Ouers en seun se lyke in huis gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Drie gesinslede is Sondagaand in hul huis aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Kapt. Mega Ndobe, woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin se dogter (43) het Maandagoggend op haar pa (63), ma (62) en broer (27) se lyke afgekom waar hulle in ʼn plas bloed gelê het.

Die gesin van vier het saam in die huis in Spruitview in Katlehong gewoon. “Sy het onmiddellik na haar naaste polisiestasie gery en die voorval aangemeld. Niks is tydens die voorval gesteel nie,” het Ndobe gesê.

Volgens Ndobe is daar ʼn vuurwapen op die toneel gevind. “Ná ʼn ondersoek het dit aan die lig gekom dat dit die man se gelisensieerde vuurwapen is,” het Ndobe verduidelik.

“Die omstandighede rondom die skietery is glad nie duidelik nie. Ons ondersoek tans ʼn saak van moord, maar dit kan ook verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaylo ·

Baie tragies, lyk na gewone misdaad en huisroof. Jammer vir die naasbestaandes.

Piet ·

Hulle se niks is gedurende die voorval gesteel nie. Was jy dalk sarkasties of het jy net nie die berig gelees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.