Ouers gevonnis vir kindermishandeling 

Die ouers se identiteit mag nie bekendgemaak word nie om hul kinders – die slagoffers – s’n te beskerm. Foto: Verskaf

ʼn Egpaar is in die hooggeregshof in Bloemfontein aan twee aanklagte van kinderverwaarlosing en twee van kindermishandeling skuldig bevind.

Die vrou in haar laat 30’s en die man in sy middel 40’s wat in Bloemspruit woon, se name kan nie genoem word nie om die minderjarige slagoffers – hul kinders – se identiteit te beskerm.

Hulle is elkeen vier jaar gevangenisstraf opgelê en die man nog sewe jaar en ʼn bykomende vonnis van 50 dae tronkstraf of ʼn boete van R500 vir die besit van dwelms. Die vrou het ʼn bykomende vyf jaar gevangenisstraf gekry, sê sers. Fakiswe Matoti, Bloemfonteinse polisiewoordvoerder.

Die egpaar is op 5 Junie vanjaar danksy ʼn wenk van Maroela Media-lesers in Pretoria-Noord in hegtenis geneem. “Hulle is tans in aanhouding en sal binnekort teruggebring word Bloemfontein toe waar hulle verhoor sal word,” het AO Loraine Earle, polisiewoordvoerder, destyds gesê.

Die egpaar het hul 11-jarige dogter gedwing om met ouer mans seksuele omgang te hê.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is in Mei 2015 in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat twee kinders op ʼn kleinhoewe in Bloemspruit mishandel word.

Volgens polisierekords het die egpaar hul 11-jarige dogter gedwing om met ouer mans seksuele omgang te hê waarvoor hulle betaling ontvang het. Hul negejarige seun is aangerand en glo ook seksueel misbruik. Na bewering is die kinders onder meer ook met sigarette gebrand. Die egpaar het op 13 aanklagte tereggestaan.

Hulle het aanvanklik al die hofsittings van die verhoor bygewoon, maar op 23 April was hulle nêrens te vinde nie. ʼn Lasbrief vir hul inhegtenisneming is toe uitgereik. Omdat hulle soek was, kon die media destyds hul name bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Geregtigheid ·

Mense wat dwelms gebruik se IK is baie baie baie laag. Hulle besit nie aan oordeel vermoe nie. Kan nie onderskei wat of die dwelms hulle nog meer onnosel maak nie. Hulle sal die verkeerde veredig en die regte veroordeel. Glo nie hulle is rehabiliteerbaar nie.

Smurfie ·

Regtig Jaco? Is jy kleurblind?
Kyk die foto! Wat maak dit elkgeval saak??

Willem Grobler ·

@Dark One. Ja-nee kyk – die Afrikaner het ook maar sy vrot appeltjies (soos álle bevolkingsgroepe) maar dan kry jy die hatiges soos jy wat hulle daarin verlekker. Jy is siek man.

Eish ·

Dwelms se voet, hulle het geweet wat hul doen vir geld! Vonnis glad te lig!

Elke ·

Stem saam. Dofter gedwing om seksuele omganf met ouer mans te hê! Is sie vuilfoed wie met haar o gang gehad het, toegesluit? Vier jaar? Nee wat! Dis nie genoeg nie.

AW ·

“Is evil something you are?
Or is it something you do ?
– Brett Easton Ellis, American Psycho

“Son, the greatest trick
the Devil pulled
was convincing the world
there was only one of him.”
– David Wong, John dies at the end.

Nel ·

Siek Siek Siek!!! Hopeloos te min straf. Hoop die mans wat die dade gepleeg het word ook gevang en tronk toe gestuur!!!!!!

Blondie ·

Nel ek stem 100% saam. Die mans wat betrokke was moet ALMAL aangekla en vervolg word!!! Die ouers moes ook n baie swaarder straf gekry het. Daai arme kinders se lewe en onskuld is verwoes deur iemand wat hulle juis teen sulke dinge moes beskerm. My hart breek vir hierdie kinders.

humor ·

Hoe het Totius min of meer in sy gediggie gese:
” En ek weet hierdie wereld is ons woning niet.”

Marinda ·

Hierdie vrou moet onmiddelik volle histerektomie kry sodat sy nooit weer kan kinders kry nie en die man ook sodat hy nooit weer kinders kan maak nie, Die oomblik as hulle uit die tronk kom is dit die eerste ding wat hulle gaan doen. Gee albei n baie pynlike operasie in ons swakste hospitale.

