Ouers gewaarsku oor matriekpartytjies

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het matriekleerders wat vanjaar hul skoolloopbaan voltooi, gemaan om nie sogenaamde “pens down”-partytjies by te woon nie.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het in ʼn verklaring gesê die matriekeksamen het Dinsdag tot ’n einde gekom en oor die algemeen goed afgeloop ondanks ontwrigtings soos die Swart Maandag-optogte en ’n taxi-staking.

“Die departement doen ’n beroep op kandidate om gefokus te bly en nie aan die partytjies deel te neem nie,” het Mabona gesê.

Hy het verduidelik dat die partytjies gehou word om die einde van die eksamens te vier, maar gewaarsku dat dit dikwels tot tragiese ongelukke lei. “Allerlei immorele aktiwiteite soos dwelmgebruik, onbeskermde seks en die opskeur van skooluniforms vind by dié partytjies plaas,” het Mabona gesê.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het ouers gemaan om hul kinders se bewegings dop te hou. “Ons doen ook ’n beroep op drankwinkels om nie drank aan leerders te verkoop nie. Ons pleit by ouers en lede van die gemeenskap om nie die aktiwiteite aan te moedig nie omdat dit die potensiaal het om kinders van hul toekoms te beroof. Daar is mense wat alles verloor het in die aktiwiteite, dis hoekom ons hulle waarsku,” het Lesufi gesê.

Lesufi het ook ʼn beroep op leerders gedoen om hul skooluniforms eerder by die skool te los vir leerders wat dit dalk nie kan bekostig nie, eerder as om dit op te skeur.

Volgens Mabona het die departement verskeie aktiwiteite vir die jeug gereël tydens die vakansie en hy het leerders aangemoedig om hieraan deel te neem. Die aktiwiteite sluit in besoeke aan verskeie erfenisterreine en plekke van belang in die provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SjN ·

Wetgewing bepaal dat jy 18 moet wees om alkohol te mag koop, waar val die Lesufi uit, meeste matrikulante is al oor dié 20

Leahim ·

Kinders wat met disipline en goeie familie waardes groot gemaak is sal hulle nie skuldig maak hieraan nie maar lesedi sal nie sulke kinders ken nie

Eish ·

Liberation before education, geen lyfstraf. Née wat, Lesufi kan sy telge self loop oppas.

Bekommerde ouer ·

Mense julle kan maar kennis neem, ek was in Oktober by ‘n 18-jarige se partytjie en die kinders was dronk, almal rook en in donker hoeke het die kinders onder komberse lê en vry (of erger). Ek was geskok, en ek is glad nie ‘n preutse Petro nie, en ek is jonk, 34. Ek weet nie wat hulle nog als gedoen het nie, want die ouers moes almal 22:00 verkas sodat die kinders hulself kon “geniet”. Hou maar julle kinders weg van sulke partytjies as julle nie vroeg wil oupa raak of nog erger, jou kind in ‘n motorongeluk wil afstaan nie. Dis nie meer die 90’s nie, dis onveilig buite jou huis.

Joh 3:16 ·

Lees bietjie mooi. Die minister praat asof hy die voog/toesig/verantwoordelike figuur is van die kinders en hulle ouers deel is van kinders se probleme. Kom ek spel vir uit: in ‘n kommunistiese staat is alle mense staatseiendom.

C ·

Dink Lesufi nou regtig my kinders gaan daarin belange stel om na hul erfenisterreine en ander plekke van belange te gaan kyk? Nee wat, en ek gaan hul ook nie aanspoor om so te doen nie. Ek neem aan hy verwys nie na alle kinders nie, net sekeres.

thelsa ·

18??? ‘Pens down’ ?? Op hierdie ouderdom is hulle nog in graad 9 en nog lank nie klaar met skool nie.

Marianne ·

Martiek!!! ???? asseblief vir die meerderheid is dit net ‘n jaar, baie word deurgesit net oor hul ouderdomme.
WAAROM WORRY OOR DIE PENS DOWN DAG???
Kinders rook, drink en het unprotected alles, eksperimenteer met alle vome dwelms van so jonk as 10 af.
DIT GEBEUR NIE NET IN MINDER BEVOOREGDE KRINGE NIE!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.