hul bakkie geslinger is,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. Die ongeluk het in Malibongwerylaan naby Leeupark plaasgevind.
Drie mense in die tweede voertuig het beserings opgedoen. “Paramedici het 45 minute lank gespook om een van die persone, wat ernstige beserings opgedoen het, uit die wrak te bevry,” het Majija bygevoeg. “Die ander twee persone het geringe beserings opgedoen.”
Die drie persone is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.