Abe ·

Marinda,
Wat jy hier voorstel sou ideaal wees. Maar dit is totaal teen die wet. Sulke mense gaan net aan en aan en bedryf die afgryslikste lewensstyl hulle lewenslank. Hulle kinders gaan , in meeste gevalle, net so voort en sorg dat daar nooit n einde kom aan die afskuwelike menslike bestaan wat hulle verteenwoordig nie.

Moeg Vir Mense ·

Stem 100% saam Marinda! Hoekom hoekom HOEKOM kan vieslike goed soos hulle kinders kry, net om so gewentenloos te wees op die ou end?! En hier sit ons, 12 jaar van smeek, en wens en verwyt en hoop en ons kan nie kinders kry nie =( Ek sal dit nooit kan verstaan nie. Albei van hulle wat kamstige “ouers” is moet gemartel word, ek is woedend hier waar ek sit!!!

Alida ·

Ras het NIKS hiermee te doen nie Jaco dit is KINDERS ai man wat se vraag is dit?

Stella Berning ·

Vonnisse te lig. Sulke gevalle moet dieselfde vonnisse as moord kry. Die kinders is vermoor. Hulle is veraltyd geskaad.

Wilmarie ·

Hulle is nie die naam ouers werd nie. Hulle is nie ouers se g@t nie, man! ?

Johann ·

Vir sulke dade kan hulle gerus die doodstraf kry, want daai kinders se lewens is vir ewig verwoes.

Herman P ·

Pedofiel en pedofoes, beide het die kinders se lewens verwoes…

Sarel ·

1. ” Dark One” hierdie mense is geen Christene nie. 2. Hierdie saak was van die begin af onverantwoordelik hanteer. Toe hulke verdwyn het was hulle op ” eie verantwoordelikheid” uitgelaat. 3. Kyk na die vonnis, dit is ‘n grap. Die ” kliente” moes ook vervolg geword het.

TLC ·

11 jarige meisie
Hkm nie 11 jarige dogter nie
Dit lees net nie lekker nie
So jammer dat daar sulke siek ouers is wat dit aan hul kinders doen Geen verskoning soos drugs is aanvaarbaar nie
Mag die gemors nooit ooit weer naby hul kinders kom nie
Mag jul opvrot in die tronk?

Morné van Rooyen ·

Dagsê TLC,

Dankie vir jou kommentaar. Ons het dit reggestel.

Groete,
Morné nms. Maroela Media

Siek ·

Teen die tyd wat daai twee varke uit die tronk kom is daardie kinders nog lank nie emosioneel genees nie. Ek hoop hulle brand in die vlamme van die hel. Rubbish.

Molly de Vos Goosen ·

Tronkstraf…as jy iemand die reg ontneem Om te lewe het jy self nie die reg Om te lewe nie.

Dolla ·

Enige iemand wat kinders leed aan doen , verdien TRONK In Suid Afrika.
Julle dag gaan Gouer kom as wat julle gedink het .
Nog kinders se lewens verwoes . Ek hoop dat die kinders berading gaan kry .

Gert ·

Wat n grap van n vonnis. Jy sit langer as jy iemand vloek. Daai kinders se lewe op gedons.

Magriet ·

Hoekom word die kinder verkragting saam van die siefpa en sy pa op Brits nice geopenbaar ni.di saam is al 2 en half jaar aan en daaroor word stilgebly.daardi 2 dogtertjies se lewe is verwoes.di ma boy nog steeds by di stiefpa. Die dogtertjies is gelukkig in hul nuwe huis. Wanneer gaan die media daarvan hoor.want hul kom Al’s weg.

AH ·

Die vonnisse is hopeloos te lig! Hulle moes altwee lewenslank gekry het vir verkragting want dit is wat dit is! Die mans wat die dogter verkrag het moes ook van verkragtig aangekla word! Dit is so walglik, ek wil nie eens daaraan dink nie! Myns insiens is hul dwelmverslawing nie versagtende omstandighede nie! SA se regstelsel het weereens hierdie onskuldige kinders gefaal……..SWAK!

Wilma ·

Die vuilgoed wie meisie misbruik het hoort vi baie jare ini tronk. Gemorsste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.