Ouers gevra vir toestemming om jonges te laat inent

(Argieffoto: Unsplash)

Die Gautengse regering het ʼn beroep op ouers gedoen om toestemming te gee dat hul kinders teen Covid-19 ingeënt word.

Die provinsie het begin met sy program om inentings by skole van stapel te stuur.

“Ons moedig ouers, versorgers en voogde aan om die toestemmingsvorms wat 12- tot 17-jariges toelaat om by die skool ingeënt te word, te onderteken en terug te stuur skool toe,” lui ʼn verklaring van die provinsiale regering.

Hoewel die land nou aan die stertkant van die vierde vlaag van die Covid-19-pandemie is, waarsku mediese kenners dat ʼn vyfde vlaag voorspel word. Dié vlaag word teen die winter, en moontlik selfs vroeër, verwag.

Hulle het weer ʼn beroep op mense gedoen om teen die virus ingeënt te word.

“Die Omikron-variant is steeds dodelik, veral vir ouer mense met onderliggende siektetoestande, asook mense wat nie ingeënt is nie.”

Die verslapping van regulasies beteken ook dat mense meer sosialiseer en die gevaar van verspreiding bly hoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Ouers, moet dit nie aan jul kinders doen nie. Gebruik Openbaring 13 as handleiding. Moet nie dat jul kinders die merk kry nie.

piet ·

Leer die kinders eerder van Jonah en die walvis as die boosaardige, rillerverhale in Openbaring. Ek dink Openbaring moet ‘n “geen kinders onder 16” rating kry. Dit kan kinders (en sommige grootmense) bangmaak en op die verkeerde pad lei.

Alida ·

Waarom dink mense dat Openb 13 enigsins van toepassing is op die huidige situasie? Ek kan glad nie die verband sien nie.

Madeleine ·

Ten minste vra hul nou ouers se toestemming.
Beter as laas jaar. Nee dankie nie my 4 kids.

Cherokee ·

Sommige winkels beloof afslag vir mense wat ingeënt is. Mediese fondse motiveer lede om geënt te word. Skole wil die jongstes inënt. Werkgewers dank ongeënte werknemers af. Maroela Media weier om my kommentare met betrekking daartoe te plaas, alhoewel hulle graag kommentare plaas van mense wat inenting motiveer.
Plaas dit alles bymekaar en sien die waarheid. Dit ís voorspel meer as 2000 jaar gelede.

piet ·

Cherokee – so jy glo dis nou die einde van dae? Hoe lank reken jy nog……

Alida ·

Ek beleef dit weer anders. Wanneef ek kommentaar plaas wat mense wat teen die inspuiting gekant is se drogredenasies uitwys, verwyder MM my kommentaar.

Thom ·

Voorspel gedurende watter van sy selferkende ” aanvalle “?

anniekiewiet ·

Wanneer iemand vir my absolute voordeel tesame met volkome veiligheid kan waarborg, sal ek dit begin oorweeg. Maar steeds wil ek presies weet waaruit bestaan die entstof, hoe is dit vervaardig en hoe het laboratoriums by daardie formules of samestelling uitgekom.

Anna-Marie ·

Wat het geword van ‘n basiese mediese funksie van risiko van behandeling opweeg teen risiko’s van die siektes kry in ‘n ernstige graad?
En gaan hulle voorsiening maak vir mediese behandeling by die skool sou ‘n kind ‘n erge allergiese reaksie ontwikkel?
Dan is dit nie te sê as jy covid kry gaan dit ernstig wees nie en tog word mens heeltyd gesê hoe ernstig die ongeëntes in die hospitale is.
Dit terwyl in verhouding tot geëntes in die bevolking daar meer geëntes in die hospitale en waaksale beland.
Luk my die eintlike pandemie is ‘n tekort aan logika by die “wetenskaplikes” en beleidmakers.

Papsak ·

Asb dink mooi julke wat ouers is moenie julle kinders laat ent nie di k weer asb

Andrew ·

Miskien moet ons weg doen van die woord enting, dis vals. Dis nie enting nie, polio spuit is n enting. Die melaria pil doen dieselfde as die covis spuit, keer dat jy dit nie so erg kry nie.

Oros Soros ·

Ek sal my berus by my kind se besluit. Jou liggaam, jou keuse my kind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.