Ouers gebroke na seun (7) se raaiseldood: ‘Net gebede kan ons dra’

Flippie Delport. Foto: Verskaf

Flippie Delport. Foto: Verskaf

“Dis saans wanneer dit jou tref: Wanneer al die mense weg is en die huis is leeg, dis dán wanneer jy besef hy is nie daar nie.”

Só sê Lucille Delport, ʼn ma van Hennenman in die Vrystaat, nadat haar 7-jarige seuntjie Dinsdag onverklaarbaar in ʼn hospitaal in Welkom dood is.

Lucille het aan Maroela Media vertel haar middelste kind, Flippie, ʼn gr.1-leerling aan Laerskool Hennenman, het Sondag siek geword en gebraak. Hulle is met hom na hul huisdokter wat voedselvergiftiging by hom gediagnoseer het. “Ons het vir hom sy medisyne gegee en hom fyn dopgehou aangesien hy ʼn tipe 1-diabeet was,” het sy gesê.

Teen Maandag was Flippie beter en kon selfs ʼn stukkie roosterbrood en ʼn koppie tee inneem, het Lucille gesê. “Toe sy pa Maandagaand tuis kom, het ons saam met hom ʼn draai deur die huis gestap sodat hy net ʼn bietjie kon bene rek nadat hy heeldag in die bed was. Terug in sy kamer het hy op sy bed gaan sit en net daar sy bewussyn verloor en agteroor geval.”

Flippie Delport met sy medaljes wat hy vir rugby en tennis verower het. Foto: Verskaf

Flippie Delport met sy medaljes wat hy vir rugby en tennis verower het. Foto: Verskaf

Die egpaar het met Flippie na die Mediclinic Welkom gejaag. “Hy was klaar in ʼn koma toe ons daar kom,” het sy gesê. Dokters het hom gestabiliseer voordat hy na die Bongani-streekhospitaal oorgeplaas is aangesien sy ouers nie aan ʼn siekefonds behoort nie.

Vandaar het Flippie se toestand vinnig versleg. “Hulle het hom in die waakeenheid opgeneem en op ʼn asemhalingsapparaat geplaas. Teen Dinsdag het hulle sy suiker gestabiliseer, maar toe hy steeds nie uit die koma wakker word nie, het die dokters besef daar is iets anders fout.” Dokters het alles in hul vermoë probeer om Flippie uit die koma te wek, maar teen 14:30 is hy dood.

“Daar was vog op sy longe en sy niere het ophou werk. Hy is uiteindelik aan orgaanversaking dood, maar ons weet nie regtig wat dit veroorsaak het nie,” het Lucille gesê. “Hy het ʼn infeksie gehad, maar ek weet nie of hy ooit regtig voedselvergiftiging gehad het nie. Dalk het sy diabetes tot die koma bygedra – ons weet nie.”

Sedert Flippie se dood sukkel Lucille en haar man, Flippie, om hul seun se dood te verwerk. “Verwerk ʼn mens ooit regtig so iets? Deur die dag is hier so baie mense en almal bel om hul medelye te betuig. Maar in die aand as dit stil word en jou kinders moet by die huis wees, dan tref dit jou dat hy weg is. Sy plek is leeg,” het sy gesê.

Sy het gesê hulle sal Flippie altyd onthou vir sy ondeunde glimlag en liefde vir sport. “Hy was mal daaroor om poetse te bak en kon my en sy pa se siele lekker uittrek, maar dan het hy net so lekker gelag dat ʼn mens hom sommer maklik vergewe het,” het sy gesê. “Hy was mal oor sport en was ʼn kranige rugby-, krieket- en tennisspeler. Hy het al vandat hy vier jaar oud was saam met sy pa muurbal gespeel. Hy was mal daaroor.

“Ons was almal so lief vir hom. Dit is net gebede wat ons hierdeur kan dra, want anders weet ek nie hoe ons hierdeur gaan kom nie. Daar lê ʼn lang en swaar pad vir ons voor.”

