Ouers gevonnis oor kindermishandeling

Argieffoto

ʼn Ouerpaar is vandeesweek skuldig bevind en gevonnis op aanklag van mishandeling van hul 21 maande oue babaseuntjie.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het gesê die man en vrou is op 21 November 2018 in Galeshewe in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem. ʼn Plaaslike nieregeringsorganisasie het die saak by die polisie aangemeld.

“Die seuntjie se oog was geswel en hy het verskeie beserings aan sy rug, gesig en bors opgedoen. Sy boude was ook gebrand en het ʼn swart kors en blase gehad,” het Mooi bygevoeg.

Die ouers is aangekla van kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle borgtog is teengestaan en hulle is Dinsdag albei tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir kindermishandeling en vyf jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

Moes leeenslank gekry hrt kind sd gele lewe op geneek asgv van die mishandeling

Hasie ·

Sulke mense behoort die doodstraf te kry. Die tronke is oorvol. Na twee jaar is hulle uit en doen weer dieselfde misdaad.

Johan booysen ·

Stem saam wat ht van ons regs stelsel geword en president se woorde oor mishandling van kinders en vroue

Nettie ·

@Hasie, nee – sulke vrouens en mans moet ONMIDDELLIK en SONDER KEUSE gesteriliseer word, enige ander van kinders van hulle weggeneem en vir aanneming gegee word en dan moet hulle elke dag, vir 10 – 15 jaar (die volle periode) gaan harde, hande-arbeid verrig, iets soos in groentetuine werk, wat kos vir behoeftige kinders voorsien.

ALR ·

Mens moet n tipe lisensie kry voor mens mag kinders kry. Almal moet vir n hele klomp toetse gaan sodat die sielsiek mense verhoed word om kinders te kry!

Pieter Schoombee ·

Ek sal graag wil sien hoe word daardie toegepas.

Poppie ·

My dogter was op skool toe haar baba gebore is. En amper 10 jaar later is sy nog seker nog steeds van die beste mammas wat daar kan wees. Haar kinders is haar alles en sy sal hulle met haar lewe beskerm en verdedig. Baie beter mamma as 110% van die ouer ma’s.

JR ·

Hoe kry ouers dit reg om hulle kinders so te mishandel en nog so klein arme kind

Linda J ·

ALR en Leon Pit, ek stem 100% saam julle. Hulle moet mense eers vir ‘n keuring stuur en dan moet hulle eers aansoek doen vir ‘n kind. Ek dink dit sal beter in die land gaan as elke ouer net geregtig is op twee kinders per gesin, uitsluitend die mammas wat ‘n 2, 3 of 6 ling kry. Ons land is te oorvol en bars uit sy nate uit. Mag hulle, hulle eie medisyne in die tronk kry, hoop hulle word goed mishandel. Moet hulle eintlik vir die publiek gee om gestenig te word.

Julie Jansen van Rensburg ·

My jongste het ook in haar laaste jaar op skool swanger geraak, is getroud, ma van vier pragtige kinders en nou ouma van nege kortvolkies – haar oudste kleinkind het op 4 September reeds 17 geword – en glo my, haar vierstuks en hulle nakomelinge is absoluut mense om trots op te voel.

juba ·

In Australie woord jy maande lank gemonitor voordat jy n hond mag he, hier kan jy kinders he by die dosyne, en die wat jy nie wil he nie gooi jy net op die vullis hoop.

Trudie ·

Goeie ourerskap het niks met ouderdom te doen nie. Dit gaan alles oor wat in jou hart aangaan. Party mense is maar net wreed en het nie genade vir ‘n kindjie nie, en kom meeste van die tyd self uit so ‘n huis van mishandeling uit. Om van te huil!

Kwaad!!! ·

In SA kry die dogters en vrouens kinders by dosyne. Hulle moet so ma dadelik laat regmaak, sy gaan heel waarskynlik weer kinders kry as sy uit tronk uit kom. Net soos die nie blanke ma wat haar 4 kinders vermoor het, net daar en dan moet hulle reg gemaak word want hulle is nie n ouer of n ma se g@t werd nie. Al die vroue wat so swanger raak en nie na hulle kinders kan omsien nie laat maak hulle reg, op die ou einde kry daardie kindjie swaar en daardid babas het nie gevra om hier te wees nie.

Johan booysen ·

Hoekom nie lewens lank in tronk hoop hul word ook gemartel in tronk en en

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.