Flippie word Donderdag om 11:00 uit die Hervormde Kerk op Hennenman begrawe. Benewens sy ouers laat hy ook sy broers Arlo (2) en SP (14) agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Genis ·

Ek het iets gehoor wat my bybly. Daar is ‘n woord vir kinders wat hul ouers verloor. Weeskinders. En daar is woorde vir mense wat hul lewensmaats verloor. Wewenaar of weduwee. Maar daar is geen woord vir ‘n ouer wat ‘n kind verloor nie. Miskien omdat die pyn en verlies van ‘n kind se dood so onbeskryflik is, en mens woordeloos laat in stomme verdriet.

Elize ·

Ai my hart gaan uit na julle toe. Ek ken die hartseer waardeer julle gaan. Het ook n kind verloof. Dit word beter maar genees nooit. Baie sterkte ek bid vir julle in die tyd.

Ersilia Fialdini ·

Liewe Flip en Lucille…ek is so ongelooflik jammer on v Flippie se heengaan te hoor. Wat ‘n geweldige skok en hartseer v julle as ouers en gesin. My hart gaan uit na julle en die enigste troos is dat hy v altyd in julle harte sal voortleef en dat julle liefde v hom oneindig is. Ek dra julle in gedagtes en gebede op en bid v julle vertroosting en vrede in julle harte! Ersilia

Martie ·

Ek huil saam met julle en elke ouer wat n kind aan die dood afgee. Dis waar NET GEBEDE kan julle deur di hartseer dra. Alle sterkte en seën op jul hartseerpad.

Sarie ·

@ Lucille & Flippie Delport: “My innige simpatie met jul engeltjie se heengaan… Ek bid vir julle. Hy het sò ‘n ondeunde gesiggie gehad… Toe ek die foto sien, (nog voordat ek die berig gelees het) wou ek hom styf teen my bors vasdruk…. Ek konnie glò wat ek lèès nie… Woorde kan nie jul seer minder maak nie; daarom omarm ek julle met liefde en empatie… God sèlf, sal mettertyd aan julle aanvaarding & vrede skenk. Sterkte aan julle, asook aan sy broers, met die ter aarde bestelling & die vreeslike gemis & seer tydens die feesgety… God sy mèt julle… Jesus-liefde. Sarie. xoxo

Yolande ·

Niemand kan hierdie regtig verstaan, wat nie self ‘n kind verloor het nie. Maar ek kan my innige simpatie en liefde stuur. xx

Charmaine ·

Alle sterkte aan die gesin,mag die Here jul hierdeur dra.

SNEL ·

Dis vreeslik, so skielik en al die vrae. Baie sterkte aan julle, mag die Here julle dra en krag gee en mag julle antwoorde kry.

'n ma ·

PRAAT.. help verwoord elke gevoel hou mekaar vas vernaam sy twee boeties Ja soms sal geen woorde nodig wees maar wees daar vir mekaar. Die Here Jesus verlaat nooit sy kinders. Glo dit.

kallie ·

Dit is di seerste seer my hart gaan uit na julle ons ht ook ons dogter maart maand verloor en al voel mens partykeer kwaad en al di vrae hoekom en waarom gee God mens tog di krag om dit dag vir dag deur te kom.Bid praat oor hom dit help en di belangrikste is julle moet as gesin saam die

kallie ·

Dis di einaste eina om n kind te verloor ek weet,maar God is elke dag daar vir julle bid en met tyd raak di seer ligter maar mens sal nooit daaroor kon ni ,jy leer im saam met di pyn te leef.Die belangrikste is dat julle as gesin nou sterker as ooit tevore saam te staan en praat oor hom dit help veral daai spesiale tye wat julle saam hom gehad ht.Sterkte ons bid dat God julle sal omvou in sy liefde

ma-baker ·

Lucille en Flippie, SP en Arlo my hart bloei hier waar ek sit! Wens ek kon net aan elkeen van julle n drukkie gee! Dit is is n hartverskeurende gebeure wat jul nou moet deurmaak! Ek verstaan hoe julle voel net my seuns het ek lewendig verloor! My hart is in duisende stukke gebreek! Maar neem die troos dat ons Liewe Jesus hom veilig in Sy arms het en styf vashou met die wete dat Hy julle sal dra en krag gee om die seer te verwek! Sterkte aan julle ek dink elke oomblik aan julle! Xxxx deurnis groete Ma-Baker

Ook n ma ·

Daar is net Een God… Hy het sy Enigste Seun gegee sodat ons virewig kan leef…. Die dood is nie finaal nie. As Hy weer kom… sal ons almal weer saam ons geliefdes wees. Dis hoe lief God ons het….. Ons sal virewig by Hom wees… Vir die wat in Hom glo…..

Karel Sieta ·

Hou op glo !!! Dit werk vir my sedert my enigste seun laasjaar oorlede is – nou hoef ek nie te worstel met vrae aan ‘n God nie. Glo my, jou lewe het onherroeplik verander, jy hoef nie vas te klou aan dit wat jy as reg beskou het nie want jy as mens sal nooit weer dieselfde wees nie. Sterkte

El-bri ·

Ai Karel. Daar is mos nie ‘n God nie. Net God. Dieselfde God wat aan jou jou kind “geleen” het. Hoe kan jy vir ander gebroke ouers sulke blatantheid voorskryf. Hoe weet jy of God nie hulle ENIGSTE hoop vir die toekoms is nie. En ek glo dit is so. Wat vir jou “werk”, is nie hier ter sake nie. Aan die gebroke ouers en jul kinders, sterkte. Mag God, in Sy Allergrootheid, jul hierdeur lei.

Ek was self ook daar ·

Karel, ek verstaan hoe jy voel. Ek oordeel jou geensins want soms dink mens jy kan dinge verwerk deur God te ontken. Ek kom agter jy het baie seer so ek dink aan jou en glo dat God jou ook liefhet en dat jy wel eendag sal aanvaar/verwerk – verstaan kan mens nie, dis waar maar glo my dit sal beter word. Baie sterkte en liefde vir jou.

Annie ·

Ek dink elkeen worstel op die ou end met vrae van hoekom en waarom…ek glo egter ons het die reg om kwaad te wees en die vrae te vra..my seuntjie van 6 is net minder as 6 jaar gelede oorlede…die vrae word minder…die seer word minder…maar die gemis gaan nooit weg nie…maar tog deur dit alles is dit asof my geloof versterk het in baie opsigte…ek glo egter net nie meer soos wat mense verwag ek moet glo nie…ook nie soos die Bybel se ek moet glo nie…maar ek weet deur dit alles…die enigste een wat my hierdeur gedra het is God…dis asof mens se geloof verminder op een vlak en vermeerder op n ander…ek kon myself nog nooit weer kry om terug te gaan kerk toe nie…maar ek glo steeds in God

Ernest ·

Liewe Karel, jou worstel is nog glad nie verby nie, want jy is nie so gelukkig as wat jy voorgee nie. Kom my vriend, maak reg met God en dan sal jy voel wat regtig VREDE is.

My innige simpatie aan die Delport familie met julle ontsettende verlies. Sterkte in die swaar dae vorentoe. God sal julle onderskraag in die smartlike pyn wat julle verduur.

Hettie Pelser ·

Kan my nie eers indink in jul situasie nie..Jesus liefde.Bid jul daaglikse krag van Bo toe.

Geraldine ·

Ons harte gaan uit aan julle familie en baie sterkte vir julle.

Ek was self ook daar ·

Ek kan jul net sterkte en vrede toebid. Wees goed vir mekaar, daar lê ‘n lang en moeilike pad voor. Genade en aanvaarding vir julle.

Flooi ·

Na my boetie se dood het ons geleer om nie vraagtekens te sit waar God n punt gesit het nie! Dit help nie om vra te vrae wat jy weet nie antwoorde het nie – slegte goed gebeur met goeie mense ook! Baie sterkte aan elkeen wat n geliefde verloor het! Al hoe mens met dit saam leef is om dit dag vir dag te vat!!! En te leef sodat jy ook eendag daar sal kom waar hulle reeds vir jou wag!!!

rosemary ludick ·

ja om n kind te verloor is baie erg Ek self het nog nie so n ervaring beleef nie GLO GLO GLO Onthou Jesus het hom baie lief

Miemie ·

Karel ek kan verstaan Jy het baie vrae gehad vir God en Jy het gee antwoorde gekry nie, maar al wat ek kan se en vra moenie opgee daar is n doel in elkeen van ons se lewe en daar is ook n doel met alles wat gebeur ons Sal nie nou weet nie maar eendag Sal ons, miskien het God jou dogter baie seer en verdried gespaar, hou vas aan God en Jy Sal eendag presies weet hoekom, en dalkk nog vir God dankie se dat hy dit haar due seerkry gespaar het, ek Sal vir jou bid Karel en weet daar is n God eat imgee en mense ook as Jy wil kan Jy my kontak XXXXXXXXXX

(Die telefoonnommer is verwyder om die gebruiker se privaatheid te beskerm. Indien jy Karel is, kontak ons dat ons jou met hierdie persoon in verbinding bring. – Red)

Miemie ·

My innige simpatie met julle verlies. Hy slaap net nou en as Jesus ons ko. Haal kan julle al die vrae aan Hom vrae en Hy Sal julle antwoord baie sterkte, en last Jesus vir julle n trooster wees.

Ina Visagie ·

Dis soo tragies, die eerste wat ek dink toe ek die berig lees is breinvlies ontsteking, al die simptome is daarvan, miskien moes die dokter verder gekyk het! My innigste simpatie met sy ouers, dis seer, ek weet, ek het my kind ook aan siekte afgestaan toe sy maar 29 was in 2010, mis haar nou nog, Goddank dit raak beter maar gaan nooit weg nie…….There’s a hole in my heart and its bleeding with pain as the memory of you will always remain. :)

Gesiggie ·

Dit is so Hartseer, my hart bloei vir jul as ouers, geen ouer wil ooit deur so iets gaan”’ ag ek wens daar was iets wat ek kon doen om jul beter te laat voel”’ met Kersfees om die draai… verdien geen familie om nou iemand te verloor”’geen vrae wat ons vrae sal ooit werklik beantwoord word?? hoe sal mens ooit kan verstaan?? hoekom so iets moet gebeur… hy is maar net 7 jaar oud?? so baie nog gehad om te kan doen…. aan jul as ouers en aan al die familie… mag God jul dra deur al die seer, en aan jul berusting gee…. so jammer vir jul verlies”’

Annie ·

Woorde kan nie die seer beskryf nie…baie baie sterkte…dis die seerste seer wat enige ouer kan beleef…maar na n tydjie bly slegs mooi herinneringe oor en kry mens weer reg om te glimlag sonder trane..moet nooit ophou praat oor hom nie…moet nooit toelaat dat mense maak asof hy nooit bestaan het nie…hy was, is en sal altyd deel wees van julle…as gesin praat praat praat oor hom.

Rina ·

Dis verskriklike nuus hy was so klein seuntjie gewees, ek het nie rerig die regte woorde om die hartseer en pyn te verbeter nie. Ek is vreeslik jammer dat hierdie trauma jul moes tref.

Harseer Mamma ·

Dit is baie hartseer. Dink nie daar is ‘n groter pyn as die om ‘n kind aan die dood aftestaan nie. Dit word ook nooit beter nie mens leer om daarmee saam te leef. Die moeilikste is as almal aangaan met hulle lewens en jy kan nie aangaan nie want jy weet nie hoe nie. Julle moet mekaar ondersteun en daar wees vir mekaar. Sterkte Flip en Lucille ons bid vir julle en miskien eendag verstaan ons al die hoekoms en waaroms….

Marietjie ·

dit is verskriklik hartseer. die ergste wat n mens kan tref. dink aan julle

Lizette ·

Vreeslik jammer!!!! My hart gaan uit na julle! Het julle dalk al gekyk of jul seuntjie nie deur iets gebyt is nie? Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.